Wednesday 22 July 2015

"The best days are usually unplanned, random and spontaneous..." ~ Unknown

Haloes! J

“The best days are usually unplanned, random and spontaneous…” ~ Unknown

1 John 3:1-3

“How great is the love the Father has lavished on us, that we should be called children of God! And that is what we are! The reason the world does not know us is that it did not know him.  Dear friends, now we are children of God, and what we will be has not yet been made known. But we know that when he appears, we shall be like him, for we shall see him as he is.  Everyone who has this hope in him purifies himself, just as he is pure…”

James 1:2-4

“Consider it pure joy, my brothers, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance. Perseverance must finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything…”

“God can open a door that no man can shut…” ~ Tyron Wittaker

“Give today all that you’ve got…  You will never get it back…  Today is God’s gift to you…  What you do with it, is your gift to Him! Make it count!” ~ John Haggee Ministries

Hoe lekker is dit nie om onverwags ‘n geskenk te ontvang nie?  Ekt verlede week ‘n dag gehad waar iemand vir my ‘n sjokolade gestuur het om dankie te sê vir ‘n guns wat ek vir haar gedoen het! Dit was SO onverwags, en ekt nie eens twee keer gedink om te help, toe hulp gevra is nie… So die blessing wat ek daaruit ontvang het, was TOTAAL onverwags!  God het ook ‘n manier om ons om te boul met SY goedheid en guns…

As jy dink oor jou lewe – hoeveel keer het jy gebid vir deurbrake, wat dit net nie gekom het nie?  En dan, wanneer jy dit die minste verwag, maak God onverwags ‘n deur oop wat jou lewe sommer ‘n ander koers laat inslaan!  Wanneer ons bereid is om vir God ‘n sê in ons lewe te gee – deur te bid vir wysheid en Sy leiding in ons lewens, is daar GEEN einde aan wat God in ons lewens kan doen nie!  Ek weet nie waar jy jouself bevind nie, miskien sit jy met baie onsekerheid in jou gemoed…  Miskien is jy voor groot besluite en weet jy net nie WAT om te doen nie!  Gee dit in God se hande…  Sit Hom in beheer van die stuurwiel vir jou lewe…  Hy sal jou VERSTOM oor alles wat Hy vir jou in store het! PArtykeer – wanneer ons so hard probeer om self dinge in plek te laat val – mis ons baie keer uit aan ALLES wat God vir ons wil gee… Hy het SOVEEL meer vir jou as wat jy ooit vir jouself sal kan hoop of droom! Vertrou Hom – GLO HOM en gee Hom die geleentheid om vir jou deure oop te maak wat GEEN mens sal kan toemaak nie…

Blessings!

Anel xx

No comments: