Tuesday 2 April 2013

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance...” ~ Unknown


Haloes! J

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance...”  ~ Unknown

Psalm 32:8

“I will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with my eye upon you…”

Zephaniah 3:17

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing…”

In Indië was daar 'n waterdraer wat elke dag twee groot potte met water moes  gaan volmaak...  Elke pot het gehang aan 'n punt van 'n paal wat oor sy nek  gedra het...  Een van hierdie potte was gekraak en die ander pot perfek...  Wanneer die waterdraer van die stroom af by sy werkgewer se huis gekom het,  was die gekraakte pot net halfvol water, maar die perfekte pot was heeltemal
 vol...  Natuurlik was die kraaklose pot baie trots op sy prestasie:  Hy was perfek  vir die doel waarvoor hy gemaak is...  Die gekraakte pot was skaam oor sy tekortkomings...  Hy het misrabel gevoel  omdat hy net die helfte van die taak kon doen waarvoor hy geskep is...  Na twee jaar, wat hy as 'n bitter mislukking beskou het, het die gekraakte pot  eendag pot eendag met die waterdraer begin praat...  "Ek is so skaam vir myself en ek wil vir jou sê ek is jammer..." "Hoekom?" het die waterdraer gevra?  "Waarvoor is jy skaam?"  "Die afgelope twee jaar kon ek net die helfte van my watervrag lewer omdat  hierdie kraak in my die water laat uitlek...  Weens my swakheid, moes jy al  hierdie werk doen, maar jy kry nie volle waarde vir jou moeite nie...  Het  die pot gesê... Die waterdraer het met deernis geantwoord...  Wanneer ons nou terugloop huis toe, wil ek hê jy moet langs die pad kyk en al die blomme daar raaksien...  Terwyl hulle teen die bult uitstap, het die gekraakte pot sowaar al die pragtige veldblomme langs die pad raakgesien...  Dit het hom ietwat beter  laat voel, maar toe hulle by die huis kom, het hy weer sleg gevoel omdat die water uitgelek het...  Toe sê die waterdraer vir die pot:  "Het jy opgelet dat daar net aan jou  kant blomme groei?  Dis omdat ek nog altyd geweet het van jou swakplek en  dit benut het...  Ek het blomsaad aan jou kant van die pad geplant.  Elke dag wanneer ons terugloop van die stroom af, gee jy die saad en die blomme  water...  Twee jaar lank al kan ek die blomme pluk en geniet om my werkgewer  se tafel te verfraai... Sonder jou, net soos jy is, sou ons nie hierdie blomme gehad het nie..."  ~ Outeur onbekend

Hierdie storie is vir my ’n ABSOLUTE inspirasie J  Jou bestaan, is nie toevallig nie!  Hoe jy geskape is, en hoe God jou aanmekaar geweef het, was PRESIES deur Hom beplan…  Elke liewe detail van jou lewe het Hy beplan…  Hy het as’t ware ’n blueprint van jou en jou persoonlikheid gemaak voordat jy deur jou ouers verwek is…   Van jou sterkste sterkpunte, tot jou grootste swakpunt – elke “iets” wat jou uniek maak, is spesifiek deur God in plek gesit…  Ek weet dat ons dikwels ons eie grootste vyand is…  Jy het moontlike drome en ideale wat jy wil bereik, maar weens jou swakpunte, werk dinge nie altyd uit soos wat dit moet nie…  Ons raak teleurgesteld, en ook frustreerd, wanneer ons dalk nie altyd die “groot prentjie” meer kan raaksien nie…   Gejaagdheid en oorwerktheid, is dikwels die oorsaak daarvan dat ons nie meer die groot prentjie kan raaksien nie… Ons kyk so vas in alles wat verkeerd is in ons lewens, of plekke waar ons volgens onsself “faal”, dat ons nie die blomme sien wat God in ons lewe laat verskyn nie – as ’n produk van hoe hy ons (met ons swakpunte) gebruik!

Miskien voel jy vandag totaal en waardeloos en sien jy net alles wat verkeerd is in jou lewe…  Dat God jou nie kan gebruik in die Koninkryk nie, weens al jou gebreke…  Miskien kyk jy so vas in jou swakpunte, dat jy nie die sterkpunte wat God in die swakpunte weggesteek het, raaksien nie…  Ek’t laas week net weer tot die besef gekom – ons het 1 kans, en 1 lewe om VOLUIT te lewe!  Ons neem so baie keer “for granted” die dinge waarmee God ons juis seën…  Wees dankbaar vir wat jy het, dank God ELKE dag vir Sy liefde, genade en seën in jou lewe…  En rus in die wete, dat jy PERFEK geskape is vir die doel waarvoor God jou geroep en geskape het…  Hy het jou tog kom verseker in Jeremiah 29:11 – “For I know the plans I have for you, plans to prosper you and not to harm you…  Plans to give you hope and a future…”  Maak seker dat jy dans – elke oomblik wat God jou met Sy musiek bless…  Ekt nou die dag 'n aanhaling gelees - if you are breathing, it means you still have a purpose to fulfill... Hou jou oog op Jesus, en jou vertroue in Hom – Hy sal dinge laat uitwerk soos dit moet, terwyl Hy jou gebruik tot eer en verheerliking van Sy koninkryk... J

Blessings!

Anelli**

 

No comments: