Wednesday 15 April 2015

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

James 1:5

'If you need wisdom, ask our generous God and He will give it to you... He will not rebuke you for asking...'

Ephesians 1:18-19

"I pray also that the eyes of your heart may be enlightened in order that you may know the hope to which He has called you, and His incomparably great power for us who believe... That power is like the working of His mighty strength..."

“Courage isn’t having the strength to go on…  It is going on when you don’t have the strength…” ~ Unknown

“When obstacles arise, you can change your direction to reach your goal; you don’t change the decision to get you there…” ~ Unknown

Ek onthou toe ek op skool was, was ons op 'n kamp waar ons in spanne opgedeel was en waar ons hindernisse moes afle in die donker... Jyt met jou flits, met behulp van 'n kaart en deur middel van spanwerk dan hopelik die eindpunt bereik... Wat belangrik is in so 'n geval of uitdaging, dat een persoon moet leiding neem en dat die span dan sal saamwerk om die eindpunt maklik en suksesvol te bereik... Ek onthou dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, en deur baie ongelyke stukke grond, deur bosse, op smal rante ens geloop het... Maar ons het dit as 'n span gedoen en alhoewel ons nie die voorgeskrewe roete gevolg het nie, was dit iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou...

Met die lewe is dit baie keer soos hierdie scenario... Toe daar bosse was waar daar eintlik pad moes wees, het ons as span geweet dat dit nie die roete kon wees wat vir ons uitgesit was om te stap nie... Maar ons het 'n verkeerde afdraai gevat en om terug te kon kom op die uitgestippelde pad, moes ons deur bosse en ongelykte stukke grond loop om terug te kon kom op die pad wat vir ons op die kaart uitgesit was... Somtyds hou ons op om te bid, en is ons nie ingestel op God se stem of God se wil vir ons lewe nie... Ons probeer om die lewe met sy uitdagings op ons eie aandurf, en wanneer ons dan later net doodloopstrate sien, besef ons weer dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, of dat ons die dinge op ons eie probeer doen het... Jesus laat ons nooit uit Sy sigveld verdwyn nie... Al hoor ons Hom nie duidelik nie,beteken dit nie dat Hy nie daar is nie... Hy is steeds net 'n gebed ver... Hy sal Sy hand van bewaring oor jou hou - waar jy ookal stap... En Hy is meer as bereidwillig om jou te help met die uitdagings wat die lewe jou kant toe laat kom... Hy en Sy woord sal ook jou kompas wees as jy dalk iewers jou pad verloor het... Al voel dit ook onmoontlik - God is groter... Hy sal sorg...

Mag God jou die pad wys wat Hy vir jou uitgesit het... Een vol blessing en een vol van Sy liefde en wonderwerke vir jou lewe...
 
blessings!
 
anel xx

No comments: