Thursday 16 April 2015

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Haloes! J

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Zephaniah 3:17

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing…”

Romans 15:13 

“May the God of hope fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit you may abound in hope…”

“God has already arranged a new beginning for every disappointment…” ~ Joel Osteen

“Ability is what you are capable of doing…  Motivation determines what you do…  Attitude determines how well you do it…” ~ Unknown

Hannah was kinderloos... Haar man, Elkana, was liewer vir haar as vir sy ander vrou Peninna. Om daardie rede het God vir Pennina met kinders geseën... Peninna het egter vir Hannah gespot oor die feit dat sy nie kinders in die wêreld kon bring nie... Dit was Hannah se grootste wens, en gebed om 'n kind te hê... Ek dink nie dat daar is iets moeiliker is nie - om SO graag iets te wil hê, en om net geen antwoord op gebed te ontvang nie... Hannah het egter nie opgegee nie... Hoe langer sy moes wag, hoe meer het sy gebid... En God het hom nie doof gehou nie - Hy het haar geantwoord, en haar met 'n BAIE spesiale seun geseën... Omdat sy getrou was, en aanhou glo en bid het - het God aan haar Sy trou bewys...

Miskien dink jy nou - almal rondom my kry wat hulle wil hê, en wat hulle van God bid. Dis net ek wat niks ontvang nie... En ek bid, en ek glo... Of miskien het jy al moed opgegee om te vertrou en te glo... Hannah moet vanoggend dan vir jou 'n getuienis wees, dat mens nooit te lank vir God wag om gebede te beantwoord nie... Daar is geen God, soos die God wat ons dien nie... As ons getrou is, SAL God voorsien... Soos Napoleon se aanhaling hierbo sê - Onmoontlik is net 'n woord wat in 'n dwaas se woordeboek aangetref word... Moenie vir God afskryf of wantrou, as jy nie die eerste keer wat jy bid 'n antwoord kry nie... God WEET wat Hy vir jou lewe beplan, en jou drome en gebede wil Hy nie onbeantwoord laat nie...

Ons gebed moet egter nie net 'n "quick fix" wees nie... Ons moet ELKE dag met God praat, en werk aan ons verhouding met Hom... En nie net bid wanneer ons iets nodig het nie... Dis nie waarvoor God daar is nie... Hy wil vir jou 'n Pa wees - iemand wat vir jou ongelooflik lief is, en iemand wat deel wil wees van jou lewe - ELKE dag... Maak Hom deel van jou lewe, deur in gebed met Hom DAAGLIKS te "connect"... En wanneer jy gebid het - laat dit by Hom... Moenie dan net weer omdraai en SELF oplossings probeer vind vir dit wat jy met Hom bespreek het nie...  Wanneer jy bid, is dit soos bv – wanneer jy jou toetsboek ingee vir die merker…  Jy sit dit in die merker se hande (jy kan niks meer doen ten opsigte van die vraestel nie)…  Deur hierdie beeld wil ek vir jou illustreer dat jy jou bekommernisse, seer, pyn en sukkel dan effektiewelik in God se hande plaas wanneer jy bid. Hy sal voorsien - op maniere wat jy nie eens gedink het moontlik is nie... Glo dit vandag!!

Mag jy 'n PRAGTIGE naweek hê!

blessings!
 
anel xx

 

 

No comments: