Sunday 7 April 2013

“The way to love anything is to realize that it may be lost..”. ~G.K. Chesterton


Haloes! :)

“The way to love anything is to realize that it may be lost..”. ~G.K. Chesterton

Matthew 5:43-48 

“You have heard that it was said, ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.’ But I say to you, Love your enemies and pray for those who persecute you,  so that you may be sons of your Father who is in heaven. For he makes his sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.  For if you love those who love you, what reward do you have? Do not even the tax collectors do the same? And if you greet only your brothers, what more are you doing than others? Do not even the Gentiles do the same?  You therefore must be perfect, as your heavenly Father is perfect…”

1 Corinthians 13:4-8

“Love is patient and kind; love does not envy or boast; it is not arrogant or rude. It does not insist on its own way; it is not irritable or resentful; it does not rejoice at wrongdoing, but rejoices with the truth. Love bears all things, believes all things, hopes all things, endures all things. Love never ends. As for prophecies, they will pass away; as for tongues, they will cease; as for knowledge, it will pass away…”

 “Life is short, live it. Love is rare, grab it. Anger is bad, dump it. Fear is awful, face it. Memories are sweet, cherish it.” – Unknown

 “If you can find a path with no obstacles, it probably does not lead anywhere…” ~ Unknown

Abigial Strom het in een van haar boeke die volgende geskryf -  “Love is the only thing we take wih us and the only thing we leave behind…  You can’ force it…  You can’t deserve it…  You can only give it, and accept it…”  Ek’t lanklaas so ‘n raakvat beskrywing van wat liefde is, gelees…  Dit is ook die tipe liefde wat God aan ons bewys - ons kan dit nie verdien nie, ons kan dit net ontvang, deur Sy genade...  G.K Chesterson se aanhaling sluit vir my baie mooi hierby aan…  Die enigste manier om lief te hê, is om te besef dat jy “dit” kan verloor…  Die “dit” kan enige iets wees…  Ek’t hierdie afgelope twee weke net weer besef – die lewe is REGTIG kort…  Ons maak rusies, of ons hou op om met mense te praat omdat HULLE ons seergemaak het…  HULLE was verkeerd, so HOEKOM moet ek die minste wees en jammer sê?  Ons sit partykeer ons lewe op ys, want die werk / skoolaktiwiteite verg so baie van ons aandag dat daar nie nou tyd of krag is om drome na te jaag, of om tyd saam met geliefdes te spandeer nie…  Daar is dinge wat moet klaar!  Wanneer die vakansie kom, sal ek meer tyd hê…  Of wanneer hierdie volgende “deadline” afgehandel is, dan kan ons kyk…

Ek’t die naweek gehoor van ‘n meisie wat voorheen in my straat gebly het (23 jaar oud),  wat bloukolle begin kry het op haar lyf, dokter toe is, en twee weke nadat sy by die dokter was, gesterf het as gevolg van inwendige bloeding veroorsaak deur leukemia…  Dit het werklik my hart gebreek…  Dis iemand wat nog haar HELE lewe voor haar gehad het…  Dit het my net weer opnuut laat besef -  net God weet hoe lank ek en jy op hierdie aardbol gaan wees…  En terwyl ons hier is, moet ons werklik ALLES gee om VOLUIT te leef!!!!   Ons moet besef wat werklik belangrik is in ons lewens, en prioritiseer…  Ons moet partykeer die minste wees, en jammer sê terwyl ons die geleentheid het, sodat ons nie met ‘n leeftyd van “regret” sit nie…  Ons moet die moed hê om kanse te waag, en te weet dat Jesus by ons is – ELKE oomblik van ELKE dag!  Hy sal ons nie alleen laat om uitdagings te FACE nie…  Hy sal voorsien – wanneer ons, ons vertroue in Hom stel, en Hom in beheer van ons lewens stel…  Hy sal dinge in plek laat val – selfs al voel dit asof daar geen manier is hoe daar ‘n moontlikheid uit die gemors is waarin jy jouself bevind nie…  Ons moet dit waag om lief te hê…  Dankbaar wees vir elke geleentheid wat aan ons geskenk is, waarvan ons pragtige herinneringe kon oorhou…  Ons moet dankbaar wees vir die geleentheid wat ons het / gehad het, om sommige van God se engele in ons lewe te kon gehad het…  En ons moet seker maak dat ons nie ‘n ENKELE kans laat verbygaan, om ‘n engel in iemand anders se lewe te wees nie… 

Mag jy 'n pragtige week he!  Make it count!

Blessings!

Anelli** 

No comments: