Haloes! :)
Anel xx
“I would rather do nothing and be happy, than do something I do not love…” ~ What happens in Vegas
2 Timothy 1:7
“For the Spirit God gave us does not make us timid, but gives us power, love and self-discipline…”
2 Corinthians 10:12
Not that we dare to classify or compare ourselves with some of those who are commending themselves. But when they measure themselves by one another and compare themselves with one another, they are without understanding...
“Winners compare their achievements with their goals, while losers compare their achievements with those of other people” ~ Nido Qubein quotes
“Instead of comparing our lot with that of those who are more fortunate than we are, we should compare it with the lot of the great majority of our fellow men. It then appears that we are among the privileged.” ~ Helen Keller quotes
Iets waarmee elkeen van ons al gekonfronteer is, is die volgende... Kompetisie… Ek moet beter aantrek, beter punte kry, beter presteer by die werk, ‘n beter kar ry, by beter restaurante eet, of sommer net met beter mense meng as X… Ons dominee het 'n tyd terug 'n baie groot waarheid aangeraak toe hy gepraat het daarvan om jouself met ander te vergelyk… Hy’t gesê dat wat ons baie keer doen, is om ons swakhede te vat, en dit te vergelyk met iemand anders se sterkpunte… Hoe waar is dit nie?!?!?! Ons vergelyk appels en pere wanneer ons, onsself met ander vergelyk! Die kriteria vir die vergelyking is ook baie keer om onsself met ‘n baie meer kritiese benadering te bekyk as wat jy na iemand anders sal kyk… By jousself sal jy eerder foute raaksien as goeie goed, en by ander, sal jy weer net alles raaksien wat hulle beter maak as jy…
Dis ons liewe vriend DUIWEL, wat besig is om verdriet te saai wanneer dit gebeur… Hy wil jou laat vaskyk in jou OMSTANDIGHEDE, eerder as in God… Want hy weet dat as ons brein magtig was om te besef HOE groot God is, watse ongelooflike impak Hy in ons lewens kan hê as ons net GLO, sal sy (die duiwel se bestaan) sinneloos wees… Hy het REEDS teen die Oorwinnaar verloor, die dag toe Jesus vir jou en my sondes aan ‘n houtkruis vasgespyker is… Ek dink ook nie altyd ons besef die GROOTHEID van die LIEFDE wat Jesus vir ons het nie… Die dag wat Hy vir ons gesterf het, is ‘n HUGE bewys van wat liefde is… Dus, kyk na wat jy WEL het… Elkeen van ons is geseën met gawes… Gawes wat ons kan uitvoer om aan Jesus die eer te gee! God sal jou help om dit wat jy het – vir jou te laat werk… Vertrou Hom met dit wat jy het! Maak vir Hom plek in jou lewe en laat Hom toe om deur jou te werk, sodat jy Sy ligdraer vir hierdie wêreld kan wees… Die gras lyk gewoonlik net groener aan die ander kant – so hou op om negatief te wees oor wat almal anders het en fokus op wat jy wel het… Jy het ‘n Hemelse Vader wat jou ONMENSLIK lief het! Wat ENIGE iets sal doen vir jou… Die krag wat Sy woord, en wat Hy het is magtig om SOVEEL meer in jou lewe te doen as wat jy ooit sal kan hoop of dink… VERTROU, en LEEF soos iemand wat iets het om te vier! Elke dag behoort ‘n dag van danksegging te wees vir dit wat God reeds vir ons gedoen het, maar ook in afwagting van wat Hy nog alles deur Sy krag wat in ons werk gaan verrig!
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment