Sunday 5 May 2013

“After a storm comes a calm…” ~ Matthew Henry


Haloes! J

“After a storm comes a calm…”  ~ Matthew Henry

Nahum 1:7

“The LORD is good, a refuge in times of trouble. He cares for those who trust in him…”

Zephaniah 3:17 

“The LORD your God is with you, the Mighty Warrior who saves. He will take great delight in you; in his love he will no longer rebuke you, but will rejoice over you with singing.”

“You don’t drown by falling into the water…  you drown by staying there…”  ~ Edwin Louis Cole

Your present circumstances don't determine where you can go; they merely determine where you start…  ~ Nido Qubein

Natuurrampe is vir my een van die ongelooflikste verskynsels wat bestaan…  Vulkane wat jare slaap en dan weer skielik “erupt”; hurricanes, tornado’s, tsunami’s, aardbewings – dis alles dinge waaroor die mens, absoluut GEEN beheer het nie…  Maak nie saak HOE gevorderd die tegnologie is nie, dit mag dalk moontlik wees om natuurramp te voorspel, maar aan die uitkoms van die natuurramp kan ons ABSOLUUT niks doen behalwe om te sorg dat ons nie in die omtrek is wanneer dit gebeur nie…  Ek dink dat iets van God se grootheid hierin weerspieël word…  Want, net soos wat die natuurramp kom, hou dit nie vir ewig aan nie…  Dit mag dalk vir ‘n dag of drie verwoesting saai, maar na dit, sorg God weer vir kalmte om oor die aarde neer te daal…  Alles mag dalk in puin gelê word, maar na die tyd kan die aarde so stil en rustig wees, dat dit eintlik ondenkbaar kan word dat net ‘n dag gelede daar AANSIENLIKE chaos geheers het…

Die lewe het ‘n manier om jou partykeer om te boul, soos wat hierdie natuurrampe kan doen…  Sonder dat jy dit verwag, kan dinge gebeur wat jou hele lewe omver gooi…  Wat maak dat jy alles in twyfeltrek wat jy so lank aan vasgehou het…  Die mat van sekuriteit kon dalk onder jou voete uitgeruk word…  Jou hart kan dalk in stukke gebreek wees, nadat jy geglo het dat julle ALTYD en vir ewig sal saam wees…  Die dokters kon dalk uitgevind het dat jy of ‘n geliefde aan ‘n ongeneeslike siekte ly…  Elkeen van ons het ‘n ander pad om te stap…  God het elkeen van ons so uniek gemaak, dat nie een van ons presies dieselfde paadjie voor hom het nie…   Ek dink dat soortgelyke goed / situasies baie keer met mense gebeur, wat hulle equip om vir ander wat deur dieselfde moeilikheid gaan, daar te wees…  God het ook ‘n manier om sekere mense wat dalk met dieselfde goed worstel as jy, oor jou pad te stuur, sodat jy JOU situasie kan gebruik om ander te bemoedig en te help…  Wat ons almal egter in gemeen het, is dat ons vir God het wat oor ons die wag hou…  God wat al van voor ons geboorte af vir ons SO liefgehad het, dat Hy elke tree van jou lewe saam met jou sal stap – indien jy dit wil hê…  Gary Kieswetter (vorige predikant van my), het altyd gesê – Mens moet bly wees wanneer God moeilike dinge oor jou pad stuur, want dit beteken dat Hy aan jou dink…  Ek glo ook dat dit partykeer ‘n manier is van God om ons te kry om aan ons verhouding met Hom te bou…  om nie sonder Hom te probeer loop nie, maar dat ons ‘n hegter verhouding met God sal hê – en dat Hy ons reddingsboei raak wanneer die ontstuimige water bo ons koppe wil gaan…  God is met jou – selfs al voel dit vir jou asof jy totaal en al alleen is…   Wat ek gewoonlik probeer onthou in tye van moeilikheid, is dat daar ALTYD iemand is met wie dit moeiliker gaan as met jou…  Dat ons ALTYD iets het om voor dankbaar te wees, en dat God jou NOOIT sal los om alleen te sukkel nie…

Mag Jesus jou dra vandag! 

blessings,

anel**

No comments: