Tuesday 8 December 2015

“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…” ~ Eric Thomas


Haloes! :)
“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…”  ~ Eric Thomas
 
Galatians 6:9
 
“And let us not grow weary in well doing, for in due season we shall reap if we faint not…”
 
Romans 5:2
 
“We confidently and joyfully look forward to actually becoming all that God has in mind for us to be…”
 
“Although my circumstance was homelessness, my vision was not…” ~ Eric Thomas
 
“The most pathetic person in the world is someone who has sight but no vision.” ― Helen Keller
 
Eric Thomas is ‘n groot inspirasie van iemand wat nie toegelaat het dat sy omstandighede bepaal wie hy word nie…  Hy was “homeless”, die eerste een in sy familie wat dit gemaak het tot by Universiteit…  Wat gesukkel het met sy studies, maar uitgestyg het bo ALLES, omdat sy hoop en vertroue in God was…  As jy bietjie inspirasie nodig het, google Eric Thomas…  Daar is baie van sy motiverings op die internet wat jy verniet kan luister…  Hoe lyk jou omstandighede vanoggend?  Is jy sonder hoop?  Sonder werk, sonder vriende, sonder liefde, eensaam of hartseer?  Voel jou lewe dalk super deurmekaar en sien jy nie in wat God probeer doen, of waarheen jy oppad is nie?  As jy dan nou vir ‘n oomblik jou omstandighede buite rekening laat, al die deurmekaargeid op ‘n hopie sit, heeltemal eenkant toe skuif en die lewe vierkantig in die oë kyk – wat sou jy in die volgende uur, dag of jaar wou doen as daar GEEN limiet is op wat jy sou kon doen nie?  Nou is my uitdaging vir jou – gaan doen dit…  God is tans besig om aan jou situasie te werk…  Hy is in beheer oor jou lewe, en Hy weet wat moet gebeur, hoe dit moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur om vir jou absolute oorwinning te gee, deur Sy krag wat deur jou werk…  Hy wil hê dat jy ‘n VOL lewe moet hê…  Een vol aangegrypte geleenthede, een waar jy die wêreld verander, een tree op ‘n slag, deur Sy genade en liefde wat jou verander om God se hande en voete op hierdie aardbol te wees…  
 
Wanneer mens konstant in jou omstandighede gaan vaskyk, eerder as om jou oë op te lig, en op Jesus gevestig te hou, gaan jou visie en drome vir jou lewe ONMENSLIK baie ingeperk word!!  “Although my circumstance was homelessness, my vision was NOT!” ~ Eric Thomas…  Al was al die odds teen Hom, het Eric geweet Hy het die EEN geheime wapen wat vir hom die oorwinning sal gee…  Wat aan Hom ‘n fighting chance sal gee, deur die regte deure op die regte tye oop te maak, en sy harde werk sal beloon…  Ons moet aanhou veg vir ons drome…  Vir ons ideale, en om in die proses God se hande en voete op hierdie aarde te wees…  As jy jou beste gee, sal God sorg vir die res…  Hy beloon die hardwerkende…  Hy beloon die wat met hulle hele hart op Hom vertrou…  Hy sal wysheid gee aan jou wat dit van Hom bid, en Hom vertrou vir insig…  God wil vir jou ‘n BAIE groter lewe gee as wat jy op die oomblik vir jouself gun!!  Vertrou Hom daarvoor…  Moenie jouself inperk omdat jy besef jy is feilbaar nie…  God is nie!  En wanneer jy deur SY krag werk, is daar GEEN beperking wat jou moet of kan inperk nie…  Jesus wil jou seën…  Maak oop daai arms van jou, en ontvang dit wat Hy vir jou het…

Blessings!
anel xx

No comments: