Tuesday 2 December 2014

“Ek dank God vir my gestremdhede, want daardeur het ek myself, my lewenstaak en my God gevind...” ~ Helen Keller


Haloes! J
 
“Ek dank God vir my gestremdhede, want daardeur het ek myself, my lewenstaak en my God gevind...”  ~ Helen Keller
 
Colossians 4:2
 
“Pray diligently. Stay alert, with your eyes wide open in gratitude…”
 
Philippians 4:6-7
 
“Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life…”
 
“Toe ek kaalvoet was en nie skoene kon koop nie, het ek begin kla...  Totdat ek ‘n man sonder bene gesien het...  Toe het ek God gedank vir my bene en dat ek maar net skoene kortgekom het...”  ~ Leo
Tolstoi
 
“Dit is nie soseer wat ons oor ons seëninge sê nie, maar hoe ons hulle gebruik wat regtig verraai hoe dankbaar ons is...”  ~ WT Purkisher
 
In iets wat na jou grootste swakheid lyk, kan die grootste geleenthede vir jou opgesluit lê...  Dit vat nie baie vir ons om ‘n slegte dag te hê nie...  As een ietsie verkeerd gaan, vroeg in die oggend, kan dit baie keer ons dag so dikteer, dat ons sommer fout in ALLES soek wat verder gebeur...  Of dit nou goed of sleg is – ons sal die negatiewe soek, sodat dit bevestiging is van die slegte dinge wat kop uitsteek in ons lewens...
 
Toe ek hierdie aanhaling van Helen Keller lees, het dit my diep aangeraak...  Sy was iemand wat blind en doof was, en tog het sy VOLUIT gelewe...  Syt ‘n lewe van danksegging aan God gelewe...  Daarmee bedoel ek, dat sy haar lewe so geleef het, dat elke iets wat sy gedoen het as’t ware ‘n “dankie aan God” was...  Alhoewel sy gebreke gehad het, het sy hulle ingespan om positiewe dinge te doen, mense te inspireer, en so ‘n getuie vir die Koninkryk te wees.  Nog iemand wat by my opgekom het is Nick Vujicic....  Hy is iemand wat sonder bene en arms gebore is, en hy is op die oomblik een van die grootste bedieners en motiverings sprekers wêreldwyd...  Een van sy treffende boodskappe is dat moenie dat iets in jou lewe (of dit jou liggaam of jou denke is) limiete plaas op dit waartoe jy in staat is nie...  Fillipense 4:13 sê: ‘Jy is tot alles in staat, deur Hom wat jou die krag gee...’
 
Wanneer mens begin dankie sê vir die klein dingetjies – die dingetjies wat mens so vanselfsprekend aanvaar, dan val die groot dinge in plek...  Wanneer mens in verwondering raak en dankbaar raak vir die feit dat ons nog ‘n addisionele dag gespaar is, DAN kan jy lewe sonder limiete...  Tot jy nie stilraak en besef – ek moet dankbaar wees vir dit wat ek het, dit waarmee God my elke dag seën nie – kan jy nie ‘n seën vir jouself, asook ‘n seën vir die mense rondom jou raak nie...   Moenie vandag vaskyk in jou swakheid vandag nie, maar bid dat God jou oë sal oopmaak, vir die groot geleenthede wat in jou "swakheid" opgesluit lê...
 
Blessings!
 
Anelxx

No comments: