Wednesday 29 April 2015

"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown


Haloes! J  

"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown

Numbers 6:24-26

 "The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you
and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace.”

Psalm 91:11

"For He shall give His angels charge over you, to keep you in all your ways..."

"What seems to us as bitter trials, are often blessings in disguise..." - Oscar Wilde

"Count your blessings, not your worries..." - Unknown

Ek het 'n stuk in John Haggee se boek (The Power of the Prophetic blessing) gelees oor Numeri 6:24-26... Dit verduidelik die stukkie vir my baie mooi... Eerste iets om te onthou - Jy is gebore om deur God geseen te word... Dis iets wat jy moet glo en iets wat jy moet spreek!  Positief praat, is een van die belangrikste dinge om positief te kan dink en die lewe, positief aan te pak...  Wanneer ons Numeri 6:24-26 opbreek in stukkies, kry ons die volgende beloftes:

Verse 24, deel 1 - The Lord bless you ... Dit beteken dat ons God se onbeperkte guns op ons lewens het... Dit sluit in - fisiese, emosionele asook materiele oorvloed...

Verse 24, deel 2 - keep you... God sal nie net Sy onbeperkte seen oor jou lewe uitstort nie, Hy sal jou, sowel as die seen wat Hy reeds oor jou lewe uitgestort het,asook dit waarmee Hy jou nog SAL seen BEWAAR...

Verse 25 - the Lord make His face shine upon you and be gracious to you... Dit is 'n belofte van geestelike groei in God... Om in die teenwoordigheid van Jesus te wees, en Hom op 'n persoonlike vlak te leerken...

Verse 26 - the Lord lift up His countenance upon you and give you peace... Dit is 'n belofte van God se vrede wat Hy aan jou sal gee, wanneer iets volgens Sy wil vir jou lewe is...

Die belangrikste om te onthou is dat God niks oor ons pad sal stuur wat te groot sal wees om te hanteer nie... En enige seen wat oor jou pad kom, is eers volbring of voltooid wanneer jy rustigheid, saam met daardie seen ervaar... Miskien is jy besig om te bid vir God se wil in jou lewe, maar jy weet dalk nie wat dit op hierdie stadium vir jou is nie... Daar is drie dinge wat ons kan doen - bid, meet dit teen God se woord, en daarmee saam al God jou kom vul met absolute rustigheid - wanneer die dinge volgens Sy plan en wil geskied...  Wanneer jy dalk met onrustigheid in jou binneste sit - bid - God sal jou wys watter besluit gemaak moet word, of watter rigting jy moet inslaan...  God is groter as jou week wat voorle... God is groter as die pyn, seer, siekte, hartseer, verbrokkelde verhoudings of moeilike tye wat jy tans ervaar... Jesus sal sorg...  Gee dit in Sy vaderhand, en bid vir Sy seen in jou lewe...  Jesus gee daagliks aan ons 86,400 sekondes (stukkies ...genade) om te sorg dat ons LEWE...  Maak die meeste van elke geleentheid, van elke spesiale oomblik...  Jesus stap saam met jou

Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe toe! Mag jy God se onbeperkte seen in jou lewe ervaar - vandag, maar ook elke dag vir die res van jou lewe!!
 
Blessings!

 Anelxx

No comments: