Wednesday 7 October 2015

Pay it forward = Bandana day #cancer #worldchangers!


Hi julle awesome mense!  (English below)

Ek weet nie of julle weet nie, maar volgende week 12 Oktober 2015 is dit weer Bandana day...  Nou wat is dit? Mag baie van julle wonder?
 
Die Sunflower Fund doen ongelooflike goeie werk, deur vir mense met Leukemia in baie gevalle 'n tweede kans te gee - deur 'n bone marrow registry by te hou, ten einde die nodige skenkers in kontak met pasiente te sit. Vir 'n beenmurgoorplanting om suksesvol te wees, het jy 'n perfekte match nodig (bloedgroep ens ens).  Hulle help ook mense met bloedsiektes.  Dis ongelooflik gespesialiseerd - Etniese groepe kan slegs aan etniese groepe skenk (wit vir wit, swart - swart, indier - indier ens).  Om 'n skenker te word hoef hulle nie been te neem by jou nie - dit is net 'n bloedtoets, en hulle gebruik op die ou end jou bloed om ander te help.
 
Die rede vir my epos, is dat ek graag 'n verskil moet maak aangesien Leukemia 'n saak baie na aan my hart is.  Ek wil jou dus uitdaag om 'n Bandana te koop, en vir iemand anders dan uit te daag om ook 'n Bandana te koop.  Dit kos R20 (sien advertensie aangeheg) - en al die geld gaan daarvoor om toetse te kan doen vir mense wat 'n skenker wil word.  'n Toets kos R2000 vir die Fonds om die nodige toetse te doen, so jou R20 kan 'n HUGE verskil maak.
Vir die van julle wat donasies wil gee - julle kan oudergewoonte vir my oorbetaal, en ek sal die donasies aan die Sunflower Fund oorbetaal.  Kom ons hardloop dit tot 16 Oktober en kyk hoeveel toetse ons kan betaal!  R10 kan 'n verskil maak, so moenie dink dat jou donasie nie sal help nie.  Andersins = gaan koop bandanas en maak 'n verskil!
Kom ons "pay it forward"! As ons gesondheid het - het ons VREK baie!!

http://www.sunflowerfund.org.za

Bank details:
 
A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Worldchanger

Ek heg die link van hulle website aan as julle wil gaan lees!  Voel vry om die epos aan te stuur - kom ons verander saam die wereld!

blessings!

Anel


Hi all you awesome people!

12 October is Bandana day!  For those of you wondering what it is, it is an initiative of the Sunflower Fund where they raise funds to help people with Leukemia and blood diseases.  They give a lot of people a second chance at life - and it is a cause that it truly close to my heart!

Reason for my email, is that I want us to make a difference and pay it forward.  Please see the advert attached, and buy a Bandana and challenge someone else to do the same.  It is only R20 and the funds go toward testing of others in order to connect people who would be the perfect match.  A test costs R2000 - and the fund makes use of the donations to test people who cannot afford it.  For people to be a donor, you need to be a perfect match to the patient - this means ethnic group, blood type ect ect.
For those of you wanting to make a donation - you can transfer the funds to me, and I will make a donation to the Sunflower Fund on our behalf!  Let's see if we are able to sponsor one person's testing! 

A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Worldchanger
 
If you want to become a donor - please have a look at the website below.  You don't need to get an operation ect - they only take your blood in order to help someone have a second chance at life.
Let's pay it forward!  If we have our health - we have SO much!
http://www.sunflowerfund.org.za

Feel free to forward this email, and lets be world changers!

blessings!

anelxx

No comments: