Monday 1 June 2015

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

Haloes! J

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

1 Peter 4:19

“So if you are suffering according to God’s will, keep doing what is right and trust yourself to the God who made you, for He will never fail you…”

Romans 12:2

“Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, that you may prove what is good and acceptable and perfect will of God…”

“Inside the will of God there is no failure…  Outside the will of God there is no success…” ~ Bernard Edinger

“Few things are impossible to diligence and skill. Great works are performed not by strength, but by perseverance.” ― Samuel Johnson

Veg of vlug?  Watter een is jy?  “When the going gets tough” – hardloop jy weg?  Of hardloop jy die moeilike situasie tegemoet en gee jy alles wat jy het om die uitdaging hok te slaan en jou beste te probeer?  Nou kan ek sommer ‘n klompie mense hoor sê – dit hang af van die situasie…  As dit iets is wat in my comfortzone val, sal ek 150% gee, en aanhou probeer, selfs al is daar niks hoop meer oor nie…  Maar as dit iets is waarmee ek nie vertroud is nie – iets wat buite my comfortzone is, sal ek twee keer dink oor of ek dit gaan aanpak of moontlik sal kan baasraak…

As Thomas Edison of Alexander Graham Bell moes opgee toe  hulle moeilikheid in hul navorsing teëgekom het, was ons dalk vandag nogsteeds sonder elektrisiteit of telefone…  Die selfone wat deesdae uitkom is so gevorderd dat jy amper alles met dit kan doen…  Dit is maar slegs vanweë die feit dat iemand ‘n idee gehad het, en nie bang was om te misluk in sy probeerslae, totdat hy ‘n wenresep ontwikkel het nie…  Ek dink dat dit baie keer die vrees van mislukking is, wat maak dat ons opgee nog voordat ons probeer…  Ons werk ‘n situasie al uit nog voordat dit gebeur het – net om onsself teen mislukking, hartseer of pyn te beskerm…  Ek dink dat baie keer, weerhou ons, onsself daarvan om te lewe…  Ons sien so baie “onheil” op ons lewenspad (baie keer vrese wat ons het, en wat ons dan probeer hanteer nog voordat enige iets gebeur het)…  Ek dink ons mis uit op deurbraak geleenthede in ons werke, ons mis uit op geleenthede waar ons, onsself kan equip om sterker en beter ontwikkelde mense te wees…  Ons mis uit op vriendskappe, liefde, kameraadskap, goeie tye…  Want ons hou op om drome of geleenthede te “pursue” om te keer dat ons misluk of seerkry…  Iemand het eenkeer gesê – as jy nie foute maak nie – is dit ‘n bewys dat jy nie probeer nie of dat jy nie leef nie…  Ek bid dat God Sy wil vir jou lewe vir jou sal duidelik maak soos wat jy jou stiltetye saam met Hom deurbring…  Mag HY enige vrees van mislukking uit jou woordeskat haal…  Winners never quit, and quitters never win…  As jy nie probeer nie, gaan jy nie weet nie…  Moenie eendag spyt wees oor jy nie steeds nie weet nie…

Blessings!

Anel xx

No comments: