Wednesday 8 May 2013

“If you do not challenge yourself, you will never realize what you can become…” ~ Unknown


Haloes J

“If you do not challenge yourself, you will never realize what you can become…”  ~ Unknown

Joshua 10:25 

Joshua said to them, “Do not be afraid; do not be discouraged. Be strong and courageous. This is what the LORD will do to all the enemies you are going to fight…”

Psalm 145:18-19

“The LORD is near to all who call on him,  to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him;  he hears their cry and saves them…”

“Don’t give up…  The beginning is always the hardest…”  ~ Unknown

“God does not require you to succeed…  He just requires us to try…”  ~ Mother Theresa

Ek het besluit om terug te keer na Suid-Afrika toe binnekort…  2 Jaar later, en die tyd het absoluut gevlieg!!  Dit was absoluut een van die mees ongelooflikste ervarings van my lewe om hier anderkant die water te kon werk en leef…  Ek onthou hoe bang ek was voordat ek hierheen gekom het, maar deur gebed en bybelstudie vooraf, het God my rustigheid en bevestigings gegee dat dit ‘n geleentheid was wat ek moes aanpak…  En in die hele proses, het ek lekker karakter gebou (soos my een vriendin altyd sê oor wanneer dinge moeilik gaan), en ongelooflike mense ontmoet, dinge ervaar en paaie gekruis met mense wat net ‘n absolute seën in my lewe is…  Hoekom skryf ek hierdie?  Want, baie keer, is ons so bang vir verandering, of om uit ons comfortzone’s te beweeg, dat ons op die ou end uitmis, op SOVEEL MEER wat God vir ons het…  Ons mis uit op geleenthede, omdat ons toelaat dat ons uit vrees leef, en deur vrees optree, eerder as om in geloof dinge aan te pak, en net ons vertroue in God te stel…

Dis gewoonlik “werk” om uit jou comfortzone te beweeg…  Hoekom sal jy dan nou wil verander aan iets wat gemaklik is, en iets wat werk?  Omdat God wil hê, dat jy die mens moet word wat HY jou bestem het om te wees…  Sy drome is baie groter as wat jy ooit vir jouself sal kan droom…  Partykeer moet mens net daardie “leap of faith” neem, ten einde jou grondgebied te vergroot, en God se seën oor jou lewe te ontvang…  God sal aan jou die bevestiging gee oor wat dit is wat jy moet aanpak, watter paaie Hy vir jou uitgesit het, en wanneer jy Hom vertrou en toelaat, SAL Hy jou met ongelooflike mense in jou lewe seën, “Engele” wat in mensvorm saam met jou die lewe aanpak, jou ondersteun en moed inpraat vir die dinge wat vir jou onmoontlik moeilik lyk…  God sal jou nie ‘n oomblik alleen los nie…  Hy wil vir jou omboul met Sy blessings…  Al wat Hy vra, is dat jy sal vertrou, Sy hand sal vat en nie sal toelaat dat jou vrees vir die onbekende, maak dat jy uitmis op alles wat HY vir jou het nie…  God is groter as ENIGE iets wat hierdie week oor jou pad mag kom…  Hy sal die ongelyke paaie vir jou gelyk maak, en Hy sal antwoorde bring op die vrae waaroor jy duidelikheid nodig het…  In times of doubt – PRAY J

Blessings!

Anelli**

No comments: