Tuesday 29 January 2013

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.


Haloes! J

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

Psalm 2:8

“Ask of me and I will give you the nations as your inheritance and the uttermost part of the earth as your possession…”

Ephesians 2:10

“For we are God’s handiwork, created in Christ Jesus to do good works, which God prepared in advance for us to do…”

“Maybe you can afford to wait. Maybe for you there's a tomorrow. Maybe for you there's one thousand tomorrows, or three thousand, or ten, so much time you can bathe in it, roll around it, let it slide like coins through you fingers. So much time you can waste it.  But for some of us there's only today. And the truth is, you never really know.” ― Lauren Oliver, Before I Fall

Ons dominee het laas week ‘n storie vertel wat my nogals geraak het!  Hy het gesê:  ‘n Sokkerspeler wat bang is om seer te kry, gaan nie baie ver kom in die spel nie…  Want, hy gaan probeer om enige fisiese kontak te vermy…  Op die ou end sal hy nie eens wil commit om die bal te skop nie, want wat as iemand in hom vashardloop, of hom tackle en hy dan seerkry?  Ook met oefen vir ‘n wedstryd – as die speler nie die fisiese harde werk insit nie – gaan hy nie kan verbeter en groei nie…  Ooo…  Ek kan nie 25 pushups doen nie, want my lyf gaan môre te seer wees…  OF,  Ek kan nie so ver hardloop nie – dis net te veel vir my…   Jy gaan nooit COMMIT om jou beste te gee nie, want in jou kop spook jy heeltyd met die wat asse - WAT AS ek seerkry??  Een van my gunsteling aanhalings – NO PAIN, NO GAIN…  Die dinge waarvoor jy hard moet werk, waarvoor jy pyn moet deurmaak, en regtig deursettingsvermoë en “guts” moet wys, is gewoonlik die dinge wat die lewe die moeite werd maak!

Is jy ge-commit aan God?  Gecommit daaraan om ‘n VOL lewe te lei?  Of is jy maar tans besig om ‘n louwarm lewe te lei?  Deur jouself en jou hart te beskerm daarteen om seer te kry…  Deur sulke hoë mure om jouself te bou dat jy nooit iemand toelaat om naby genoeg aan jou te kom nie, omdat hulle jou dalk kan seermaak, soos soveel ander mense reeds gedoen het??  Deur nie voluit jou drome na te jaag en jou dagtaak aan te pak nie, omdat jy bang is vir wat moontlik kan gebeur indien jy dit sou doen…  Partykeer is ons so bang om foute te maak, dat ons soos ‘n sokkerspeler is wat nie werklik wil commit nie omdat ons bang is vir seerkry…  Ons raak dan baie keer net ‘n passasier in die span, wat kyk hoe die res van die spelers hard werk, en hulle alles gee om die spel te speel…  Ek het ‘n vriendin gehad wat vir my so ‘n voorbeeld was van wat dit is om voluit te lewe…  Sy het elke geleentheid wat haar kant toe gekom het aangegryp, sy was passievol oor haar werk, sy was ‘n absolute inspuiting van energie, en ek is altyd met nuwe moed en lewenslus gevul na ek ‘n koppie tee saam met haar gedrink het!  Sy was ook vir my ‘n voorbeeld om nie op die kantlyn te sit, of ‘n passasier in die span te wees nie!  Sy het my geleer om iets aan te pak met ALLES wat in jou is…  Selfs al kry jy seer in die proses, en word jou hart gebreek, maak seker dat jy dit met oorgawe gedoen het!  Sy is aan ons geleen vir ‘n baie kort tydjie, want die Here het haar op 22jarige ouderdom kom haal omdat Hy haar in die Hemel meer nodig gehad het as op aarde…  Maar ek dink dat met die lewe wat sy gelei het, sy 'n baie voller lewe gehad het as wat baie mense leef in hul leeftyd op aarde…  Sy is en bly 'n inspirasie vir my elke dag... Maak seker dat jy nie net BESTAAN nie…  Moenie jouself so toewikkel in ‘n kokon van beskerming, dat jy heeltemal uitmis op alles wat God vir jou het nie!   LEEF ELKE DAG ASOF DIT JOU LAASTE KAN WEES!  He lief met oorgawe…  Mag jy ‘n seën wees vir mense wat jou pad kruis!

Blessings!

Anelli**




No comments: