Monday 6 May 2013

“The tallest oak in the forest, was once just a little nut that held it’s ground…” ~ Quotes love & life.com


Haloes! J

“The tallest oak in the forest, was once just a little nut that held it’s ground…”  ~ Quotes love & life.com

Luke 10:19

I have given you authority to trample on snakes and scorpions and to overcome all the power of the enemy; nothing will harm you…

John 16:33 

I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world…

“Decide that you want it more than you are afraid of it…”  ~ Bill Cosby

“When the past calls, let it go to voicemail, believe me, it has nothing new to say.” - Unknown

Wanneer jy blomplante koop by die kwekery, lyk die prentjie op die pakkie, baie anders as dit wat binne in die pakkie is…  Op die pakkie sien jy gewoonlik die eindproduk (pragtige blomme byvoorbeeld), terwyl wat binne in die pakkie is, die rouproduk (saad) is…  Vir jou om die eindproduk te hê gaan geduld, aandag en redelik baie tyd wat investeer moet word verg…    Jou blomme gaan nie oornag blom nie…  Die saadjie moet eers ontkiem – die grond moet reg wees vir die tipe saad, die plant moet genoeg sonlig, water en liefde ontvang – nie te veel nie – balans is baie belangrik in die kwekingsproses…  Maar indien jy die moeite doen om die nodige tyd, moeite, energie, liefde, water en sonlig te investeer, sal die jy moontlik die eindproduk gelyk aan die prentjie op die pakkie verkry – of partykeer selfs iets beters…

Ons lewens is baie soos hierdie scenario…  God het aan ons elkeen gawes (rouproduk) gegee…  Hy het aan ons ‘n vrye wil gegee, om te kan besluite maak, ten einde ons lewe voluit te kan leef…  Tog dink ek wil ons baie keer net die EINDPRODUK van ons hoop, gedagtes en drome hê…   Baie keer as mens iets baie graag wil hê, is dit so…  Jy het nie die geduld om te wag, vir dinge om in plek te val nie – jy wil die roosboom hê, die dag wat jy die saad daarvoor koop…  Tog, is niks wat die moeite werd is gewoonlik vinnig en maklik nie…  Ons moet partykeer bereid wees om te veg vir dit wat ons wil hê…  Ons moet ons gawes so aanwend, dat ons, tesame met God, werk om ons drome te bewaarheid…  Wanneer jy jou drome of hartsbegeertes (rouproduk) aan God toevertrou, sal Hy sorg dat die onmoontlike, moontlik word, wanneer dit binne Sy wil geskied…  En Sy wil sal jy kan leer deur jou Bybel te lees, en te bid…  Ek weet nie of jou situasie vandag vir jou hopeloos voel nie…  Miskien het jy al ‘n tyd terug die saadjies geplant, maar die plant wat begin opkom het, is siek, of vol verlepte blare…  Miskien voel dit vir jou, dat maak nie saak HOE jy bid nie, die gebed net teen die dak vasgaan…  Vandag wil ek aan jou kom sê-  Jesus het vir ons uit die dood uit opgestaan… NIKS is vir ons onmoontlik nie…  Saad wat dalk nie wou ontkiem nie, of plante wat sukkelend, siek is, sonder hoop vir die toekoms, kan Hy kom aanraak, en kan Hy sorg vir WONDERWERKE om te gebeur…  Al wat ons moet doen is om dit in Sy hande oor te gee, en te leef in vertroue dat God SAL sorg, wanneer die tyd reg is…  Jesus sal jou nie alleen laat met WAT dit ookal is waardeur jy gaan vandag nie…  Gee dit vir Hom – Hy kan iets wat “dood” is (waarvoor daar geen hoop meer is nie) (jou verhoudings, finansies, geloof, vriendskappe, moeilike tye, siekte weer NUWE Lewe kom gee…  Al wat HY vra is dat jy met ‘n gelowige hart tot Hom nader – Hy is net ‘n gebed ver!

Blessings!

anelli**

No comments: