Haloes! J
“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on
our behalf.” ~ Joyce Meyer
Jakobus 1:2-6 (Geloof in aksie Bybel)
“My liewe mede Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke
geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle
geestelike lewe kan wees... Die slegte dinge wat met julle
gebeur, toets of julle werklik die Here vertrou... As dit met
julle sleg gaan, leer julle juis om nader aan die Here te
leef... Julle moet die Here toelaat om julle deur hierdie dinge te leer
wat dit beteken om altyd net op Hom te vertrou, kom wat wil... As
julle egter in ‘n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om
te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie snaaks van julle dink of julle
verwyt omdat julle onseker is hoe om vir Hom te leef nie. Hy sal
julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra, Hy sal
gee... Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie
twyfel dat God julle regtig sal help nie... Verwag en weet vir seker
dat Hy sal help...”
“God sal jou of van lyding bewaar, of jou die onfeilbare krag gee om dit
te deurstaan... Raak rustig en hou op om jou te
bekommer...” ~ Francis de Sales
“Swaarkry is die vrugbare grond waarin God elke Christen oorplant wat
moet groei...” ~ Anoniem
Die boek Jakobus, is seker een van my gunstelingboeke in die Bybel… Daar
is soveel boodskappe en waarhede daarin, dat ek graag vandag een van dit met
julle wil deel... Hoe groei plante? Daar is ‘n aantal
faktore wat daartoe bydra... Die tipe grond waarin dit geplant is, die
weersomstandighede, of dit genoeg water en sonlig kry... Vetplante bv
het weer nie water nodig om te groei nie... Hulle het droë
omstandighede nodig om te oorleef... Dis so met elke Christen se
lewe ook... Elkeen van ons is uniek, en elkeen van ons het iets
anders nodig om ‘n vol lewe te hê en daagliks te volhard... Daar is
egter een iets waarsonder nie een van ons kan lewe nie, en dit is God...
Sonder God is ons tot niks in staat nie... Ons sal nie hoop
hê vir die nuwe dag nie, en ons sal nie krag hê om ons dagtake aan te pak
nie... Moeilikhede wat reeds soos berge voor ons lê, sal sonder God
se liefde, en ondersteuning, en daar wees soos Mount Everest lyk... Die
aanhaling hierbo se vir my dit so mooi... Swaarkry en moeilike tye,
is soos wanneer God “bemesting” en noodsaaklike “water” (seën) aan Sy kinders
se lewens verskaf... Waar jy jou ookal vandag bevind – of jy in die
diepste put van swaarkry of hartseer is, of miskien lê daar ‘n dag voor jou wat
gevul is met onsekerhede, of miskien het jy God se goedheid in oorvloed ervaar die
afgelope tyd – waarookal jy jouself bevind – Jesus ken jou... En
Jesus weet wat jy nodig het... En HY sal by jou wees, en saam met
jou stap, deur elke onsekerheid en deur elke beproewing... Hy SELF
sal jou dra, en jou die ondersteuning bied wat jy nodig het...
Soos hierbo in Jakobus geskryf is – gaan vra, en Hy sal
gee... Moenie dink dat jy nie waardig is om te kan vra vir God se hulp
nie... Hy het gesterwe vir ons, nie omdat ons dit verdien nie, maar
vanweë Sy groot liefde, en genade vir ons... Al voel dit vir jou of
God jou al so baie genadig was, en soveel keer barmhartigheid betoon het, en
dat jy nie dit werklik verdien nie – wil ek jou sê dat jy verkeerd
is... God wil aan jou tot in alle ewigheid barmhartigheid, liefde en
seën betoon... Soos Hy vir Jabes geseën het – is soos wat Hy vir jou
wil seën... Hy wil jou grondgebied vermeerder, en Hy hou Sy hand
reeds oor jou, waar jy ookal mag gaan... En wanneer ons getrou
volhard in die moeilike tye, wanneer ons steeds aanhou bid en aanhou vertrou –
SAL God ons genadig wees... En SAL Hy in elke behoefte wat jy het
voorsien... Hy sal Sy blessings oor jou uitstort en jou met Sy
liefde omvou... Jy moet net bid en glo en vertrou... HY
het jou oneindig lief, en jy stap nie alleen hierdie week tegemoet
nie... Vat jou Pappa se hand – Hy hou dit uitgestrek na jou...
Blessings!
Anel xx
PS – die laaste gedagteki vir die jaar die daggie sal 10 Desember 2014
verskyn…
No comments:
Post a Comment