Wednesday 10 April 2013

“When writing the story of your life, don’t let anyone else hold the pen…” ~ Unknown

Haloes!

“When writing the story of your life, don’t let anyone else hold the pen…”  ~ Unknown

Jeremiah 29:11 (King James Version)

“For I know the thoughts that I think toward you, saith the Lord, thoughts of peace, and not of evil, to give you an expected end…”

Proverbs 16:9

“The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps…”

“The best dreams happen when you are awake…” ~ Unknown

“Too many of us are not living our dreams, because we are too busy living our fears…” ~Les Brown

Ek het nou die aand ‘n preek gekyk op Hillsong TV…  Aan die einde van die preek,  is daar gewoonlik ’n getuienis van iemand wat gegee word…  Die vrou wat getuienis gegee het, het haar lewensstorie vertel…  Sy was getroud, en dinge het net anders uitgewerk as wat sy OOIT kon droom, want na ’n kort rukkie se getroud wees, het haar en haar man se paaie geskei – baie onverwags…  Sy vertel hoe sy sit en Bybelstudie doen, en hoe sy toe dink aan Jeremiah 29:11…  “For I know the plans I have for you…  Plans to give you hope and a future…”  Sy het vertel dat sy vir 'n lang tyd gewonder het - waar is hierdie vers NOU??  HOE kan dit dan waar wees van haar lewe?  Hoe kan Hy sê dat Hy goeie goed vir haar beplan, maar dat slegte goed dan gebeur met haar?  Sy vertel verder dat sy toe Jeremiah 29:11 in ’n ander vertaling gaan lees het – die King James Version, soos hierbo aangehaal.  En in daardie vers het God haar aandag gevestig op die laaste deel – Hy wil vir haar an EXPECTED END gee…   Sy sê hoe sy besef het dat daar soveel dinge in haar lewe was wat ’n unexpected end gehad het, en dat dit die Here se manier was om haar voor te berei vir dit wat voorlê…   Dit het vir haar nuwe HOOP kom gee…  Want al was die dinge deurmekaar, al het sy nie geweet hoe om sin te maak uit al die slegte goed wat met haar gebeur het nie, het God vir haar kom hoop gee met die feit dat Hy gesê het – die dinge wat in haar lewe gebeur het, is om vir haar sterk te laat eindig…  Om nie define te word deur haar omstandighede nie, maar omdat Sy vir God as haar basis het, te laat opstaan en te LEEF…  Elke oomblik…

Miskien kan jy dalk aanklank vind by hierdie vandag…  Miskien is Jeremia 29:11 een van jou gunsteling verse, en is dit die hoop waaraan jy vashou, maar miskien werk dinge heeltyd anders uit as wat jy gehoop / geglo het…  Miskien voel jy hopeloos, sonder ’n verwagting vir jou toekoms en voel jou drome soos iets wat baie ver weg lê…  Lees weer die King James Version hierbo en ook die vers in Spreuke 16:9…  Jesus is met jou – met elke tree wat jy gee!  Al is daar dinge aan die gebeur in jou lewe wat jy nie verstaan / wat nie sin maak vir jou nie, kan jy aanhou vertrou, want Jesus belowe Hy sal met jou wees en jou STERK laat eindig!  Hy wil net goeie dinge vir jou hê!  Maar dink gou aan ’n TV-speletjie – vir jou om ‘n “level” klaar te maak, moet jy sekere take verrig, en sekere hindernisse of groot uitdagings oorkom…  Dit werk dieselfde met die lewe…  Om deur verskillende seisoene te kom, verg dit dat ons sekere uitdagings moet FACE, hanteer en deur dit werk…  Ons hoef dit nie op ons eie te doen nie, want Jesus is elke oomblik by ons…  Waar dit jou drome aangaan – daar is GEEN tyd soos NOU om dit na te jaag nie…  Ons is die outeur van ons lewensstorie, en ek glo Jesus hou Sy hand oor ons soos ons besig is om daaraan te skryf…  Moenie dat ander MENSE jou lewensstorie dikteer nie…  Dit gaan oor JOU en GOD…  Solank dit in plek is, en jy GELUKKIG is, maak niks anders saak nie…  Dis iets wat ek glo Jesus vir elkeen van ons wil hê – GELUK…  En as jy weet wat jou gelukkig gaan maak – JAAG dit na!  Moenie sit en wag vir dit om na jou te kom nie…  Om ’n mens se drome te bewaarheid, gaan verg dat jy hard moet werk, en jou alles gee…  Maar jy kan rus in die wete – Jesus sal jou support as dit in Sy wil vir jou lewe is…  Bid daaroor!  God het ’n manier om dinge net op ’n wonderbaarlike wyse in plek te laat val wanneer jou drome in lyn is met Sy wil vir jou lewe…  Ek bid dat Jesus jou sal seën…  Ek’t ’n seëngebed vir jou vanoggend -  “Mag Jesus jou seën en jou beskerm…  Mag Hy tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Mag die Here AL jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee… (Numeri 6:24-26)

Blessings!

Anelli**

No comments: