Tuesday 20 October 2015

“Very little is needed to make a happy life; it is all within yourself, in your way of thinking…” ~ Marcus Aurelius

Haloes! J

“Very little is needed to make a happy life; it is all within yourself, in your way of thinking…” ~ Marcus Aurelius

John 14:27

Peace I leave with you; my peace I give to you. Not as the world gives do I give to you. Let not your hearts be troubled, neither let them be afraid…”

John 16:33

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world...”

“Life is a dream for the wise, a game for the fool, a comedy for the rich, a tragedy for the poor…” ~ Sholom Aleichem

“Once you replace negative thoughts with positive ones, you'll start having positive results…”
Willie Nelson

Dis ‘n KEUSE om gelukkig te wees…  As ons heeltyd in ons omstandighede sou vaskyk, al die uitdagings wat daagliks oor ons paaie kom, die nuus lees en net fokus op alles wat verkeerd is in die wêreld, dink ek nie een van ons sou baie gelukkig gewees het nie…  Maar wanneer ons kies om op te kyk na God, eerder as om af te kyk – vas in die probleme, sal wees wanneer ons die oplossings sal raaksien…  Uitkoms of nuwe geleenthede kan baie keer in die vorm van ‘n probleem by jou kom aanklop…  Dis wanneer ons kies om met ‘n oop gemoed, nuwe hoop, en gevul met die krag van God die dag van môre tegemoet te loop, met ‘n glimlag op ons gesig, dat dinge hanteerbaar word…

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om dinge anders en beter as die vorige dag aan te pak!  God voorsien ons elke nag met rus, om sodoende die nuwe dag met nuwe dinge en geleenthede met ‘n vars gemoed aan te pak!  Ek weet nie of jy al jou “doel en drome lysie vir 2015 bereik het nie?”  Dis iets wat ek jaarliks probeer uitleef…  Nie ‘n “resolutions” lys nie, maar meer iets wat jou weer aan die droom sal sit om te glo dat God werklik GROOT dinge in hierdie daagliks vir jou kan laat gebeur…  Wanneer mens vir jou riglyne neerskryf, is mens ook meer geneig om dit na te jaag!  Dat jy daadwerklike planne in plek sal sit om jou drome waar te maak, dat dit nie net drome bly nie, maar realiteit word!!  God sal jou help om jou drome ‘n werklikheid te maak wanneer dit in Sy wil vir jou lewe is…  En ons kan versekering kry dat dit in Sy wil vir ons lewe is, wanneer ons bid daarvoor, en Hy ons sal vul met allesoorweldigende rustigheid en ook die dinge net in plek sal laat val!  Ek’t al verstom gestaan oor hoe goed dinge laat gebeur!  Jy kan nog dink jy is oppad in een rigting, en dan kom God en boul jou om met wat Hy eintlik vir jou het…  Al wat Hy van jou vra is dat jy sal kom met ‘n daaglikse verwagting!  En dat jy Hom sal vertrou met alles wat in jou is!  Hy wil jou bless met GOEIE dinge…  Maak jou hart oop vir Jesus en dit wat vir jou voorlê…  Laat God toe om daagliks die leidinggewende in jou lewe te wees!  Dinge gaan al jou verwagtinge oortref!!  Ek glo dit!!

Baie blessings! 

Anelxx

No comments: