Thursday 18 April 2013

“If you cannot figure out your purpose, figure out your passion… For your passion will lead you right to your purpose…” ~ TD Jakes


Haloes! :)

“If you cannot figure out your purpose, figure out your passion…  For your passion will lead you right to your purpose…”  ~ TD Jakes

Deuternomium 39:19-20

"Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe...  Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee..."

Psalm 37:5

"Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom...  Hy sal sorg..."

"God gee die beste aan hulle wat Hom toelaat om te kies..."  ¬ Anoniem

“Work of a cause, not applause…  Live life to express…  not to impress…  Don’t strive to make your presence noticed…  just make your absence felt…”  ~ Unknown

Hierdie was ‘n MOEILIKE week…  ‘n Week waarin soveel slegte dinge in die wêreld gebeur het…  Die vriend wat saam met my geswot het, is skielik van ons af weggeneem…  Die Boston bombings was volgende, gevolg deur ‘n vriendin van my wie se oupa oorlede is…  En kort op al hierdie dinge se hakke, die ontploffing van die Texas plant, met 100e mense wat gesterf het en nog meer wat ernstig beseer is…  Jy het heel waarskynlik opgestaan vanoggend, die dag tegemoet gegaan, en gedink aan die ellelange lys take wat gedoen moet word...  Jy het beplan, dat die dag heel waarskynlik 'n doodnormale dag sal wees - nl, dat daar lekker dinge sal gebeur, dat daar onvoorsiene dinge sal gebeur, en dat daar tipiese roetine dinge sal gebeur...  Dit wat my vandag weer opgeval het, is dat die al die mense wat geraak was deur hierdie tragedies die afgelope week, ook opgestaan het, heel waarskynlik met dieselfde verwagtings as wat ek en jy koester vir die nuwe dag!  Tog, het God se plan op die onderskeie dae, vir al die mense bietjie anders uitgedraai as wat hulle gedink het…  Families is verpletter, deur die verlies van geliefdes…  Sommiges (soos die Boston bombings) wat absolute SINNELOSE dood gesterf het – deur ‘n persoon, of persone se wraaksugtigheid / net plein selfsugtigheid om genot uit ander se hartseer te kry…   Dinge wat gebeure soos hierdie tot gevolg het, is dat mense sonder hoop, heeltemal verpletter en stukkend gelaat word, omdat alles wat hulle liefgehad het,  in 'n oogwink  van hulle weggeneem is...

Dit kan so maklik ons gewees het...  Of steeds wees...  Die dag en die tyd wat Jesus sal terugkom aarde toe, maar ook wanneer Hy ons individueel kom haal, is vir ons almal onbekend...  Ek weet ons dink altyd: "ja...  daar is nog baie tyd...  Ons moet ophou so in die toekoms probeer lewe, ens ens..."  Tog, op daardie verskriklike dae het van die mense vir die laaste keer vir hulle geliefdes môre gesê - sonder dat hulle geweet het...  Dit was die laaste dag in hulle lewensverhaal, sonder dat hulle dit geweet het...  Hierdie stukkie vandag is nie om jou moedeloos te maak nie, maar JUIS om ons daaraan te herinner om ELKE dag te lewe asof dit ons laaste is... Om die MEESTE te maak van geleenthede...  Om meer tyd aan geliefdes te spandeer, en nie elke oomblik wat ons het, by ons werke deur te bring nie...  Daar is 'n aanhaling wat sê:  "Work to live...  Do not live to work..."  En om nie net te sê dat ons voluit moet lewe, en tyd maak vir mense nie, maar om dit actually te doen!   Al wie ons kan red, wanneer ontploffings, of kwaadstokery plaasvind (dit kan dalk moeilikheid en siekte op die oomblik in JOU lewe wees) is JESUS...  Slegs HY kan vir ons die Ewige Lewe gee...  Al lyk die dag se voortuitsigte vir jou nie lekker nie, kan ons steeds DANKIE sê dat ons bevoorreg genoeg is om 'n nuwe dag tegemoet te kan gaan...  Dat die hartseer van Japan, en Christchurch ons gespaar is, en dat ons kan WEET - Jesus leef...  As ons in Hom glo, en Hom verklaar as ons Pappa en Redder, SAL ons eendag in die Hemel kan baljaar...  Jesus is groter as jou pyn, siekte, hartseer, of moeilike omstandighede…  Hy is REEDS by jou, en sal jou hand nie vir ‘n oomblik los nie…  Mag jy Sy nabyheid, liefde en rustigheid vandag opnuut in jou lewe ervaar!  He will bring hope to the hopeless…  Healing to the sick, and strength for your weakness…  GLO dit!

blessings!

Anelli**

No comments: