Sunday 21 April 2013

“Sometimes you have to stop worrying, wondering and doubting… Have faith that things may not work out how you planned, but just how they are meant to be…” ~ www.wisdomquotesandstories.com


Haloes! :)

“Sometimes you have to stop worrying, wondering and doubting…  Have faith that things may not work out how you planned, but just how they are meant to be…”  ~ www.wisdomquotesandstories.com

Hebrews 10:23

“Let us hold unswervingly to the hope we profess, for he who promised is faithful…”

Hebrews 11:7

“By faith Noah, when warned about things not yet seen, in holy fear built an ark to save his family…  By his faith he condemned the world and became heir of the righteousness that comes by faith…”

“Faith expects from God what is beyond all expectation.” ~ Andrew Murray

 “Faith talks in the language of God. Doubt talks in the language of man.” ~ E.W. Kenyon

Ek’t vanoggend in die kerk gesit, en gedink dat ek nog nie ‘n onderwerp vir die week  se gedagtekies het nie…  Soos ek na die gebedsversoeke gekyk het wat op die bord verskyn het, het ek net in my hart ervaar hoe God vir my wys – sien jy, alle mense het dieselfde dinge waarmee hulle sukkel – daagliks…  Daar is eensaamheid, werkloosheid, moedeloosheid, siekte wat mense lamlê met vrees, hartseer, pyn, finansiële moeilikheid, gebroke harte, bekommernis en vrees vir die onbekende toekoms wat voor ons lê…  In die diens, is dit net oor en oor bevestig dat God GETROU is…  Dat Hy Sy beloftes altyd nakom, en dat Hy ALTYD by ons is…  Ek wil dus hierdie week bietjie stilstaan, by God se beloftes vir jou en my, en hoe ons kan vertrou, maak nie saak hoe donker of onseker dit wat voor ons lê lyk nie…

Ek weet nie hoe jou lewe of situasie vandag lyk nie…  Miskien is jy al mismoedig nog voordat hierdie week behoorlik begin het, omdat jy in ‘n situasie is wat jy nie lekker weet hoe om te hanteer nie…   Miskien sit jy tans met ‘n gebroke hart, oor ‘n verbrokkelde verhouding, die dood van ‘n geliefde, of miskien is jou hart sommer net stukkend omdat dit vir jou voel asof jou lewe net nie meer die moeite werd is nie…  Miskien struggle jy deur siekte, of die siekte van ‘n geliefde, en is die grootsheid daarvan net besig om te veel te word…  Miskien is jy werkloos en sukkel jy in hierdie sukkelende ekonomie om ‘n werk te kry, sekuriteit vir jou familie te verskaf of miskien is die skuld tans besig om baie meer te word as jou inkomste…  Miskien wil die rekeninge net nie balanseer nie, en weet jy nie meer watter kant toe nie…  Vir al hierdie situasies is daar vanoggend net een oplossing – GOD!  Ons probeer baie keer om superman of superwoman van ons eie lewens te wees, en sonder dat ons agterkom, probeer ons die wêreld se probleme op ons skouers dra, en probeer ons oplossings te vind vir die mees onmoontlike situasies…  Ons vergeet dat God reeds meer as 2000 jaar gelede die wêreld se probleme op Sy skouers geneem het, en dit aan ‘n Hout Kruis vasgespyker het…   God is magtig om soveel meer te kan doen as wat ons OOIT sal kan hoop of dink…  Hy het mense uit die dood opgewek, siekes genees, voorsien waar mense honger was, gebroke harte heel gemaak, verhoudings wat verbrokkel het, het Hy herstel…  As jy dalk vandag voel asof jy nie meer ‘n tree verder kan nie – wil ek jou sê, DIS OK!  Kyk OP, want God is by jou – met ELKE tree wat jy gee…  HY sal voorsien, wanneer jy jou situasie voor Sy voete neerlê…  Al die pyn, hartseer, bekommernis en vrese – het Hy reeds voor gesterf…  Hy’t jou ONEINDIG lief, en Hy sal ‘n weg maak, waar dit lyk of daar GEEN weg moontlik is nie…  Soos Hy die Israeliete op droë grond deur die Rooi See laat loop het, So sal Hy hierdie week, en elke dag van jou lewe vir jou sorg – as jy jou probleme by Sy voete kom neerlê, en Hom nooi om saam met jou te loop…  Saam met Hom, is daar NIKS wat TE groot sal wees vir jou om te kan hanteer nie…

Blessings!

Anelli**

Ek’t verlede week ‘n epos ontvang met ‘n gebedsversoek van iemand wie se vriendin se kanker teruggekeer het…  Ek heg dit vir julle aan, en vra dat julle sal saambid dat God in beheer sal wees van die dame se lewe…  Dat Hy die kanker sal gebruik as getuienis in haar lewe, van WAT Hy as ons God, ons Hemelse Pappa en verlosser kan vermag…

Could you please send this request to all the members to please pray for a very good friend of mines wife. It looks like the cancer has come back. Please pray that the Almighty Lord God can heal her and take away the cancer. 

No comments: