Tuesday 14 April 2015

“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you… For life… Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you…  For life…  Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown
 
Joel 3:10
 
“Beat your plowshares into swords and your pruning hooks into spears.  Let the weakling say, “I am strong!”
 
James 1:6
 
“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”
 
“Successful people are always looking for opportunities to help others…  Unsuccessful people are always asking, what’s in it for me?” ~ Unknown
 
“I never lose…  I either win, or I learn…” ~ Unknown
 
Vertroue is iets waarmee baie mense sukkel...  Kyk ons net na ons land, en die dinge wat daagliks voorblad stories in die koerante maak, is dit verstaanbaar dat mense sukkel om ander te vertrou...   Daar is mense wat trou, met beloftes wat op daardie dag aan mekaar gemaak word, net om ‘n paar jaar later verbreek te word...  Daar is mense wat beloftes breek, en sodoende vriendskappe tot niet maak...  Mense wat jou vertroue in jou vriende en medemens skend...  Daar is mense, in verhoudings, in families en vriendekringe, wat eerder sal uitloop wanneer moeilike situasies of siekte by die voordeur inloop...  Wanneer jy iemand die meeste nodig het, word jy in die steek gelaat, en dit laat jou HARTSEER en seergemaak agter...  Mens begin later glo dat dit ‘n norm is, en skeer dan voortaan almal oor dieselfde kam...
  
Mens mis partykeer uit op spesiale oomblike, mense, verhoudings, liefde en geleenthede, omdat mens niemand vertrou nie...  ‘n Harde realiteit en waarheid, is dat ons soms nie vir God vertrou met ons lewe nie...  Ons dink ons vertrou Hom, maar tog, hou ons so hard vas aan ons lewe, aan ons probleme – wat ons laat worry, en moeilike situasies waarmee ons gekonfronteer word, dat ons uitmis op dit wat Hy als vir ons lewe beplan en bestem het...  Ons probeer self oplossings vind vir dit wat moeilik is, en dit wat verkeerd loop...  Plaas daarvan dat ons net op ons knieë gaan, en dit vir God gee...
 
As ons, ons verhoudings en vriendskappe by God begin, en ons Hom as basis daarvoor het, kan dit nie anders as om geseënd te wees nie!   Ek het nou die aand ‘n “gedagte” gehoor op CCFM, wat die ou gesê het – “Moenie so bekommerd wees, oor so baie dinge nie...  Jou Hemelse Vader is REEDS besig om vir jou ‘n uitweg te skep, of oplossings te vind...  Al wat van jou verlang word, is dat jy Hom daarvoor sal vertrou...”  Moenie vandag bekommerd aanpak nie...  WEES VERSEKER, jou Pa is hard aan die werk, en Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie...  Hy het jou HOPELOOS te lief...
 
Blessings,
 
Anel xx

No comments: