Monday 8 April 2013

“Nobody can make you feel inferior without your consent. It’s not who you are that holds you back, it’s who you think you’re not…” - Eric Thomas


Haloes! :)

“Nobody can make you feel inferior without your consent. It’s not who you are that holds you back, it’s who you think you’re not…” - Eric Thomas

2 Corinthians 4:16-18

“Therefore we do not lose heart. Though outwardly we are wasting away, yet inwardly we are being renewed day by day. For our light and momentary troubles are achieving for us an eternal glory that far outweighs them all. So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen, since what is seen is temporary, but what is unseen is eternal…”

Ephesians 3:20-21

“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”

“I don’t measure a man’s success by how high he climbs, but how high he bounces when he hits bottom…”  ~ George Patton

“Be strong when you are weak…  Brave, when you are scared, and humble when you are victorious…”  ~ Unknown

As ek vandag vir jou vra, beskryf jouself deur slegs 5 woorde te gebruik - 5 sterkpunte en 5 swakpunte?  Hoe sal jou prentjie lyk?  Sal iemand wat jou nie ken nie ‘n behoorlike idee kan kry van wie en wat jy is, wat vir jou belangrik is en waarvoor jy staan, deur net 10 woorde tot hul beskikking te hê?  Ek dink dit sal dalk vir jou ‘n buitelyn van iemand se persoonlikheid kan gee, maar jy sal net ‘n gedeeltelike “getekende prentjie” hê…  Geen kleur of geur nie – omdat jy nie die persoon ken nie…  Ek dink dat ons, onsself baie keer “rate” op hierdie buitelyne van ons lewe…  Ons laat toe dat MENSE negatiewe dinge oor ons lewens spreek…  Ons glo baie keer dat ons swakpunte die rede is dat ons nie ons drome najaag, of deurbrake beleef in ons lewe nie…  Eric Thomas slaan die spyker op die kop!  Dis nie wie jy is wat jou terughou nie – dis wat jy glo jy NIE is nie… 

Ek is seker dat as ek jou vra – is jy God se kind?  Sal jy vir my JA antwoord daarop…  As ek vir jou vra – is daar dinge waarmee jy sukkel in jou lewe, en dinge wat groter en moeiliker is om te hanteer, en uit te sorteer as wat jy ooit gedink het moontlik is, of is daar doelwitte en drome wat jy het, geleenthede wat dalk jou kant toe gekom het, maar dis dinge waarvoor jy te bang is om na te jaag?  Is ek weereens seker daar sal ‘n hele paar wees wat JA daarop sal antwoord…  Die vraag is HOEKOM…  En die antwoord is eenvoudig…  Ons ken onsself, en ons weet dat ons kragte beperk is…  Ons kan moontlik ons ALLES gegee het, maar dit kon dalk steeds TE MIN gewees het…  Daar kan twee redes wees vir hoekom dinge nie uitgewerk het / uitwerk nie…  Ons kan dalk probeer om met ons beperkte krag, dinge te laat uitwerk (dus – ons pak dinge aan sonder God se krag wat in en deur ons werk, of 2 – God het iets beter vir jou ingedagte, as wat jy vir jouself het)… Ons het God se krag ELKE oomblik van die dag tot ons beskikking...  En ek WEET - ons is tot SOVEEL meer in staat SAAM met God, as sonder God... Wat ons net moet onthou – te alle tye is dat KAN NIE – nie bestaan nie…  Fillipense 4:13 sê – Jy is tot ALLES in staat deur God wat jou krag gee…  Jy moet net GLO in jouself – en nie toelaat dat ander mense negatiewe dinge oor jou lewe uitspreek nie…  Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en God se drome vir jou, is groter as dit wat jy ooit vir jouself sal kan hê…  Glo in jouself – want ek kan jou verseker – Jesus glo in jou J

Blessings!

Anelli**

No comments: