Sunday 14 April 2013

“Forget all the reasons it won’t work and believe the one reason that it will.” – Unknown


Haloes!  :)

 “Forget all the reasons it won’t work and believe the one reason that it will.” – Unknown

Matthew 11:28

“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest…”

Romans 15:4

“For everything that was written in the past was written to teach us, so that through the endurance taught in the Scriptures and the encouragement they provide we might have hope…”

“It’s hard to wait around for something you know might never happen; but it’s harder to give up when you know it’s everything you want.” – Unknown

 If one dream should fall and break into a thousand pieces, never be afraid to pick one of those pieces up and begin again.  ~Flavia Weedn, Flavia and the Dream Maker, © Flavia.com


Wanneer jy ‘n saadjie plant, is die plantjie dadelik sigbaar?  Die antwoord is natuurlik NEE!  Jy moet seker maak dat die plantjie genoeg sonlig het, goeie grond wat gereeld bemes word, genoeg water, en net genoeg omgee…   En belangrikste van alles - dit neem TYD.   Tyd om te ontkiem, tyd om wortel te skiet, en tyd om te groei...  My en jou lewens is dieselfde...  As ons alles moes weet, sou ons so gebore geraak het...  Alles wat die moeite werd is vat TYD... Ons kyk baie keer vas in die “berg” van die uitdaging wat voor ons lê…  Daar is soveel “moontlike obstacles” wat ons al uitput nog voor ons begin het, en wat ook somtyds kan lei daartoe dat ons besluit dat dit minder moeite is om eerder nie te begin nie…  Drome bly drome, en ons mis baie keer uit op dit wat kon wees…  Ek love hierdie aanhalings!!  Moenie opgee as jy WEET wat jou gelukkig maak / sal maak nie…  Moenie skrik vir ‘n uitdaging nie – saam met God kan jy ENIGE uitdaging kafdraf…  Al hoe jy jou drome gaan waar maak, is om dit na te jaag!  Al kom dit dalk nie vinnig nie – byt vas!  As ‘n droom in duisend klein stukkies breek, is daar 1000 nuwe geleenthede om na te jaag…

Ek dink ons is so saamgestel dat ons kyk na die “groot mislukking”  wanneer ‘n droom of paadjie wat jy gestap het nie uitwerk nie, eerder as die GROOT geleenthede (dikwels meer as 1) wat daaruit voortvloei…  Goeie dinge vat tyd…  My een vriendin sê altyd - "Good things comes to those who WAIT..."  Ek wil byvoeg - "wait on the Lord..."  Ek glo dat God op die regte tye, die regte mense en die regte geleenthede na vore bring…  Ons moet net nie bang raak of ophou glo wanneer dinge langer neem  om te gebeur, as waarop ons gehoop het nie…  Solank as wat jy glo en vertrou, sal God deure oopmaak in jou lewe wat GEEN mens sal kan toemaak nie...  Deure van finansiele sekurteit, werksekuriteit, liefde, vriende, gesondheid ens...  Earl Nightingale het gesê - Don't let the fear of the time it will take to accomplish something stand in the way of your doing it.  The time will pass anyway; we might just as well put that passing time to the best possible use…  Wat het jy om te verloor?  Van elke probeerslag is daar 3 moontlike uitkomste – sukses, mislukking of geleentheid…  Dit hang af hoe jy daarna gaan kyk J  Ek weet nie hoe jou lewe vanoggend lyk nie…  Miskien voel jy moeg, sonder moed, of sommer net sonder rigting of doel…  God is by jou – in jou donkerste nag en Hy sal jou nie ‘n oomblik alleen los om die “music te face”  nie… Jy het vandag 'n NUWE dag vol van potensiaal wat voor jou le...  Carpe Diem - Grypdie dag!  Kutless sing in hulle een liedjie – “impossible is not a word, it’s just an excuse not to try…”  Moenie in die woord “impossible” vaskyk nie…  Met God aan jou sy is ENIGE IETS moontlik!!

Blessings!

anelli**


No comments: