Haloes! J
Anel xx
“Worrying is stupid… It’s like walking around with an umbrella,
waiting for it to rain…” ~ Unknown
2 Corinthians 4:17
“For
our present troubles are small and won’t last very long. Yet they produce for
us a glory that vastly outweighs them and will last forever!”
Isaiah 33:2
“But
Lord, be merciful to us, for we have waited for you. Be our strong arm each day
and our salvation in times of trouble…”
“Ek
dink nie aan die swaarkry nie, maar aan al die skoonheid wat nog oor
is...” ~ Anne Frank
“Sê
vir God dankie... Hy meet nie genade in teelepels af nie...” ~ Amy
Carmichael
Hoe
baie van ons, dra so swaar aan laste wat nie van God af kom nie?
Dinge wat verby is, wat ons nie kan verwerk nie... Dinge wat nog
kom, wat ons vul met bekommernis... Ons word partykeer so beroof van “die
hede” omdat ons vasgevang is in dit wat verby is, of dit wat kom... Ons
lewe gaan baie keer, “ongeleef” by ons verby, omdat ons in ‘n patroon van
bekommernis vasgevang is. Sodra die een ding verby is wat ons so met
onrus gevul het, kry ons iets nuuts in sy plek, om verder oor bekommerd te
wees...
My
ma het my vertel van ‘n kursus wat sy gedoen het, jare gelede, waar die dominee
Killian hulle uitgedaag het om op ‘n stuk papier “groot gebeurtenisse” wat in
hul lewens plaasgevind het, te gaan neerskryf. Dis byvoorbeeld dinge
waarmee jy gesukkel het, hartseer dinge, siekte dinge enige iets wat groot
invloed of donker tye in jou lewe weerspieël het... Sy sê toe, dat
wanneer jy die dinge begin neerskryf, kan mens sien hoe die dinge in ‘n patroon
loop, van klein na groot... Iets wat jy dan uit al daardie dinge kan
leer, is dat God ALTYD vir jou daar was... Dat Hy jou bygestaan en gedra
het, deur die klein en die groot dinge...
Hy
was van altyd af nog daar, en Hy het jou nie in die verlede in die steek gelaat
nie... Hoekom sal ons dan bekommerd wees oor die toekoms? As jy
dalk so 'n benoudheid oor jou het, wat jy net nie afgeskud kry nie, bid
weer... Kry iemand om saam met jou te bid... Daar waar 2 of meer in
God se naam is, daar is Hy... As ons dan WEET dat God ALTYD daar was – SAL
HY mos steeds daar wees in die toekoms... Mag hierdie jou vul met
rustigheid vir die nuwe dag... Mag jy elke dag onthou JOU PA
LEEF... HY sal jou nie in die steek laat nie, jou NOOIT verlaat
nie... En Sy genade vir jou is onmeetbaar...
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment