Thursday 25 April 2013

“I have learned that faith means trusting in advance, what will only make sense in reverse…” ~ Philip Yancey


Haloes! J

“I have learned that faith means trusting in advance, what will only make sense in reverse…”  ~ Philip Yancey

2 Timothy 1:9

“He has saved us and called us to a holy life—not because of anything we have done but because of his own purpose and grace. This grace was given us in Christ Jesus before the beginning of time…”

Psalm 121:8

“The Lord will watch over your coming and going, both now and forevermore…”

“Dear God, On those days when hope escapes me, when all I am is weary…  When darkness is all I see, let your strength be my beacon like a lighthouse on a rock…  Shining bright enough to dispel the clouds of despair and bring me new vision…”  ~ Unknown

“Faith makes things possible, not easy…”  ~ Unknown

Na ‘n vakansie voel mens gewoonlik uitgerus, reg om die wêreld te conquer en jou drome en doelwitte opnuut na te jaag…  Mens het gewoonlik weer lus vir die lewe met lekker baie energie!  Maar na ‘n week terug by die werk of skool, wanneer jy weer ten volle besig is om jou dagtaak uit te voer, of weer jaag van punt a na punt b, net om deur die dag te kom, kan al hierdie goeie voornemens weer netso vinnig by die deur uit wees…  Ons dagtaak kan ons so van energie tap wanneer ons nie in ons pasoppens is nie…  Ek dink ons vergeet baie keer dat BALANS BAIE BELANGRIK is…  Ja, ja, hoor ek jou sê – maar ek’t ‘n HUGE deadline by die werk…  Ek moet net eers sorg dat ek dit afhandel…  Klink dit bekend??  Na die een deadline, kom die volgende ene gewoonlik, en voor jy weet werk jy weer sonder ophou, terwyl die dinge waarvoor jy besluit het om tyd te maak, maar heel agter in die ry moet staan…

Ons verhouding met God ly baie keer in sulke tye…  Ons is van vroeg af besig, net om saans doodmoeg in die bed te val, en dan dalk nog halfpad deur ons gebed aan die slaap te raak…  Vir ‘n gesonde gees, is BALANS nodig…  En om balans in plek te kry, moet ons partykeer strenger “boundaries” in ons lewens plaas…  Deur nie toe te laat dat jou werk jou lewe oorneem nie…  As jy jou beste gee gedurende jou werksure, kan jy met ‘n geruste hart, op tyd huis toe gaan…  VERSEKER gaan daar tye wees wat daar dalk van jou verwag gaan word om oortyd te werk, en dit kan jy ook…  Mens moet net pasop om dit nie ‘n gewoonte te maak nie…  Ek’t net die laaste twee weke weer besef-  ons moet tyd maak vir dit wat SAAK maak en dit wat jou gelukkig maak…  Jy moet jou dae so probeer lewe, dat wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, jy met ‘n geruste hart kan sê – ek’t werklik GEEN REGRETS nie…  Ek weet om die boundaries in plek te sit, sal dalk moeilik wees vir sommige van ons (myself inkluis!), maar wanneer jy tyd het vir rustig wees, tyd wat jy saam met God kan spandeer, saam met geliefdes, en vriende, laai dit weer jou battery, sodat jy voldoende energie sal hê, om jou dagtaak met ywer en vol energie uit te voer!  Sodat ons aan God eer kan bring, en sodat ons, VOL lewens kan lei, ten einde NO REGRETS te hê…

Blessings!
Anelli**

No comments: