Thursday 4 April 2013

Those who walk with God, always reach their destination… ~ Unknown

Haloes! J

Those who walk with God, always reach their destination…  ~ Unknown

1 John 5:14-15

“And this is our confidence, that if we pray according to His will, He will hear us, and give us what we ask for, because our desires are in agreement with His thoughts for us…”

Hebrews 11:6

“Without faith, it is impossible to please God. For he who comes to God must believe He exists, and rewards those who diligently seek Him…”

The five W’s of Life

Who you are is what makes you special…  Do not change for anyone…
What lies ahead will always be a mystery…  Do not be afraid to explore…
When life pushes you over, you push back harder…
Where there are choices to make, make the one you won’t regret…
Why things happen will never be certain…  Take it in stride and move forward…

“Life is short…  There is no time to leave important words unsaid…” ~ Unknown

Het jy al ooit begin “op ’n mission”, oppad na ’n sekere eindpunt of om ’n spesifieke doel te bereik, net vir dinge om totaal en anders uit te werk as wat jy ooit sou kon dink?  Ons kan beplan soos ons wil, maar die lewe het ’n manier om partykeer die perfek uitgewerkte plannetjies totaal en al omver te gooi…  Partykeer werk dinge BAIE beter uit as wat jy ooit sou kon droom of hoop, maar daar is ook tye wanneer die teendeel waar is…  Wanneer teleurstelling aan die orde van die dag is en jy nie altyd weet hoe om al die veranderinge of omverwerpinge te hanteer nie…  Dit kan veroorsaak dat jy die dag van môre begin vrees…  Of begin twyfel in jou vermoëns, of partykeer selfs in God…  Jy het dan in vertroue gehandel, gebid en geglo dat goeie dinge op jou wag, maar die harde realiteit was egter presies die teenoorgestelde??

Hierdie stukkie wat ek gekry het oor die 5 W’s van die lewe, is vir my ’n pragtige “reminder” aan dinge wat ons moet onthou…   Vir mense wat vir jou omgee en jou liefhet, moet dit nie nodig wees dat jy iets moet wees wat jy nie is nie of dat jy jouself moet “bewys” om hulle vriendskap te verdien nie…  Hulle moet jou liefhê vir wie en wat jy is…  Die toekoms gaan altyd vreesaanjaend lyk, omdat dit natuurlik is dat ons skrikkerig sal wees vir die onbekende…  Ons kan rus in die wete dat God elke tree saam met ons sal gee, en in die tye wanneer dinge anders uitwerk as wat ons beplan, is dit omdat Hy vir ons iets beters droom en “in store het” as wat ons vir onsself het…  Wanneer jy val, of misluk, moenie bly lê nie – staan op en veg terug…  Niks wat die moeite werd is, kom ooit maklik nie…  Wanneer jy moet keuses maak, neem mens baie keer ANDER mense in ag…  Neem die besluite, gebasseer op dit wat vir JOU gelukkig sal maak…  Mens is dikwels meer spyt oor dinge wat jy nie najaag nie of dinge wat jy nie gedoen het nie…  Mens dink altyd “daar sal later tyd wees”, maar ekt die afgelope tyd net weer opnuut  besef, dat die lewe SUPER kort is…  Dit wat jy oor droom, en dit wat jy nog wil doen – daar is nie ’n beter tyd as NOU om dit te doen nie J  Slegte dinge gebeur baie dikwels met GOEIE mense…  Al hoe om dit te hanteer, is om deur te druk…  Om 5 minute langer aan te hou as die persoon langsaan jou…  Om 5 minute langer aan God se beloftes vas te hou, om Sy hand te gryp wanneer dit voel of die wêreld wil padgee, en om aan te hou GLO, dat Hy SAL sorg…  Hy het jou oneindig baie lief, en Hy SAL dinge laat uitwerk om vir jou te Seën op die ou end…   As jy jou vertroue in God stel, en saam het Hom stap – SAL jy jou veilig by jou ULTIMATE eindpunt laat aankom…

Blessings vir jou!

Anelli**

No comments: