Tuesday 2 June 2015

“Faith is not believing God can, but that God will…” ~ Anonymous

Haloes! J

“Faith is not believing God can, but that God will…”  ~ Anonymous

Romans 15:13

“May the God of hope fill you with all joy & peace of believing, so that by the power of the Holy Spirit, you may abound in hope…”

Hebrews 10:23

“Let us hold fast the confession of our hope without wavering, for He who promised is faithful…”

“God is more anxious to bestow His blessings on us, than we are to receive them…”  ~ Augustine of Hippo

“FAITH – it does not make things easy, it makes it possible…” ~ Luke 1:37

Miskien voel jy alreeds of jy die jaar wil "rewind" en voor begin... 5 Maande is al iets van die verlede!! Hierdie "rewind" of "oorbegin gevoel kan wees vanweë die feit dat die jaar te vinnig onder jou uit hardloop, of miskien omdat jy alreeds teleurstellings ervaar het, ten opsigte van doelwitte wat jy gehad het. Miskien het sameloop van omstandighede jou net teleurgestel en wens jy, jy kon net 'n skoon blaadjie hê en weer probeer om jou doelwitte te bereik; of sommige situasies net op 'n ander manier benader en hanteer... Die liedjie - "if I could turn back time" het by my opgekom toe ek hierdie geskryf het :)

Soos wat die son elke oggend opkom, so is God se genade ook elke dag nuut... Ons het elke dag 'n splinternuwe blaadjie in ons lewensboek, en deur God se genade, kan ons ELKE dag oorbegin... Ons hoef nie te wag vir die einde van die jaar om 'n "skoon begin" te kry nie... Ons hoef ook nie die tyd om te wens nie... Ons kan net bid, en vir God vra om ons ingesteldheid saam met ons gedagtes te vernuwe... Dat die begin van 'n nuwe dag, vir ons soos die begin van 'n nuwe jaar sal wees... Dat ons met afwagting sal uitsien na die daaglikse uitdagings, asook ons drome en doelwitte en dat ons vuur en vlam sal wees om uitdagings, doelwitte of situasies wat anders uitgedraai het as wat ons wou, aan te pak... God kan daai "gevoel" vir jou daagliks voorsien... As jy spesiale tyd saam met Hom spandeer, en bid, sal Hy sorg...

Geen berg sal te hoog wees, en geen dag te sleg wees vir jou om jou beste te gee nie... Bid dat God vir jou sal dankbaarheid gee vir die jaar sover, en afwagting vir dit wat nog kom... Maak jou bucket list (lysie van goed wat jy vir die res van die jaar wil doen of bereik) sommer vandag... Pas die oue aan, of skryf sommer 'n nuwe ene... Net omdat dit al Junie is, beteken nie jy moet ophou droom, of reeds die jaar "afskryf" as 'n slegte jaar, omdat 'n paar dinge nog nie uitgewerk het nie... Vir daardie "slegte" goed, is daar ook 'n rede, en God het 'n plan daarmee... Sien dit net as 'n klippie in jou pad - wat nie jou visie vir die res van die jaar gaan opvoeter nie... GENIET vandag :)

blessings!

anel xx

No comments: