Haloes! J
“Sometimes it may seem that God is silent,
but He is never absent…” ~ Brian Houston
Psalm 18:32-34
“The God who equipped me with strength and made my way
blameless. He made my feet like the feet of a deer and set me secure on the heights. He trains
my hands for war, so that my arms can bend a bow of bronze…”
1 John 5:14
“And this is the confidence that we have toward him, that
if we ask anything according to his will he hears us…”
"Any concern too small to be turned into a prayer is
too small to be made into a burden." - Corrie Ten Boom
"Work as if you were to live a hundred years, pray
as if you were to die tomorrow." - Benjamin Franklin
Ek dink meeste
van julle was al afwesig by die skool of werk, vanweë verkoue, griep, siekte of
somtyds net onbeheerbare omstandighede…
Ek onthou toe ek in die laerskool was, het ek waterpokkies gekry… Vir twee weke lank was ek buite aksie… En toe, soos die noodlot dit toe wou hê, is
my klas op die COOLSTE uitstappie OOIT in die tyd wat ek by die huis was… Hulle het ’n regte seerowerskip in die
Waterfront besoek… Ek’t GEWENS dat die
waterpokkies net kon verdwyn, dat ek dit kon meemaak J
Hierdie
aanhaling van Brian Houston het my aan dit laat dink! Wanneer mens afwesig is – mis jy uit! Daar is ook ander tipe afwesigheid waarmee
ons dikwels gekonfronteer word – afwesigheid in verhoudings, vriendskappe in
jou werk, in jou familie aktiwiteite, miskien afwesige ouer as gevolg van ’n
groot werkslading, jou optrede in alledaagse omstandighede of miskien in jou
spontaniteit en deelname om ’n verskil in hierdie wêreld te maak… Dit kan dikwels wees as gevolg van stress,
bekommernis, of onsekerheid van wat die toekoms inhou… Ek dink mens kan partykeer so besig raak met
soveel dinge, dat jy totaal en al onbewus “afwesig”raak in al hierdie dinge… Dit kan partykeer vir jou voel dat jy so ver
verwyderd van God raak, as gevolg van hierdie afwesigheid… Goeie nuus vanoggend – is dat God NOOIT
afwesig is van jou lewe nie… Soos Brian
in sy aanhaling sê – God mag dalk stil wees, maar Hy is verseker nooit afwesig
nie! In hierdie “stil tye”, verlaat Hy
jou egter nie… Hy is steeds daar om die
pad vir jou gelyk te maak, en geleenthede vir jou te skep… Dis in hierdie stil tye, wat Hy besig is om
jou te shape vir dit wat voorlê… Of my
gunsteling manier om daarna te kyk – KARAKTER bou oomblikke J
Moenie moed verloor as dit vir jou dalk voel of jy op die oomblik op een
plek stilstaan en nie vorentoe kan beweeg nie…
Moenie moed verloor as dit vir jou voel of jou gebede onbeantwoord bly
nie… God is steeds by jou, en Hy hoor
jou gebede… Hou aan om met God te praat,
want SODRA die tyd reg is, SAL God al die dinge in plek laat val… Hy sal vir jou sorg – sodat jy ontvang DIT
wat jy nodig het, sodra jy dit nodig het…
Moenie dat stress en bekommernis jou weerhou daarvan om ongelooflike
vriendskappe, of verhoudings te hê nie…
Moenie die duiwel space in jou lewe toelaat dat hy kan onsekerheid en
chaos in jou lewe saai nie… God wil MEER
vir jou hê, as wat jy ooit sal kan hoop of dink! Glo dit vandag! J
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment