Sunday 17 January 2016

Die eerste en laaste gedagteki...vir nou...

 Hi julle ongelooflike mense… 

Ek hoop dat julle almal ‘n heerlike ruskans en baie geseende Feestyd saam met geliefdes agter die rug het…  Ek’t lank gewroeg en gebid oor die Gedagteki vir die daggie – en dis met swaar hart dat ek julle laat weet dat die stuk wat jy nounet ontvang het, vir eers my laaste stuk is…  Mense het my al so baie gevra oor wanneer ek ‘n boek gaan uitbring, en dis werklik iets wat elke jaar op my bucketlist is, maar tussen werk, Kerk, "die lewe" en die daaglikse skryf van die gedagteki, is dit iets wat altyd net op die “bucketlist” bly…   2016 is die jaar wat ek dit wil najaag, en ten einde dit behoorlik te doen, moet ek vir eers ‘n “sabattical” van die daaglikse skrywe vat…

Dit was vir my ‘n ongelooflike 8 jaar wat ek dit al doen, en God het my gebless om soveel van julle te leerken en saam met julle te kon bid…  Weet asb dat indien jy nodig het om ‘n gebedsversoek deur te stuur, my email steeds 150% beskikbaar is…  Ek weet net dat God my vir eers op ‘n ander plek wil gebruik…  My gebed is dat julle elkeen ‘n ONGELOOFLIKE geseende 2016 sal he…  Mag God jou omboul met Sy goedheid, liefde en blessing, en mag jou beste oomblikke van 2015, jou slegste wees van 2016…

Numeri 6:24-26 is my vers vir julle vir julle toekoms – “Mag die Here julle seen en julle beskerm… Mag die Here tot julle redding verskyn en vir julle genadig wees…  Mag die Here julle gebede verhoor, en aan julle Sy vrede gee…”

Baie blessings vir jou!


Anel xx

1 comment:

Unknown said...

Dis met groot Verlies dat jy nie meer God se woord hier gaan skryf nie.
Ek deel jou woord met 1000 manne elke oggend en hulle sê jou boodskap is raakend en gee hulle so baie moed vir die dag. Maar as God jou in 'n ander manier wil gebruik is dit goed. Jy sal meer blessings kry. Ek bid vir jou al die seen toe en sterkte met daai boek.

Mooi geseende dag verder en vir die jaar.

Groete
Frikkie