Monday 15 April 2013

“Life is change. Growth is optional. Choose wisely...” ~ Similar Quotes

Haloes! :)
“Life is change. Growth is optional. Choose wisely...” ~ Similar Quotes
Fillipense 4:6-7
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat mens ooit kan dink…”
Jesaja 40:26
“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle elkeen sigbaar die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”
“In every single thing you do, you are choosing a direction. Your life is the product of choices…” ~ Dr Kathleen Hall, from After your life…
“There are two primary choices in life: to accept conditions as they exist, or accept the responsibility for changing them…” ~ Denis Waitley
Ek dink baie keer is mense so bang om die verkeerde keuses te maak, dat hulle op die ou end geen keuse maak nie… Hierdie aanhalings van vandag is almal vir my groot waarhede!! Ons lewe is die produk van al ons keuses tesame… Jy is vanoggend waar jy jouself bevind, as gevolg van ‘n aantal keuses wat jy gemaak het… Iets wat BAIE belangrik is om te onthou, is dat ons net GEWONE MENSE is, en dat ons somtyds verkeerde besluite GAAN neem… Maar soos my ma altyd sê – ‘n fout is net ‘n fout as jy dit nie kan regmaak nie…
Jesus het deur Sy kruisdood aan ons VRYHEID van keuse kom gee… As jy nie weet wat om te doen nie – BID! God sal jou kom vul met die wysheid wat jy nodig het om die regte besluite te neem!!! Hy sal aan jou kom wys wat die pad van seën is wat jy moet stap, deur jou keuses te “direct” op die regte paaie… Hy sal jou ook nie ‘n oomblik alleen laat as jy dalk weens besluiteloosheid op die verkeerde / geen pad land nie… Jou situasie oftwel jou LEWE vandag kan jy een van twee dinge mee doen… 1. Jy kan besluit om jou moeilike situasie of omstandighede te aanvaar soos wat dit is, of 2. Jy kan die verantwoordelikheid neem om dit te verander (aanhaling van Denis Waitley)…
HOE verander ek my situasie?, vra jy? Deur God jou beginpunt van die reis te maak… Deur Hom eerste te stel, en te bid… Wanneer mens dalk voel of jy nie ‘n rigtingwyser het nie, is dit tyd om stil te raak, en tyd met God te spandeer, dalk terug te keer na Hom as jy dalk bietjie afgedwaal het… Hy sal jou die pad weer wys wat jy moet stap… Hy sal jou situasie kom verander – soos jy nie eens gedink het moontlik is nie!! ‘n Vers wat ek 2 keer laas week gekry het, en vanoggend met jou wil deel (veral as jy dalk ‘n tydperk van sukkel of moeilikheid ervaar) is die volgende: Ephesians 3:20: “Now to Him, who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to His power that is at work within us…”
Met God = alles hierdie week moontlik!! Mag jy dit ten volle ervaar vandag, en ook in die week wat kom… Mag Jesus jou omvou met Sy liefde, en mag Hy jou verstom met elke wonderwerk of blessing (groot klein) wat Hy die week oor jou wil uitstort!
Blessings!
anelli**

No comments: