Sunday 28 April 2013

“It is our attitude at the beginning of a difficult task which, more than anything else, will affect its successful outcome…” ~William James quotes


Haloes! J

“It is our attitude at the beginning of a difficult task which, more than anything else, will affect its successful outcome…” ~William James quotes 

Isaiah 41:10

So do not fear, for I am with you;   do not be dismayed, for I am your God.  I will strengthen you and help you;  I will uphold you with my righteous right hand.

1 Peter 3:15

But in your hearts revere Christ as Lord. Always be prepared to give an answer to everyone who asks you to give the reason for the hope that you have. But do this with gentleness and respect…

 “’Motivering breek grense af...” ~ Charles Jones

“Persoonlike motivering kom van binne en is een van die belangrikste faktore van sukses en geluk in die mens se lewe... Omdat jou gemoed die sentrum van jou denke en diepste gedagtes is, moet jy baie versigtig wees met wat in jou gemoed omgaan, want dit bepaal jou hele lewe... Laat jou gemoed dus gevul word met die mooie en die goeie!” ~ Johan van Schalkwyk

Ons lewe in tye waar die lewe so gejaagd is, en waar negatiwiteit aan die orde van die dag is... Dis makliker om die negatiewe, eerder as die positiewe raak te sien wanneer mens moeg is, wanneer die dinge net nie in plek wil val nie, of wanneer jy voortdurend met negatiewe mense omring word... Mens kan sonder dat jy dit agterkom, negatiewe gedagtes dink, wat ‘n direkte invloed het op ons motivering, wat weer verhoed dat ons, ons beste by die werk of skool kan lewer, vir ons familie en geliefdes kan daar wees wanneer hulle ons nodig het of sommer net die mens kan wees, wat God ons bestem het om te wees...

Hoe ons mense beïnvloed, hoe ons daagliks ons werk verrig, en hoe ons tot God nader in gebed, hang alles af van ons gemotiveerdheid... Ek het al baie gevind, dat as mens iemand anders motiveer en moed inpraat, voel jy baie keer ook meer gemotiveerd vir dit wat jy moet aanpak... Daar is ELKE dag mense wat oor jou pad kom, wat aan my en jou die geleentheid gee om hulle te kan bemoedig en motiveer, veral as die pad wat hulle moet stap, bietjie langer voel as wat hulle verwag het... Dis partykeer moeilik, veral as jy self voel dat JY motivering of moed nodig het... Vir my en jou is dit makliker – ons kan bid, en die Bybel lees, ten einde bemoediging van God se beloftes te ontvang...

Party mense word deur mislukking gemotiveerd om op te staan, en weer te probeer... Om almal rondom hulle verkeerd te bewys... Ander weer, verloor motivering wanneer dinge nie uitwerk soos beplan nie... Ek wil jou uitdaag... Bou vir jouself elke dag klein “belonings” in jou dag as jy jou doelwitte vir die dag bereik... Dit kan ENIGE iets wees wat vir JOU lekker is... Soos om ‘n gunsteling TV program te kyk, of om ‘n sjokolade te eet... Dit sal sodoende help om jou gemotiveerd te hou, en jou gefokus op jou einddoel te hou... Ek dink ons kry partykeer “blur-vision” – dit is dat ons so gefokus raak op ons eie probleme... Soos ek al baie tevore gesê het – kyk net voor jou, na die taak wat volgende op die “to-do list” is... Moenie nou al bekommer oor die taak wat later kom nie, doen wat jy kan doen, met die tyd tot jou beskikking... En maak seker dat jy mense rondom jou MOTIVEER, deur die manier hoe jy JOU lewe aanpak... ‘n Gemotiveerde mens, is dikwels ‘n inspirasie vir ander... Vat 5 minute uit jou besige dag, en praat iemand anders bietjie moed in, of motiveer hulle... God sal jou in die proses, net soveel, indien nie meer nie, seën, soos jy die ander persoon geseën het... Deur net ‘n bietjie van jou tyd op te offer... Die kans is 99%, dat jy jouself ook in die proses sal motiveer, en moed sal inpraat vir die taak wat voorlê... Jesus is by jou! Moenie bang wees vir wat die dag dalk mag bring nie... God sal jou nie ‘n oomblik alleen laat nie...

Blessings!

Anelli**

No comments: