Tuesday 9 April 2013

“Three things you cannot recover in life: the WORD after it’s said, the MOMENT after it’s missed and the TIME after it’s gone. Be Careful!” – Unknown


Haloes! :)

“Three things you cannot recover in life: the WORD after it’s said, the MOMENT after it’s missed and the TIME after it’s gone. Be Careful!” – Unknown

Psalm 145:18-19 

“The LORD is near to all who call on him,  to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him;  He hears their cry and saves them…”

Isaiah 58:11 

“The LORD will guide you always; he will satisfy your needs in a sun-scorched land and will strengthen your frame. You will be like a well-watered garden, like a spring whose waters never fail…”

“Love what you have. Need what you want. Accept what you receive. Give what you can. Always remember, what goes around, comes around…” – Unknown

“Challenges are what make life interesting and overcoming them is what makes life meaningful.” - Joshua J. Marine

My ma het my vertel van ‘n boek wat sy tans lees, waarin ‘n vrou haar man en dogter verloor het in ‘n motorongeluk, wat veroorsaak was deur ‘n dronk bestuurder…   Dit het die vrou gevul met soveel haat, dat sy net planne beraam het hoe om wraak te neem op die dronk bestuurder, dat sy vergeet het van haar ander dogter wat die ongeluk oorleef het, en absoluut gebroke was vanweë die feit dat sy geleef het, terwyl  haar pa en suster moes sterf…  Hierdie het my herinner aan die feit dat slegte goed, daagliks met goeie mense gebeur…  Ons verstaan 99% van die tyd nie hoekom ons deur sulke vuurproewe moet gaan nie…  Omstandighede soos hierdie ene, maak dit makliker om vir God en die dronk bestuurder kwaad te wees…  Baie keer, in hartseer en sulke ongelooflike onhanteerbare moeilike omstandighede, raak dit moeilik om te bid…  Jou siel kan so seer wees, dat jy net nie woorde het om te bid nie…  Die belofte waaraan ons kan vashou in tye soos hierdie, staan in Romans 8:26 - In the same way, the Spirit helps us in our weakness. We do not know what we ought to pray for, but the Spirit himself intercedes for us through wordless groans…”

Jesus los jou nie alleen in hierdie tye nie…  Die duiwel mag jou dalk probeer wysmaak dat jy totaal en al alleen is, waardeloos, hopeloos en sonder ‘n toekomsverwagting…  Moenie hom ‘n vastrapplek in jou lewe gee nie…  God is, en sal altyd net ‘n gebed ver wees…  Hy sal jou nie alleen los nie – maak nie saak HOE die omstandighede lyk nie…  Ons het elke dag iets om voor dankbaar te wees…   Moenie kosbare tyd mors deur haatdraende gedagtes te koester nie…  Moenie tyd mors, deur jou lewe oorheers te laat word deur FEAR nie…   Gryp jou geleenthede, wees lief vir die mense wat kosbaar is vir jou, sê jammer as jy verkeerd was, en wees iemand wat ander se lewens aanraak deur WIE jy is…  Wees iemand wat ‘n LEGACY sal agterlaat, wanneer jou uurglas op aarde leegloop…  En moenie dink dat jy dit nie in jou het om al hierdie dinge te kan doen nie…  Die feit dat jy asem haal, beteken dat jou doel op aarde, nog nie volbring is nie…  Al verstaan jy nie hoekom jy sekere dinge moes deurmaak nie, kan jy vashou aan God se beloftes dat Hy ALTYD by jou is, en jou NOOIT sal los nie…  En ek glo dat daar ‘n doel is vir elke slegte ding wat gebeur…  Dit neem net tyd om dit te verwerk en die punt daarvan in te sien…  Elke uitdaging, hartseer of pyn wat jy moet of moes deurmaak, het reeds jou karakter en menswees versterk…  God sal jou nie om dowe neute deur pyn laat gaan nie…  Moenie dat die duiwel jou anders wysmaak nie…  Jesus is met jou – elke oomblik, van elke dag…  Vat Sy hand, en maak seker dat jy alles wat jou hart raak, voluit najaag…

Blessings!

Anelli**


No comments: