Haloes! J
“I can be changed
by what happens to me. But I refuse to be reduced by it.” ― Maya Angelou
John 14:1
“Do not let your hearts be troubled… Trust in God; trust also in me…”
Isaiah 40:31
“But those who hope in the Lord will renew their strength.
They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they
will walk and not be faint…”
“Our deepest fear
is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond
measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask
ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?' Actually,
who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not
serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people
won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We
were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in
some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we
unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated
from our own fear, our presence automatically liberates others.” ― Marianne
Williamson, Return to Love: Reflections on the Principles of "A Course in
Miracles"
Hierdie is absoluut een van my gunsteling aanhalings wat
bestaan! Lig is daar om donkerte te verdryf… Ons is daar om ons liggies DAAGLIKS te laat
skyn in die donker wereld… Soos Gandhi
gesê het – We must be the change we wish to see in the world… Ons kla so baie oor soveel dinge wat verkeerd
is in hierdie wêreld… Tog, dink ek nie
ons doen altyd alles in ons vermoë om ‘n verskil te maak in ons onmiddellike
omgewing nie… Ons laat toe dat mense
negatiewe uitsprake op ons lewens maak, wat ons dan daarvan weerhou om ‘n VOL
GODVERVULDE LEWE TE LEI! Jy is tot ENIGE
IETS IN STAAT DEUR GOD WAT JOU KRAG GEE… (Fillipense 4:13) Jy hoef vir NIEMAND terug te staan nie, want
wanneer God deur jou werk, sal jou liggie so helder brand, dat nie eens
ondeurdagte woorde van mense jou lewenslus sal kan uitblus nie!
Uitdagings en moeilike tye wat oor ‘n mens se pad kom,
verander ons… ‘n Ander woord vir die
verandering wat plaasvind is dat God ons KARAKTER bou daardeur… Ek sou nie vandag die mens wees wat ek is, as
ek nie moeilike tye moes deurmaak nie…
Moeilike tye het my geleer dat God ALTYD by my is… Dat niks vir God onmoontlik is nie, en dat ek
baie sterker is as wat ek gedink het ek is!
Mens is altyd tot meer in staat as wat jy jouself wil krediet gee… Al hoe jy uitvind tot hoeveel jy in staat is,
is wanneer jy in die diepkant van die water ingegooi word, en moet swem met
alles wat in jou is om terug te kom in die vlakker waters… Mense met hulle negatiewe uitsprake oor jou
lewe, is soos haaie wat in die diepwaters op jou afgeswem kom… Jy kan begin spartel en aan hulle die
oorwinning gee dat hulle woorde negatiewe impak op jou lewe maak, of jy kan jou
oë vestig op Jesus en vertrou dat Hy die haai sal aflei met ander “aas” en hom
‘n ander rigting sal laat inslaan… As
Jesus vir Daniël lewend uit ‘n leeukuil kon haal, KAN Hy jou situasie
verander! ‘n Ou by ons kerk het
getuienis gegee Sondag en sy woorde het so ‘n impak op my gemaak dat ek dit
moet deel met jou! Hulle moes ‘n sokker
dag aanbied vir minder bevoorregte kinders, en al die “equipment” – sokkerballe;
beacons, klere ens was net weg… Hy sê
dat hulle die hele huis omgekeer het, en dit net nie kon vind nie… 400 Kinders het egter op hulle sit en wag, en
hulle het geweet dat hulle sal moet gaan, maar het nie geweet hoe hulle die
sportdag sou aanbied sonder equipment nie…
hy sê toe, sy een vriend het na hom gedraai en gesê hulle moet bid voor
hulle ry… En hy sê – toe sy vriend dit
sê – het hy besef hy het vir 'n oomblik van God vergeet…
Hy was so gefokus op die situasie en alles wat verkeerd is, dat hy nie
vir God raakgesien het en besef het dat Hy daar is om hulle by te staan en te
help nie… Hy sê toe hulle terug in die
huis ingaan, was al die equipment reg voor hulle neus in die leefarea… Laat God toe om jou oogklappe af te haal – en
jou met God se oë te laat kyk na die wêreld…
Dat jy sal besef dat jy God se hande en voete op hierdie aarde kan
wees… Dat jy dit DEUR God se krag wat in
jou werk sal kan doen… Jesus wil jou
help om die mens te word wat Hy jou bestem het om te wees!! Laat Hom toe – gee Hom plekkie in jou lewe
deur in gebed tot Hom te nader, en voortdurend met Hom te gesels – selfs
wanneer die omstandighede oorweldigend is!
Wanneer jy jou fokus op Hom plaas, eerder as die omstandighede, sal Hy
deurbrake bring!
Mag jy 'n heerlike naweek he!
Blessings!
Anelli**