Thursday, 25 April 2013

“You never know how strong you are, until being strong is the only choice you have…” ~ Unknown


Haloes! J

“You never know how strong you are, until being strong is the only choice you have…”  ~ Unknown

Psalm 91

Whoever dwells in the shelter of the Most High will rest in the shadow of the Almighty.   I will say of the Lord, “He is my refuge and my fortress, my God, in whom I trust.” Surely he will save you from the fowler’s snare and from the deadly pestilence.  He will cover you with his feathers, and under his wings you will find refuge;  his faithfulness will be your shield and rampart.  You will not fear the terror of night, nor the arrow that flies by day, nor the pestilence that stalks in the darkness, nor the plague that destroys at midday.  A thousand may fall at your side,  ten thousand at your right hand,
but it will not come near you.  You will only observe with your eyes and see the punishment of the wicked. If you say, “The Lord is my refuge,” and you make the Most High your dwelling, no harm will overtake you, no disaster will come near your tent.  For he will command his angels concerning you
to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he[b] loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name. He will call on me, and I will answer him;  I will be with him in trouble,
I will deliver him and honour him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

“Prayer is the key to heaven, but faith unlocks the door…”  ~ Unknown

“The weakest part of my life, can become the strongest part of my faith…”  ~ Unknown

Was jy al ooit uitgesluit uit jou huis of motor??  Ek dink nie daar is iets wat erger is, as jy PRESIES weet waar jy die sleutel gelos het, maar dat daar absoluut GEEN manier is om by daardie sleutel uit te kom nie J  Dit het een dag met ons gebeur terwyl ons bure afgesien het…  My sussie het niksvermoedend by die huis uitgekom en die voordeur toegetrek, terwyl ons almal buite gestaan het sonder ‘n sleutel J  Ons het ALLES probeer, soveel bosse sleutels van bure gehad wat ons probeer pas het op ons agterhek en deur…  Wonder bo wonder was daar ‘n sleutel wat op ons agterdeur gepas het, waar ons toe met ‘n stok die agterhek- en deursleutel van die yskas af moes gelig kry!  Dit was pure geluk dat ons bure beskikbaar was om ons te help, en dat ons ander bure al so baie verhuis het, dat hulle bosse en bosse sleutels gehad het…  Indien daar nie ‘n sleutel was wat sou pas nie – is die enigste ander genade om die deur af te breek en dan uiteindelik ‘n nuwe slot op te sit…

Ek dink ons leef baie keer so…  Dat wanneer God te lank stil is na ons sin, breek ons as’t ware die deur oop wat so lank vir ons toe bly…  Partykeer is daar mos dinge wat ons WIL hê, wat net nie na ons kant toe kom nie…  Wanneer ons daardie deure afgebreek het, en uiteindelik die geleentheid kry, werk dinge nie altyd uit soos ons gehoop het nie…  Ons kom dalk agter dat dit nie eintlik is wat ons wou hê nie (ek dink byvoorbeeld aan verhoudings), en ons kry dalk in die proses so seer, dat dit eintlik beter sou wees as die deur net toegebly het…   Of dit wat soos ‘n geleentheid gelyk het, breek ons siel totaal en al en verander ons in mense wat ons nie wil wees nie…  God gee gewoonlik aan ons die krag om AL hierdie dinge te hanteer – hoe moeilik dit ook al is, en met TYD, genees Hy ons gebroke harte, siele en gee Hy weer aan ons nuwe hoop en moed vir dit wat voor ons lê…  Dus, al voel dit soms of God nie dinge wil laat gebeur wat jy SO graag wil hê nie – is dit gewoonlik omdat God vir jou iets SOVEEL beter het as wat jy OOIT vir jouself gedroom het!!!  Al wat Hy vra, is dat jy moet aanhou glo, aanhou bid en aanhou vertrou…  Hy SAL jou nie ‘n oomblik alleen los nie, en Hy het GROOT planne vir jou lewe!  Hy wil aan jou ‘n EXPECTED ENDING gee – hoop vir jou toekoms!!  As jy dalk tans met ‘n gebroke siel sit – gee die stukke oor in God se hande…  Want Hy SAL en KAN jou heelmaak…  Sodat jy met ‘n expectant hart kan uitsien na dit wat Hy vir jou beplan, en dat jy elke dag kan laat tel!!!  Dat jy sal LEWE en nie sal bestaan nie…  Dat jy nie sal vaskyk na die gebrokenheid van die wêreld nie, maar dat jy die OORVLOED, seën en liefde wat Hy vir jou het, elke dag sal raaksien…  Ons is waar ons is, deur GENADE…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!!!

Blessings!

Anelli**

No comments: