Monday 1 December 2014

"Stress is when you wake up screaming and realize that you haven't fallen asleep yet..." ~ Unknown

Haloes!

"Stress is when you wake up screaming and realize that you haven't fallen asleep yet..." ~ Unknown J

2 Corinthians 5:6-7

“So we are always of good courage. We know that while we are at home in the body we are away from the Lord, for we walk by faith, not by sight…

Psalm 16:8

“I have set the LORD continually before me; Because He is at my right hand, I will not be shaken...”

“You can’t stop the waves, but you can learn to surf…” ~ Unknown

“Only severe storms expose which trees are alive and deeply rooted…  Storms stri trees of dead branches, increasing their potential for future growth…” ~ Pastor John Hagee

Stress is iets wat onbewustelik, ELKE dag saam met ons stap...  Veral hierdie tyd van die jaar, is stress iets wat baie dae die oorhand mag kry… Daar is 2 tipes soos wat ek dit nou al agtergekom het - GOEIE stres ("butterfly" in die maag tipe stres) - soos wanneer jy op jou eerste afspraak gaan met iemand, of as jy 'n partytjie reël en "stres" dat alles goed sal verloop...  Slegte stress daarteenoor, is iets wat meeste van ons bewustelik, of onbewustelik amper daagliks ervaar - negatiewe gedagtes, kopsere,  rugpyn...  Ek dink nie ek kan dit beter opsom as die Geloof in Aksie Bybel hieronder nie :) 

"Stres is 'n algemene ding in ons dag...  Onsekerheid oor die toekoms, misdaad, werkloosheid, groepsdruk en huislike probleme is van die grootste redes vir stres...  Slegte stres maak jou kop seer vat jou slaap weg, en laat jou skouers heeltyd krom trek...  Dit maak jou aggressief, angstig en buierig...  Stres beïnvloed alles waarmee jy elke dag besig is:  Jou studies, jou vriendskappe, jou familie verhoudings...  Kry dit uit jou lyf uit...  Hoe meer jy sit en niks doen nie, hoe meer word jou kop volgelaai deur negatiewe gedagtes, en gevoelens...  Bid gereeld, lees jou Bybel, sluit aan by 'n Bybelstudie groep, gaan besoek 'n pel waar jy lanklaas was; vat vir iemand  wat op jou hart is, 'n klein geskenkie, gaan drink koffie saam met 'n vriend wat dit nie te breed het nie; vertel by die skool, universiteit of by die werk van iets nuuts wat jy die afgelope tyd in 'n preek geleer het...  Leef weg van jouself af...  Belê meer tyd in energie in God en in ander..."   ~ Geloof in Aksie Bybel

Al hierdie riglyne wat die Bybel in Praktyk gee, is dinge wat ons in ons lewens kan inbou, om die effek wat stress daarop het, te minimaliseer... Gaan stap 'n lekker ent na werk, hou jou Bybelstudie (doen dit saam met jou gesin / vriend / vriendin - sodat jy seker maak dat jy tyd opsysit daarvoor...  Want God refresh, en Hy laat ons besef waaroor die lewe WERKLIK gaan wanneer ons tyd met Hom spandeer...  Gebede word beantwoord en mens sien dinge net in perspektief met Sy woord...  Dinge wat spanning op ons sit, is baie keer klein en onbenullig, wanneer ons weer net 'n slag stil word en tyd saam met ons Pa spandeer), gaan kuier by 'n vriend of 'n vriendin wat positiewe invloed op jou sal hê...  Die tyd wat aan ons geleen het, is SO min - moet dit nie op onbenullighede spandeer / mors nie...  Bv - moenie tyd spandeer met mense wat jou afbreek / laat sleg voel oor jouself, en daardeur addisionele stres op jou plaas nie...  Jy MAG nee sê!  Weet dat God GROTER is as enige siekte, huislike omstandighede, gebroke gesinne of verhoudings...  Hy het jou ONEINDIG lief, en Hy wil regtigwaar NET die mooiste dinge vir jou lewe hê...  Bid, en vat God se hand - laat Hom toe om die stres te verminder, terwyl Sy teenwoordigheid GROTER word in jou lewe...

blessings!
 
anel xx
 

 

No comments: