Haloes!
J
“No storm can last forever…
It will never rain for 365 days consecutively… Keep in mind that trouble comes to pass, not
to stay… Don’t worry! No storm, not even
the one in your life can last forever…” ~ Iyanla Vanzant
Psalm 91:11-16
For
he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they
will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against
a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great
lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him;
I will protect him, for he acknowledges my name.
He
will call on me, and I will answer him;
I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With
long life I will satisfy him and show him my salvation.”
Psalm 91:7
A
thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will
not come near you…
“Resurrection
tells us that God will always finish what He started…” ~ Victoria Osteen
“Life
is too ironic to fully understand… It
takes sadness to know what happiness is…
Noise to appreciate silence and absence to value presence…” ~ Unknown
Werk... ‘n Woordjie wat deur baie mense met
onaangenaamheid geassosieer word... Vir
baie mense is werk ‘n plek van ongelukkigheid, ‘n plek waar hulle gekritiseer
word, en waar hul aan hul swakheid herinner word... Of miskien word jou harde
werk heeltyd oorgesien – en maak nie saak wat jy doen nie, dis asof jy op een
plek bly draf… Miskien is jy sommer met negatiwiteit gevul, nog voordat die dag
begin… Dit veroorsaak weer dat jou
ingesteldheid verkeerd is nog voordat enige iets gebeur het… Of jou werk kan jou dalk vul met soveel VREES
en STRESS vir dit wat onbekend is, vir dit wat moontlik verkeerd kan gaan of
dit wat jy nie kan beheer nie dat dit op ‘n manier jou jou lewe heeltemal
oorneem... Elke wakende oomblik word aan
werk spandeer (of dit nou fisies werk is, praat oor werk of dink aan werk),
soveel so dat die lewe op die ou end verby jou gaan... Een iets wat ‘n vriend van my eendag
kwytgeraak het – werk is iets wat altyd daar sal wees... Jy kan kies om elke wakende oomblik daaraan
te spandeer, of om ‘n bietjie oor te los vir more, en VOLUIT te LEWE – met
BALANS... Sorg dat jy elke dag jou BES
doen in die tyd wat daarvoor uitgesit is… Balans is BAIE belangrik!! Soos ek al vantevore gesê het – TE pas net by
TEVREDE :)
As
jy vandag sou uitvind jyt ‘n ongeneeslike siekte – wat sou vir jou die
belangrikste wees? Tyd saam met mense
wat vir jou kosbaar is, tyd wat jy gebruik om herinneringe te maak wat ‘n
leeftyd sal hou of tyd wat spandeer word aan bekommernis? Maak seker dat jy tye van saamwees met vriende
en familie koester... Maak spesiale
herinneringe wanneer julle saam is...
Hou die baklei vir eendag op ‘n reëndag... Ons weet nie wanneer die laaste keer is wat
ons iemand gaan sien, of by ons gaan hê nie...
Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle waardeer, liefhet
en dat hulle baie kosbaar vir jou is (sê dit met elke geleentheid wat jy kry)!!
God het ons geseën met ‘n ongelooflike natuur, en ongelooflike mense wat Hy oor
ons pad bring – elke dag... Maak seker
dat jy jou balans so toepas, dat wanneer jy WERK, jy werk, en wanneer jy dan by
die kantoor uitstap, dat jy die dinge by die werkplek agterlaat… Die lewe is meer as bekommernis! Hiermee sê ek nie, moenie altyd jou beste gee
nie... Nee, hiermee sê ek: Koester spesiale mense, en spesiale
tye... Spandeer spesiale tyd saam met
God... Moenie dat werktyd, jou Stiltetyd
binnedring nie... Ons het tyd saam met
God nodig om Sy stem en Sy wil vir ons lewe te hoor en te bepaal... Ons het Hom nodig, omdat Hy ons bron van HOOP
is... Laat Hom toe om daai onrus in jou
binneste, in vrede te omskep... Dit sal
jy slegs kan regkry, deur tyd in gebed, en tyd saam met God deur te bring... Moenie jouself beroof van ‘n lewe van
oorvloed, deur nie tyd te hê vir dit wat saakmaak nie... Vir jou wat dalk deur diepe waters gaan op
die oomblik - hier is 'n versie spesiaal vir jou: 1 Kronieke 28:20 Moenie bang wees of jou
bekommer nie... want die Here God is by
jou... Hy sal jou nie in die steek laat
nie of van jou padgee nie...
Blessings!
Anelxx
No comments:
Post a Comment