Wednesday 2 December 2015

“No one ever won a chess game by betting on each move. Sometimes you have to move backward to get a step forward…” –Amar Gopal Bose

Haloes! :)

“No one ever won a chess game by betting on each move. Sometimes you have to move backward to get a step forward…” –Amar Gopal Bose

Psalm 9:9

“The LORD is a stronghold for the oppressed, a stronghold in times of trouble. And those who know your name put their trust in you, for you, O LORD, have not forsaken those who seek you…”

Psalm 23:4 

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for you are with me;  your rod and your staff,  they comfort me…”

“Inside of a ring or out, ain't nothing wrong with going down. It's staying down that's wrong...” –Muhammad Ali

“My attitude is that if you push me towards a weakness, I will turn that weakness into a strength.” – Michael Jordan

Hierdie is ‘n super cool aanhaling - No one ever won a chess game by betting on each move.  Sometimes you have to move backward to get a step forward…  Ons druk onsself baie keer met besluite – en dat die regte keuses DIE sal wees wat jou vorentoe laat beweeg – DEUR die moeilike tye…  Mens is geneig om altyd vas te kyk in die moeilike tye, en te vergeet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie!  Dis soos om op ‘n rollercoaster te ry…  Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die rit – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…

As ek vanoggend moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak…  Wanneer mens vasgevang is in ‘n situasie of probleme jou van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien…  Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak die probleme met ‘n negatiewe uitkyk, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is…  Die GOEIE nuus vanoggend, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie!  Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die laaste stukkie van die jaar, asook net voor die begin van ‘n nuwe jaar!  Jesus stap saam met jou!!  Al kom daar dae wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…  Hy sal jou elke dag van hierdie jaar equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!

Blessings!


Anel xx

No comments: