Tuesday 16 April 2013

“You will never do anything in this world without courage... It is the greatest quality of the mind next to honour…” ~Aristotle

Haloes! J

“You will never do anything in this world without courage...  It is the greatest quality of the mind next to honour…” ~Aristotle
John 11:41

“So they took away the stone. Then Jesus looked up and said, “Father, I thank you that you have heard me…”

John 16:33

"I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world."

"To live is the rarest thing in the world. Most people exist, that is all.” ― Oscar Wilde

“Life is an opportunity, benefit from it.
Life is beauty, admire it.
Life is a dream, realize it.
Life is a challenge, meet it.
Life is a duty, complete it.
Life is a game, play it.
Life is a promise, fulfill it.
Life is sorrow, overcome it.
Life is a song, sing it.
Life is a struggle, accept it.
Life is a tragedy, confront it.
Life is an adventure, dare it.
Life is luck, make it.
Life is too precious, do not destroy it.
Life is life, fight for it.” ― Mother Teresa

Ek is seker jy hou van geskenke??  Dis altyd lekker om geskenke te kry, want ek glo dit laat ’n mens ALTYD spesiaal en geliefd voel…  Sommige mense het ook ’n gawe gekry om soveel moeite in ’n geskenk in te sit, dat dit sommer ’n mens se hart warm maak wanneer jy dit ontvang, omdat jy daardeur besef dat jy saakmaak…  Netso is die lewe ’n GESKENK van God…  Elke dag is ’n nuwe geleentheid om vir God te lewe, met die tyd wat Hy vir ons as ’n geskenk gee…  Die goeie nuus is ook – ons kry elke dag ’n skoon bladsy, om opnuut te skryf aan ons lewensstorie…  Om opnuut impak te maak in die mense se lewens wat jou pad kruis…  Ek dink ons sê maklik dat die lewe kort is, maar ek dink nie die realiteit van daardie woorde sink altyd in nie…

 Ek’t vanoggend gehoor van ’n vriend wat saam met my op Universiteit was, wat die naweek oorlede is…  Hy het beheer oor sy motor verloor…  Dit het absoluut my hart gebreek!!  Hy was een van daardie mense wat ek nog NOOIT sonder ’n glimlag gesien het nie…  Hy sou altyd gesels het as jy in hom vasgeloop het, en hy was ’n ongelooflike voorbeeld van iemand wat  ‘n kind van God is – hy het dit deur sy leefwyse uitgestraal…  Dit het my net weer opnuut laat besef dat ons nie weet wanneer ons laaste dag sal wees nie…  Ook nie wanneer God weer kom om ons te kom haal nie…  Dus moet ons sorg, dat ons ELKE dag lewe asof dit ons laaste ene kan wees…  Ons moet seker maak dat ons die tyd wat aan ons geskenk word, laat tel vir iets!  Moenie geleenthede by jou laat verbygaan omdat jy bang is nie…  Moenie ’n dag afsluit deur kwaad te gaan slaap nie…  Wees dankbaar vir alles waarmee God jou seën…  Wanneer mens moeg is, raak mens geneig om die goeie goed (of seën in ons lewens) mis te kyk…  God wil jou gebruik…  Die feit dat daar asem in jou longe is, beteken dat jy nog ’n DOEL het om te vervul…  Bid dat God dit aan jou sal openbaar as jy nog nie weet wat dit is nie…  En maak seker jy LEEF…  Moenie net deur die motions gaan nie – maar maak seker dat jou lewensverhaal een van impak, een van avontuur, liefde en invloed is…  Dat indien ’n onbekende persoon dit lees, hulle reaksie sal wees – wow…  hierdie persoon was ’n inspirasie – ’n voorbeeld van iemand wat ALLES voluit aangepak het…  Indien jy dalk moeilike tye teëkom, kan jy rus in die wete dat God by jou is – en dat Hy absoluut niks oor jou pad sal stuur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…

Blessings!

Anelli**

No comments: