Sunday 31 January 2016

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Bid asb saam vir ons boeties en sussies in Christus.

Mag julle 'n ongelooflike geseende week he!!

"That which is meant for you - won't pass you by..." - Unknown

Mark 9:23 - "Everything is possible, for the ones who believe..."

blessings!

anel xx

Anoniem 1:  Ons vriende se seuntjie 5 jaar oud Luis – is siek aan kanker.  Hy het die kanker in altwee longetjies en die bokant van sy  buik.
Dit is n seltsame kanker – oor die hele wereld het hulle die kanker nog nie by n kind gekry nie.
Hulle was nou orals – die spesialiste in Switzerland het almal saamgekom – hulle het Duitsland by betrek – maar die uitslae bly dieselfde.
In Amerika het hulle n volwasse gehad wat die kanker het – daar kon hulle n sekere medikasie vir hom gee – maar die medikasie is 
Nie vir n kind bedoel nie.
Hy het ontsettend pyn en kry baie swaar.  Ons vra dat almal vir hom asseblief sal bid.

Anoniem 2:     My ma se gesondheid:  Vir 69 jaar was my ma gesond en aan die gang en toe verander alles. Vanaf Januarie 2015 het sy ‘n senuwee wat in haar lae rug vasknyp en allerhande drama veroorsaak. Ons vind toe ook uit dat die mediese fonds opsie waarop sy is, nie enige rug- of nekoperasies dek nie. Ons was intussen by Tygerberg Hospitaal se ortopedie afdeling, maar dinge gebeur BAIE stadig en sy ervaar daagliks pyn en ongerief in haar bene a.g.v. die senuwee wat vasknyp. Haar volgende afspraak by die ortopeed is 16 Maart 2016. Bid asb dat hulle haar gou sal kan opereer of dat daar op ‘n ander manier genesing sal kom.

Anoniem 3: My broer se dogter (studies en finansies):  My broer se dogter is 19 en bly al vir die afgelope 8 jaar by ons in die huis. My broer is in 2012 oorlede en haar ma (hulle was geskei) kan agv finansiële redes nie vir haar sorg nie. Sy gaan nou by CPUT Wellington Onderwys swot, maar sy is nie akademies  baie sterk nie en ons maak van studielening gebruik. Ons het aansoek gedoen vir beurs, maar hoor eers in Maart. Ek glo werklik dat die Here sal voorsien vir haar, maar ek wil vra dat jy sal bid dat sy haar kant sal bring en dat die finansies goed sal uitwerk. Ek worry maar baie oor haar.

Anoniem 4:  Gebed vir 'n ouerpaar wat al bietjie ouer is en sukkel om swanger te raak.  Dat God hulle die rustigheid en vasbyt sal gee om te vertrou, vir Sy tyd...

1 comment:

Anonymous said...

My sussie (25 jaar) is gediagnoseer met n autoimmune siekte, en dit gaan nie goed met haar nie. Sy is baie sieklik, en sy sukkel ook om emosioneel daarmee te cope. Sy gaan Junie vir verdere toetse. Ek vra dat julle asb vir haar sal bid sodat sy deur die moeilke tyd God se liefde sal ervaar, en ook dat God geneesing sal bring. Bid ook asb vir ons as n gesin wat haar moet bystaan, maar self ook deur n moeilike tyd gaan. Baie dankie. Xx