Wednesday 3 April 2013

Because the people who are crazy enough to think they can change the world, are usually the ones who do… ~ Steve Jobs


Haloes! :)
Because the people who are crazy enough to think they can change the world, are usually the ones who do…  ~ Steve Jobs

Spreuke 3:5-6
"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie... Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop..."

Lukas 1:37

"Niks is vir God onmoontlik nie..."
“It always seems impossible until its done…”  ~ Nelson Mandela

Some of the world's greatest feats were accomplished by people not smart enough to know they were impossible… ~Doug Larson

Ek het nou die dag op die vliegtuig ’n wereldkaart gesien – wat die “flight tracking” gedoen het van my vlug…  Dit het my weer opnuut daaraan herinner - daar is NOOIT ‘n tyd wat die hele wêreld in donkerte gehul is nie?! Wanneer die son op een plek sak, is die son weer besig om iewers anders op te kom! Met ons lewens is dit dieselfde – dit kan dalk vir jou donker voel in jou eie lewe op die stadium… Miskien is jy in ‘n onbevredigende werk, verhouding, huwelik… Of miskien sukkel jy om maand vir maand deur te sien finansieel, en maak nie saak wat jy doen nie, uitkoms wil net nie kom nie… Miskien is jy werkloos en wil die regte werk net nie na vore kom nie, of miskien is jy siek, en sukkel jy om lig te sien aan die einde van die tonnel… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen, al is jy omring deur baie vriende / familie of mense…

Hierdie dinge is als dinge wat ons lewensvreugde, oftewel JOY kan steel… Dit kan ons vul met negatiwiteit, en maak dat ons dag vir dag net die slegte dinge raaksien, omdat ons, ons fokus daarop plaas… Hierdie aanhalings van vandag,is almal vir my gevul met SOVEEL waarheid! ‘n Ander aanhaling wat hierby aansluit, is “the Joy of the Lord is my strength…” God is my en jou sterkte! Hy sal ons kom vul met ‘n innerlike vrede, en geluk wat nie in die wêreld gevind kan word nie… Om gelukkig te wees, beteken ook nie om NIE probleme te hê nie, dit beteken net om God in beheer te stel van daardie probleme en dit nie self te laat probeer uitsorteer nie! Wanneer jy jou lewe in God se hande plaas, is daar EINDELOSE moontlikhede van watter rigting jou lewe kan inslaan!! As jy dalk jouself op ‘n afdraend of skerp opdraend bevind op die oomblik – gee die stuurwiel in God se hande! Hy kan ENIGE tyd jou ‘n u-turn laat maak, en EINDELOSE moontlikhede oor jou pad laat kom!

Onthou – die klein dingetjies in die lewe, is wat geluk bring! Nie die groot goed nie… ‘n Vriendelike glimlag, spesiale herinneringe wat saam met vriende en familie gemaak word… Geld kan sulke dinge nie koop nie… Laat God toe om jou JOY te herstel…  Laat Hom toe om jou te kom vul met nuwe krag vir die laaste stukkie van die week… Hy het jou nog nie ‘n oomblik verlaat nie – Hy stap nog HEELTYD langs jou… Hy sal jou ook hierdie laaste stukkie dra as jy nie meer kan nie… Bid net, en vra Hom…

Blessings!
 
anelli**

No comments: