Monday 8 December 2014

“The Spirit of God never quits… He always gets us across the finish line…” ~ Joyce Meyer

haloes! J

“The Spirit of God never quits…  He always gets us across the finish line…” ~ Joyce Meyer

Matthew 5:3 (The Message)

"You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule."

Galatians 1:15

"Why, when I was still in my mother’s womb he chose and called me out of sheer generosity!"

"Pak jou lewensbootjie lig met net die nodigste: 'n warm tuiste en eenvoudige genietinge, een of twee vriende wat die naam werd is, iemand om lief te he, en iemand om jou lief te he..."  ¬ Jerome K Jerome

"God het aan jou gedink nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het...  Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is...  Hy het dit beplan voordat jy nog bestaan het, en sonder jou insette..."  ¬ Rick Warren

Het jy al jouself die vraag gevra - hoekom is EK op hierdie aardbol?  OF dink jy dalk in die negatiewe - "ek het nie 'n doel nie / ek weet nie wat my doel is nie?  "niemand gee om vir my nie...";  "ek is alleen en het hopeloos te veel bagasie / probleme, vir iemand om vir my te kan lief wees..."

Rick Warren en Jerome is twee absolute wenners!  Hulle slaan die spyker op die kop!  God het jou al beplan (ek glo) tydens die Skepping...  Hy het toe alreeds geweet daar gaan 'n JY op hierdie aardbol wees, en wanneer jy gaan lewe...  Hy het jou UITGEKIES nog voordat jou ouers geweet het dat hulle aan jou sou lewe skenk...  DIT is hoe AWESOME hierdie Hemelse Pa van ons is...  Hy het vir jou 'n lewe beplan...  Hoe jy die keuses langs die pad maak, is totaal oorgelaat aan jou...  MAAR, Hy bly oneindig lief vir jou, maak nie saak HOE daai lewenspad verloop nie...  Hy is bereid om ELKE sonde wat jy doen, te vergewe...  Al doen jy dit daagliks...  en al leer jy partykeer nie uit jou foute nie...

Jy is ONGELOOFLIK spesiaal...  Ek kan nie dit genoeg beklemtoon nie...  Mens dink altyd dat jy tevrede sal wees WANNEER...  wanneer jy finansieel onafhanklik is...  wanneer jy jou lewensmaat het...  wanneer jy jou eerste kind in die wereld bring...  wanneer jy jou droom werk het, of jou droom kursus swot...  of wanneer jy BAIE vriende het... Dis nie verkeerd om te streef na iets beter of om ambisie te he nie...  GLAD NIE :)  Jerome het egter vir my die regte uitkyk op die lewe - ware vriende is die wat jy 4uur in die nag sal kan bel, en hulle sal kom om jou te help - WAAR EN WANNEER ookal...  Wanneer ons die lewe eenvoudiger maak, val die dinge baie makliker in plek, en die probleme raak ook sommer baie minder... 

God het jou gekies om Sy kind te wees...  As jy dalk bietjie ver van Hom af voel - moenie worry nie :)  Hy sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie...  Hy sal aanhou klop aan die kamer van jou hart, totdat jy vir Hom oopmaak...  God sal jou nooit los nie - Hy het jou lief AS GEVOLG VAN al jou foute...  Ons foute gee aan ons karakter, en die lesse wat ons leer, maak van ons die mense wat ons is...  Moenie so hard wees op jouself nie - niemand is perfek nie!  Ons almal het probleme, maar ons ALMAL is uitgekies...  Mag jy vandag God se arms van liefde om jou voel en mag jy GLO dat die lewe nie dieselfde sonder jou daarin sou wees nie... 

blessings!

Anel xx
PS - Die laaste gedagteki vir die daggie sal 10 Desember verskyn...

No comments: