Monday 1 April 2013

“Nails didn’t hold Jesus to the cross… love did…” ~ Unknown


Haloes! :) 

“Nails didn’t hold Jesus to the cross… love did…” ~ Unknown

Colossians 2:14

“Having cancelled the charge of our legal indebtedness, which stood against us and condemned us; He has taken it away, nailing it to the cross…”

Ephesians 1:4-7

“For he chose us in Him before the creation of the world to be holy and blameless in his sight. In love  he predestined us for adoption to sonship through Jesus Christ, in accordance with his pleasure and will— to the praise of his glorious grace, which he has freely given us in the One he loves.  In him we have redemption through his blood, the forgiveness of sins, in accordance with the riches of God’s grace…”

“We live and die; Christ died and lived!”  ~ John Stott

“EASTER MATH:  1 cross + 3 nails = 4 given” – Unknown

Ek’t van my toer foto’s vergroot, en in groot fotorame in my woonstel opgesit…  Dis vir my lekker om met goeie en spesiale herinneringe omring te word – dit laat die woonstel meer “huis” voel hier in die verte :)  Ek’t so groot geskrik nou die aand, want ek was besig in my kamer toe ek HUGE SLAG hoor…  Toe ek in my leefarea kom, toe het een van die foto’s van die muur afgeval…  Die hitte van die binnenshuise verhitting, het die draad laat smelt waarmee die fotoraam oor die spykers in die muur opgehang was…  Dit het geval, en die raam in flenters gebreek…

Die Kruisiging en Jesus se opstanding het my hieraan laat dink…  Jesus is nie deur spykers vas aan die kruis gehou nie, maar deur Sy liefde vir jou en my…  Hierdie draad van my fotoraam wat gesmelt het, het my laat dink aan ons lewens wanneer ons deur moeilike tye gekonfronteer word… Die lewe boul baie keer 'n paar "curveballs" jou kant toe, wat jou lewe 'n groot uitdaging kan maak!  En wanneer jy die pad sonder Jesus stap, kan dit vir jou baie moeilik raak om al die stukke van jou lewe bymekaar te hou... As Jesus nie vir ons aan die Kruis gesterf het nie, sou ons lewens dalk lankal “flenters” en waardeloos gewees het, want die uitdagings van die lewe kan ons maklik knak…  Uitdagings wat oor ons pad kom, maak dat ons val, en somtyds sukkel om weer op te staan…  As God se kinders, kan ons egter rus in die wete dat LIEFDE WEN (Bouwer Bosch) :)  God se liefde was vir jou en my sooo groot, dat Hy ons as Sy kinders aangeneem het, nog voordat ons Hom gekies het…  Hy is gemartel, en aan ‘n Houtkruis gehang – sodat ek en jy nooit, ooit “waardeloos” hoef te voel nie...  Sonder die Kruis, sou ons die graf moes vrees...    Ons sou swaarkry moes verduur, sonder die hoop op ‘n Ewige lewe...  As Jesus in die graf agtergebly het, sou ons ook geen hoop vir môre kon hê nie...  Ek weet nie of jy tans ‘n stukkende hart het, of sommer net deur die lewe se moeilike uitdagings gekonfronteer word nie…  Hoe groot, of onmoontlik jou situasie vandag lyk – die Kruis en Jesus se oorwinning oor die dood, is soveel groter…  Die feit dat Jesus vir ons gesterf het en OPGESTAAN het uit die dood, is net weereens ‘n bewys van Jesus se HUGE liefde vir jou en my, maar ook dat NIKS, maar NIKS (selfs al lyk dit vir jou HOE onmoontlik), vir God onmoontlik is nie...  Hy het vir ons nuwe krag, nuwe hoop en nuwe lewe kom gee vir die dag van môre...  God het aan ons die LEWE in OORVLOED geskenk die dag toe Hy aan die Kruis gesterf het en 3 dae later uit die dood opgestaan het…  Lewe ‘n lewe van afwagting, want jy kan verseker weet vandag – as jy vir Jesus aanvaar het in jou lewe, SAL JOU LEWE NIE by die dood eindig nie...  As Jesus jou Saligmaker, Verlosser en Pa is, sal die lewe hier op aarde net ‘n inleiding tot ‘n ongelooflike lewe("storie") wees...  Jesus het jou ONEINDIG BAIE lief – gee die stukkendgeid,hartseer en onsekerheid waarmee jy so sukkel oor aan Jesus…  Sit dit sommer nou neer by die voet van die Kruis, Jesus is net 'n gebed ver en Hy sal sorg!

Blessings!

Anelli**

No comments: