Haloes! J
Hoe was jou jaar sover? Een wat jy weer sal wil oorhê? Een wat jy eintlik net wil vergeet en wil hê dat die einde moet aanbreek sodat jy kan “oorbegin”? Een wat jy saam met God gestap het, of een waar jy dalk op jou eie begin stap het? As ek dink aan staptoere wat ek al gedoen het – mens begin gewoonlik as ‘n groep, maar daar is gewoonlik 2 wat wegbreek en vooruitstap, en dan verseker ‘n paar wat agter raak en aan die agterkant van die groep bly… Die uiteinde van die staptog is tog altyd dieselfde - almal eindig op dieselfde plek op… Hoe jy by jou eindpunt uitkom, is al wat verskil… En wat is die lekkerste? Om geselskap te hê, om te weet dat jy nie die onbekende pad alleen hoef aan te durf nie, en ook om te weet dat indien jy verdwaal en op ‘n verkeerde paadjie beland – jy nie alleen is nie… Daar is ander saam met jou wat saam met jou sal “uitfigure” waarheen nou?!
“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough…” ~ Og Mandino
Deuteronomy 31:6
“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of
them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or
forsake you.”
2 Corinthians
4:16-18
“So we do not lose heart. Though our outer self is
wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light
momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all
comparison, as we look not to the things
that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen
are transient, but the things that are unseen are eternal…”
“In order to succeed, we must first believe that we can…”
~ Nikos Kazantzakis
“Try to be a rainbow in someone's cloud…” ~ Maya Angelou
Hoe was jou jaar sover? Een wat jy weer sal wil oorhê? Een wat jy eintlik net wil vergeet en wil hê dat die einde moet aanbreek sodat jy kan “oorbegin”? Een wat jy saam met God gestap het, of een waar jy dalk op jou eie begin stap het? As ek dink aan staptoere wat ek al gedoen het – mens begin gewoonlik as ‘n groep, maar daar is gewoonlik 2 wat wegbreek en vooruitstap, en dan verseker ‘n paar wat agter raak en aan die agterkant van die groep bly… Die uiteinde van die staptog is tog altyd dieselfde - almal eindig op dieselfde plek op… Hoe jy by jou eindpunt uitkom, is al wat verskil… En wat is die lekkerste? Om geselskap te hê, om te weet dat jy nie die onbekende pad alleen hoef aan te durf nie, en ook om te weet dat indien jy verdwaal en op ‘n verkeerde paadjie beland – jy nie alleen is nie… Daar is ander saam met jou wat saam met jou sal “uitfigure” waarheen nou?!
Is ons lewens tog nie dieselfde nie?? Ons het vir God as ons companion… Hy is elke dag, met elke besluit wat ons
neem, met elke tree wat ons gee, met elke uitdaging wat oor ons pad kom – net
‘n gebed ver… Hy belowe ons, in Sy
woord, dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie, en ons NOOIT maar NOOIT in
die steek sal laat nie… Ek dink baie
keer, wanneer dinge te “stadig” gebeur volgens ons sin, wanneer ons bid en die
antwoorde nie op ons tyd kom nie, is ons partykeer geneig om ongeduldig en
selfs kwaad te raak vir God, en dan “weg te breek”, om op ons eie verder te
probeer. Ons begin die lewenspad alleen
stap – en partykeer, verloor ons in die proses heeltemal ons pad! Ons raak getap van ons energie (hierdie tyd
van die jaar is dit ook nie baie moeilik vir min energie nie), ons raak
krapperig, en ons vergeet om tyd met God te spandeer en om te bid… Net omdat jou antwoord nie dadelik vir jou
uitgespel is nie, beteken dit nie dat God nie vir jou daar is nie… Dit beteken ook nie dat daar nie ‘n
spesifieke plan vir jou lewe is nie! Van
my staptogte wat ek al onderneem het, was die BESTE gedeelte van die stap – die
stuk wat jy verdwaal! Die stories wat jy
agterna kan herleef, is wat jy onthou, en wat jou lewe kleur gee! Kom ons commit sommer vandag om die res van
2015, asook 2016, SAAM met God te stap…
Dat ons Hom sal toelaat om ons te lei – op SY PACE… En op die pad wat Hy vir ons bestem het… Want God het ALTYD die beste vir jou in
gedagte… Selfs al sien jy dalk GLAD nie
die groter prentjie op die oomblik nie – gee dit net kans… God is groter, en Hy kyk van bo af - Hy sien
die groter prentjie… Gee jou moegheid,
deurmekaar gemoed en al jou onsekerhede of vrese, sommer NOU oor in God se
hande… HY sal vir jou sorg!
Blessings,
Anel xx
No comments:
Post a Comment