Sunday 30 September 2012

“Life is full of beauty. Notice it. Notice the bumble bee, the small child, and the smiling faces. Smell the rain, and feel the wind. Live your life to the fullest potential, and fight for your dreams.” ~ Ashley Smith quotes


Haloes! J

“Life is full of beauty. Notice it. Notice the bumble bee, the small child, and the smiling faces. Smell the rain, and feel the wind. Live your life to the fullest potential, and fight for your dreams.” ~ Ashley Smith quotes

‘n Gedagteki met ‘n twist vandag… Ek het ‘n forward email gekry, wat vir my so van toepassing is op elkeen van ons se lewe, dat ek dit met julle wil deel vandag…  Die dele in Afrikaans by – is my eie kommentaar daarop…  Die res is van ‘n Anonieme skrywer…  Geniet dit!  Mag God jou vandag bless met die volgende:

Rules from God 

1. Wake Up!! 

Decide to have a good day. 

"Today is the day the Lord hath made; let us rejoice and be glad in it." ~ Psalms 118:24 

Ons gaan baie keer so toe oë deur elke dag…  Omdat ons wakker word en net probleme sien, en al die geleenthede wat op ons voorstoep lê miskyk…  Ons probleme word baie keer SO GROOT, dat ons nie eens vir God raaksien nie…  Ons sien dus nie eens die nuwe dag, en nuwe geleenthede om ‘n verskil te maak raak nie, omdat ons sommer toe oë deur die lewe gaan…

2. Dress Up!! 

The best way to dress up is to put on a smile. A smile is an inexpensive way to improve your looks. 

"The Lord does not look at the things man looks at. Man looks at outward appearance; but the Lord looks at the heart." ~ 1 Samuel 16:7 

Wanneer laas het jy geglimlag?  Jy hoef nie die nuutste modes te hê om goed te lyk nie…  Iemand het eenkeer gesê – as jy mense in die oë kyk en glimlag, sal hulle nie eers sien watse klere jy aanhet nie…  (aanhaling uit “The Wedding Date”)

3. Shut Up!! 

Say nice things and learn to listen. God gave us two ears and one mouth, so He must have meant for us to do twice as much listening as talking. 

"He who guards his lips guards his soul." ~ Proverbs 13:3  

Partykeer wil ons so graag antwoorde op AL ons vrae en probleme hê, dat ons vergeet om te fokus op die mense rondom ons…  Partykeer lê jou antwoorde JUIS daarin opgesluit om te luister wat ander vir jou wil sê…  God werk op snaakse maniere, en praat ook baie keer op die mees onwaarskynlikste (waaraan jy sal dink) maniere met ons…  Hou dus jou ore oop vir wat God vir jou wil sê…

4. Stand Up!!... 

For what you believe in.  Stand for something or you will fall for anything…

"Let us not be weary in doing good; for at the proper time, we will reap a harvest if we do not give up. Therefore, as we have opportunity, let us do good..."~Galatians 6:9-10 

Moenie een van daardie draadsitters wees wat stilbly wanneer jy moet praat nie…  Staan op vir dit waarin jy glo, en waarin jy ‘n verskil kan maak…  Moenie stilbly wanneer jy WEET iets verkeerd is nie…  Wees iemand na wie ander sal opkyk, en wie ander kan volg – omdat jy ‘n persoon met KARAKTER is…

5. Look Up!!... 

To the Lord. 

"I can do everything through Christ who strengthens me." ~ Philippians 4:13

Elke dag het sy eie uitdagings en moeilikhede…  Maar ook GOEIE dinge J  God sal jou bystaan in alles wat jy aanpak…  Jy is tot soveel meer instaat as wat jy jouself voor krediet gee! 

6. Reach Up!!... 

For something higher. 

"Trust in the Lord with all your heart, and lean not unto your own understanding. In all your ways, acknowledge Him, and He will direct your path." ~  Proverbs 3:5-6 

Hierdie sluit aan by punt 5…  God het baie groter planne vir jou as wat jy vir jouself het!  Glo dit vir jou lewe!!!

7. Lift Up!!... 

Your Prayers. 

"Do not worry about anything; instead PRAY ABOUT EVERYTHING." ~ Philippians 4:6

Toe ons klein was het ons ‘n liedjie gesing…  “Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag, lees jou Bybel en bid elke dag, en jy sal groei, groei, groei…”  Ek dink ons vergeet dit baie keer wanneer die lewe te besig en vinnig raak…  Moenie van God vergeet nie – Hy het defnitief nog NOOIT van JOU vergeet nie…  Wanneer dinge jou onderkry, BID…  Wanneer ons op ons knieë bly, help dit ons op staande te bly…  Kry iemand om saam met jou te bid as jy nie meer die woorde kan vind nie…  God ANTWOORD gebede!! 

Ek hoop jy sal ‘n PRAGTIGE week hê!! 

Blessings!

Anelli**

Thursday 27 September 2012

“Our old history ends with the cross; our new history begins with the resurrection...” -Watchman Nee



Haloes! :)

“Our old history ends with the cross; our new history begins with the resurrection...” -Watchman Nee

2 Corinthians 5:17

Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation. The old has passed away; behold, the new has come…

Jeremiah 29:11 

For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…

“Hier is die feite: Conficius se graf – beset
Boeddah se graf – beset
Mohammed se graf – beset
Jesus se graf – leeg...  Redeneer soos jy wil... 
Dit het geen sin om die navolger van ‘n verloorder te wees nie...”  ~  Onbekend

Although no one can go back and make a brand new start, anyone can start from now and make a brand new ending… ~ Carl Bard

“Geskiedenis...  Dis wat elke oomblik van jou lewe tot en met hierdie oomblik is...  Of dit goeie herinneringe is, of dinge waarop jy minder trots is – is iets wat net jy sal weet...  Ek wil net vandag beklemtoon wat meneer Watchman Nee gesê het...  Jou ou geskiedenis – ALLES wat verkeerd is in jou lewe = is vasgespyker aan ‘n KRUIS...  Dit het daar geëindig!

Soos ‘n veldbrand alles doodmaak, sodat daar uiteindelik net swart roet oorbly, so ook wee tons dat daardie swart stelselmatig SAL verander om pragtige groen gras (groener as ooit tevore) en miskien sal daar ook pragtige blomme weer daar groei – daar waar niks was nie...  Die pad het nie vir ons geëindig by die Kruisdood van Jesus nie...  God het ons – wat Jesus aanvaar het as ons Saligmaker en Pappa ‘n nuwe begin kom gee… Alles wat ons van Jesus kan weghou, is vir altyd verby...  Al het jy nog nie voorheen hierdie geleentheid geneem nie, ‘n geleentheid waar jy afsien van alles wat jy nie kan doen nie en eerder begin fokus op ‘n God wat wel die onmoontlike kan doen,asook een waar jy vergeet van wat verby is, en fokus op wat voorlê – kan jy dit op hierdie oomblik doen...  Met Jesus se opstanding kom gee Hy jou ‘n “clean slate”...  Jy kan NOU oorbegin – maak nie saak hoe oud jy is, of wat jy al gedoen het nie...  Jesus vergewe jou, en het jou lief NES JY IS...  Dit sal ‘n nuwe begin wees, een van nuwe hoop, een waar jy op God kan staatmaak en vergeet van jou eie feilbaarheid...  Hy kan deure vir jou oopmaak wat niemand kan toemaak nie...

Hy wil jou dra deur elke moeilikheid wat jy tans in jou lewe ervaar, of wat nog vir jou voorlê...  Hy is net ‘n gebed ver...  Selfs al het jy nie die woorde nie, tree die Gees namens jou in by God...  Kies jy vandag om ‘n lewe van ontelbare moontlikheid saam met God te hê?  'n Lewe groter as pyn, groter as armoede, groter as siekte... Dis JOU keuse...  Niemand kan namens jou besluit nie...  God het jou oneindig lief - ons het nie 'n benul hoe groot Sy liefde vir ons was en is nie...  Maar ons kan begin, by die Kruis en verseker weet - die Opstanding, na die Kruisdood het vir ons 'n NUWE begin verseker...

Blessings!

Anelli**

Wednesday 26 September 2012

“What you are is God's gift to you, what you become is your gift to God.” ― Hans Urs von Balthasar, Prayer


Haloes! J

“What you are is God's gift to you, what you become is your gift to God.” ― Hans Urs von Balthasar, Prayer

Ephesians 3:20 

Now to him who is able to do far more abundantly than all that we ask or think, according to the power at work within us…

Philippians 4:13

I can do all things through him who strengthens me.

In Derde Laan staan 'n klein huisie met 'n pragtige roostuin en 'n groot populierboom.  Dit is hier waar Theo en sy ma gebly het.  Hulle het alleen daar gebly, want sy pa is jare gelede al oorlede.  Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder.  Theo se ma het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie.  Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se ma was daar.  Sy was haar seun se grootste aanhanger.  Ironies, Theo het nooit in 'n wedstryd gespeel het nie;  hy was altyd die reserwe.  Ná elke wedstryd was sy ma se woorde:  "Miskien speel jy volgende keer my kind."  Dan het sy altyd met haar arm om Theo se skouers daar weggestap.

Sonder enige druk van sy ma se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee.  Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.  Maar sy ma het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.  Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat 'n tragedie Theo tref.  Sy ma is skielik dood.  Dit was vir hom 'n baie  groot skok.  Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te word.  Die afrigter het vir hom gesę:  "Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis 'n groot verlies wat jou getref het."  Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op.  Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra:  "Meneer, kan ek asseblief vandag speel?"  Die afrigter het gevoel dat hy met so 'n belangrike wedstryd nie kon bekostig om 'n swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel.  Hy het geredeneer:  Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy ma dood.  Ek sal hom 'n kans gee…  Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie.  Na die tyd stap die afrigter na Theo:  "Waar het jy al die tyd hierdie talent gebęre?  Jy was briljant."  Theo het met trane in sy oë gesę:  "Meneer, my ma is in die hemel.  Meneer weet sy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was sy blind.  Wel, vandag was die eerste keer dat sy my kon sien speel.  Ek wou vir haar wys . ek kán speel!"  ~ Forward email

God het aan elkeen vir ons “geskenke” oftewel “gawes” gegee, die dag toe ons gebore is…  Ek dink baie mense gaan deur hulle hele lewe sonder om al hul Godgegewe gawes te ontdek, en te ontwikkel.  Miskien vrees jy om te ontdek wat werklik in jou steek omdat jou aardse ouers jou nog altyd vertel het watse mislukking jy is…  Of dat niks wat jy doen, ooit goed genoeg was nie…  Miskien vrees jy om te word wat God jou bestem het om te wees, want - wat as ek dalk “fail along the way”?  Miskien het jou aardse ouers net nie minder omgegee nie, en jou nooit aangemoedig om die moeiliker pad te vat, harde klippe te kou, die uitdagings van die lewe vierkantig in die oë te kyk en met deursettingsvermoë en vasbyt aan te durf nie…  As dit dalk jy is – dis NOOIT te laat om drome na te jaag, of ‘n onmiddellike verskil in jou lewe te maak, deur jou gawes te benut nie…  Daar is kursusse by die kerk / op die internet wat jy kan doen om jou gawes te identifiseer…  En jy kan met SEKERHEID weet…  Soos Theo se ma by ELKE wedstryd was, en hom ondersteun en aangemoedig het, alhoewel sy nie kon sien nie, en alhoewel hy ook nie ‘n wedstryd gespeel het nie – SO staan God DAAGLIKS agter jou…  Hy BACK jou met alles wat jy aanpak!  Hy is jou grootste ondersteuner, en Hy sal jou van die krag voorsien vir die daaglikse uitdagings wat jy moet aanpak…  Moenie dat daar limiete op jou lewe geplaas word deur die woorde / uitsprake van MENSE nie…  God glo in jou, soos GEEN mens nog in jou geglo het nie…  Hy staan reg om jou te ondersteun…  Bid net, glo net en vertrou net…

Blessings!

Anelli**

Tuesday 25 September 2012

“Use your smile to change the world… Don’t let this world, change your smile…” ~ Unknown


Haloes! J

“Use your smile to change the world…  Don’t let this world, change your smile…” ~ Unknown

Proverbs 15:13  

A happy heart makes the face cheerful, but heartache crushes the spirit.

Proverbs 15:30  

A cheerful look brings joy to the heart, and good news gives health to the bones. (NIV)

A smile is a curve that sets everything straight… ~ Phyllis Diller

Anyone who has a continuous smile on his face conceals a toughness that is almost frightening… ~ Greta Garbo

Soos dinge deesdae gaan in hierdie deurmekaar wêreld van ons, kan ek dit goed glo dat dit vir jou moeilik is om somtyds te glimlag…  Ek kan sommer hoor hoe baie van julle nou sug en dink – “waaroor sal ek dan nou bly wees?  Of wil glimlag?  Hier is geen hoop vir my kinders in DIE land nie…  Man, daar is nie eens hoop vir my nie!  Ek het nie werk nie…  En ek kry geen geleenthede nie…  Of die skool waarin ek is, bring die slegste in my uit…  Maar daar is nie geld vir iets beter nie…  Of My finansies wil maar net nie ‘n manier kry om te klop nie…  Nes ek dink – nou sal ons vir ‘n rukkie “ok” wees, gebeur daar weer iets om die wind totaal uit my seile te neem en wat my dan heeltemal moedeloos laat…  of... Ek weet nie hoekom siekte MY moes uitkies nie…  Dis ‘n nimmereindigende baklei, en ek is party dae net nie meer lus nie…  of... My huwelik is op die rotse…  Ons het net te veel verander, en ek kan nie meer saam met my maat leef nie…  My geliefde het my verneuk…  Hoe nou?  Ek het hom / haar so lief, maar hoe kan my hart weer vertrou?  of... Ek kan nie kinders hê nie…  Dis my hartsbegeerte, maar God het my daardie seën ontneem…  Waaroor wil jy dan nou hê moet ek glimlag?

Hierdie is maar enkele gevalle…  Al wat ek weet met SEKERHEID in my hart, is dat God ons op hierdie aarde geplaas het met ‘n BAIE SPESIFIEKE DOEL in gedagte…  Jy sou nie in Suid-Afrika gebôre gewees het, as Hy jou nie met ‘n spesifieke rede hier geplaas het nie…  Daarmee sê ek NIE – as jy geleenthede oorsee aangryp dis verkeerd nie…  Ek glo dat God jou sal gebruik waar jy ookal gaan, want Hy sal jou voorsien met spesifieke geleenthede op spesifieke tye…  MAAR ek glo ook dat ons SO ‘n spesiale land het!!  En dat liefde, en aanvaarding AL is wat ons nodig het om ‘n verskil te kan maak…  ‘n Glimlag is ‘n universele taal…  Dis iets wat menigte rusies al kon laat bedaar, wat ander kon seën, wat mense net verseker – hier is iemand wat omgee, iemand wat probeer om te verstaan…  Al begryp die persoon dalk nie ten volle jou situasie nie – kan ‘n glimlag jou slegte dag sommer ‘n silwer randjie gee…  Dit kan weer hoop gee, aan die wat moedeloos geword het, en dit kan die bemoedig wie se harte stukkend is…  Ons rainbow nation – all shapes and sizes, is die kosbaarste plek wat vir my bestaan…  En ‘n gawe wat God aan ons elkeen gegee het, is om te  kan glimlag…  Al voel jy dalk vandag of JY iemand nodig het, deel jou glimlag vrylik met die mense wat jou pad kruis – God stuur daagliks mense met ‘n spesifieke doel en rede oor jou pad…  Soos Moeder Teresa gesê het – “Let no one ever come to you without leaving better and happier. Be the living expression of God's kindness: kindness in your face, kindness in your eyes, kindness in your smile.”  Wees God se hande en voete hier op aarde, deur jou liefde en vriendelikheid wat jy uitstraal…  Wanneer jy jou fokus op ander mense, hul seerkry of dinge wat hulle lewe moeilik maak, raak die las  wat jy daagliks saamdra, gewoonlik baie vinnig, baie ligter…  Mag God jou seën Koningskind!  En SMILE J  Jesus het jou lief!  Hy het al die antwoorde en oplossings waarvoor jy bid – volhard net!

Blessings!

Anelli**

“The best way to prepare for life, is to begin to live…” ~ Elbert Hubbard

Haloes! J

“The best way to prepare for life, is to begin to live…”  ~ Elbert Hubbard

Genesis 15:1,6

Hierna het die woord van die Here in ‘n gesig tot Abram gekom: “Moenie bang wees Abram, Ek beskerm jou!  Jou beloning sal baie groot wees…  Abram het die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die Here se wil gehandel het…”

Matthew 6:26

Look at the birds of the air; they do not sow or reap or store away in barns, and yet your heavenly Father feeds them. Are you not much more valuable than they?

“Sow an act, and you reap a habit…  Sow a habit, and you reap character…  Sow a character, and you reap a destiny…”  ~ George Dana Boardman

“You miss 100% of the shots you don’t take…”  ~ Wayne Gretzky

Het jy al by die see gesit op ‘n stormagtige dag en net die water en die seevoëls dopgehou?  Dit is vir my AMAZING hoe die voëls, met die teenstand van die wind, net hul vlerke kan oopsprei en gly deur die lug…  Al is dit teen die wind – sonder dat dit nodig is om vlerke te klap kry hulle dit reg om vorentoe te beweeg, deur net te “RUS”…  Daar is sommige voëls wat vlerke begin klap as die wind hom wil wys wie eintlik baas is, maar God sorg vir die voëls!  En sonder veel inspanning, gly hulle deur die lug…  Laat hulle die wind soos hul speelmaat lyk J

Ek weet nie of jy dalk vandag die wind van voor kry nie…  Of daar dalk soveel bekommernisse in jou gemoed is, en dit net vir jou voel asof jy nie meer krag het om jou vlerke te klap om “bo” te kan bly nie…  Net ‘n herinnering vir jou vandag – Soos ons hierbo in Matteus sien, God sorg SELFS vir die voëls in die lug…  Hy sorg vir hulle vir kos, en ook om “bo” te bly, wanneer die wind, water, of ander faktore in die pad kom…  Jy is God se kosbaarste skepping…  Hy sal jou nie vir ‘n oomblik los terwyl jou arms wil ingee van die “klap” om te probeer oorleef nie…  Watookal die rede vir jou “struggle” – God is in beheer…  Hy is groter, en sterker en tot soveel meer in staat as wat ons is…  Dit is vir Hom moontlik om die onmoontlike moontlik te maak – selfs al voel dit vir jou ABSURD…  Hy sal jou laat sweef op die “winde van moeilikheid” wat die lewe jou kant toe stuur…  Moenie probeer “sorg” vir elke moontlike scenario van jou lewe nie – dis hoekom jy ‘n Hemelse Pa het wat jou liefhet…  Begin net en sorg dat jy ELKE dag VOLUIT LEWE! Glo God, soos Abram Hom geglo en vertrou het…  God kan net wonderwerke doen, of voorsien in jou behoeftes, in die mate wat jy Hom daarmee vertrou…  So kom met GROOT verwagting…  God sal jou nie teleurstel as jy getrou bly wag op Hom nie…

Blessings!

Anelli**

NB – Na aanleiding van die gebedsversoeke Vrydag, het iemand my gekontak met ‘n moontlike werksgeleentheid vir die persoon wat die gebed vir werk (Anoniem) op my blog gepost het.  As jy my sou wou kontak, kan ons vasstel of jy sou belangstel in die geleentheid, en dan kan ek jou na die regte persone verwys…  Indien jy egter anoniem wil bly – is die saak 100%. Hoop julle sal ‘n geseende dag he! J

Thursday 20 September 2012

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke:


1.  Gebed vir 'n paartjie wat probeer om swanger te raak...  Hulle bid vir God se wil om te geskied, en ons glo saam met hulle vir 'n groot bondeltjie vreugde op God se tyd.

2.   Anoniem het op my blog gepos:  Ek wil graag he julle moet saam met my bid. Ek soek al x3 maande werk en het nog niks gekry nie. Vele onderhoude, maar nog nie werk nie. Ek glo ek is nog in my huidige posisie vir 'n rede en om my doel klaar te maak. Ek bid dat Liewe Jesus vir my sal wys wat ek nog hier moet af handel, voordat ek kan aan beweeg. Baie dankie! 

Nothing is impossible, the word itself says 'I'm possible'! ~ Audrey Hepburn


Haloes! :)

Nothing is impossible, the word itself says 'I'm possible'!  ~ Audrey Hepburn

Luke 1:37

“For nothing will be impossible with God…”

Matthew 19:26

“But Jesus looked at them and said, “With man this is impossible, but with God all things are possible…”

“Because a thing seems difficult for you, do not think it impossible for anyone to accomplish…”  ~ Marcus Aurelius

“The Difficult is that which can be done immediately;  the Impossible that which takes a little longer…” ~ George Santayana

Dis baie maklik om op te gee…  Veral as dinge nie uitwerk soos JY wou hê dit moes nie…  Ek weet hoe lekker dit is om te dagdroom oor “dit wat kan wees”, maar hoe hard die realiteit dan kan wees as diinge nie uitwerk soos jy gehoop of gedroom het nie…  Veral gedurende jou studies, werk, asook sport wedstryde, of in liefde, of verlief wees, kan mens soms baie hard met Moeder Aarde kennis maak wanneer dinge nie gaan soos verwag nie…

Ek wil aan die lewe dink soos ‘n rugby wedstryd…  Vir die wat nie rugby ken of verstaan nie – in kort…  Daar is twee helftes wat gespeel word met ‘n “pouse” tussenin…  In elke helfte word fisiese pyn aan spelers toegedien wanneer hulle "getackle" word wanneer hulle in besit is van die bal…  Party spelers word ge-humble, wanneer hulle ego’s partykeer groter word as die spel…  Hoe kan ek dan dit vergelyk met die lewe?  Elke dag wat verbygaan, is ‘n helfte van ‘n rugby wedstryd…  Of ek vandag (of in die eerste helfte) suksesvol gaan wees in wat ek aanpak, of as die lewe my dalk onderstebo loop met dinge wat oor my pad kom, aan die einde van die dag het ek ‘n ruskans, wat ek kan “reflect” op dit wat verby was, en uitsien na die dag van môre (of tweede helfte) wat nog kom…  As ek vandag ‘n “humbling” dag, oftewel, MOEILIKE dag agter die blad het, hoef ek nie te vrees vir die tweede helfte nie…  God is reeds daar, en was ook saam met my deur die moeilike eerste helfte…  Elke aand sien ek as die einde van ‘n gedeelte…  Die scoreboard sal môre oggend weer 0-0 wees…  Moenie vaskyk aan die verloor of moeilikheid van vandag nie…  Sien uit na môre, want Môre is ‘n splinternuwe geleentheid, om die wêreld te verander, deur jou drome na te jaag…  God is in beheer…  En Hy is regverdig…  Elkeen sal kry wat hom toekom…  God sal geleenthede oor jou pad stuur, en dinge sal ALTYD uitwerk soos dit moet…  Soos God wil…  Ek bid vandag dat Hy jou sal vul met rustigheid, en dat jy sal weet dat maak nie saak of daar ‘n “spear tackle” (baie gevaarlik, en groot strafbare oortreding in rugby), op jou uitgevoer word nie – Hy sal sorg dat jy op jou voete land…

Blessings!

Anelli**

Wednesday 19 September 2012

"When you have nothing left but God, you have more than enough to start over again!!!" ~ Mother Theresa


Haloes! :)

"When you have nothing left but God, you have more than enough to start over again!!!"  ~ Mother Theresa

Psalm 28:7

The LORD is my strength and my shield; my heart trusts in him, and he helps me.  My heart leaps for joy,  and with my song I praise him.

Isaiah 41:13

For I am the LORD, your God, who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you.

I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear… ~ Nelson Mandela

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

Nelson Mandela is vir my ‘n absolute LEGEND…  Ek dink hy moes ongelooflik bang gewees het toe hy begin baklei het vir vryheid van menseregte…  Om te sorg dat daar ‘n einde aan apartheid en diskriminasie gemaak kon word…  Maar as hy nie vir 5 minute langer braaf was as wat hy bang was nie, sou so ‘n absolute wonderwerk van gelykheid (soos wat God ons geskape het), nooit realiseer het nie…  Die Suid-Afrika wat ons ken en liefhet, sou nie gewees het wat ons ken, as Mandela nie geveg het met braafheid daarvoor nie...  Ek dink daar moes baie dae gewees het wat hy heel waarskynlik eerder wou weghardloop, as volhard…  Maar sy beginsels, en dit waarin hy geglo het, en deur God wat Hom die krag gegee het, het hy volhard…  Dis ‘n voorbeeld vir elkeen van ons - vandag nog…

Elkeen van ons het daagliks dinge wat ons bang maak…  Partykeer selfs LAM laat met vrees…  En ons is baie keer ons eie grootste vyand…  Deur onsself bang te praat, of deur te twyfel in ons Godgewe vermoëns en God se genade en GUNS in ons lewens…  Ek’t al baie vir jou gesê, maar sekere uitdagings sou nie oor jou pad gekom het, as God nie gedink het dat jy dit in jou het om dit te deurstaan nie…  God gaan vandag vir jou GUNS gee, en GROOT seën!  Hierdie aanhaling van Joël Osteen is ook raakvat!  Sodra jy jou geloof in God begin anker, deur FAITH, maak God jou rustig en SORG Hy vir jou…  Hy vat negatiewe gedagtes weg... Wanneer ons begin vrees, oorweldig negatiewe gedagtes ons somtyds en sien ons net doodloopstrate, eerder as geleenthede…   Die duiwel kweek hierdie negatiewe gedagtes by ons...  Al het jy niks oor nie of al voel jy totaal en al alleen – sal jy ALTYD vir God hê…  Hy is net ‘n gebed ver, en reeds teenwoordig in jou hele dag wat voorlê…  Plaas jou hand en vertroue in God s’n…  Hy sal jou van die krag en wysheid voorsien wat jy sal nodig hê om ENIGE situasie te kan hanteer…  God het jou oneindig lief!!

Blessings!

Anelli**

Tuesday 18 September 2012

“Never give up on something you really want… It is difficult to wait, but more difficult to regret…” ~ Unknown


Haloes! J

“Never give up on something you really want…  It is difficult to wait, but more difficult to regret…” ~ Unknown

James 1:17

“Every good and perfect gift is from above, coming down from the Father of the heavenly lights, who does not change like shifting shadows…”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who have been called according to his purpose…”

“It is better to look back on life and say: “I can’t believe I did that…” than to look back and say: “I wish I did that…” ~ Unknown

“Good things come to those who wait…” ~ Unknown

Ek het verskriklik baie geduld, maar om te WAG, is vir my een van die moeilikste goed in die wêreld…  Bv Om te wag in ‘n ry by die supermark; Om te wag vir iets waarna jy baie uitsien; kleintjies wat moet wag vir hul verjaarsdag geskenke of kersgeskenke; of wanneer jy haastig is, en wanneer jy bestuur dan daardie ONGELOOFLIKE geel bord sien waarop staan:  ROADWORKS – waiting time 15 – 30 minutes…  Dis genoeg om ‘n mens se bloeddruk behoorlik die lug in te jaag…

Hierdie is sommer klein skippies in vergelyking met die dinge waarmee ons daagliks te doen kry…  Finansiële moeilikheid, verhoudings wat verbrokkel, werk bevordering wat jou net bly ontduik, onpopulariteit by die skool, siekte wat jou op jou knieë hou; of drome wat jy sukkel om te bewaarheid, vanweë die feit dat jy nie die nodige hulpbronne; tyd of geleenthede aan jou kant het nie…  Daar is ook baie geleenthede wat daagliks oor ons pad kom, wat ons verby laat gaan omdat ons te bang is om ‘n kans te vat…  In al hierdie genoemde omstandighede is dit partykeer baie moeilik om te wag…  Die lewe sou baie makliker gewees het as ons  geweet het wat vir ons voorlê en wat die dag van môre vir ons gaan inhou…  Dit sou ook baie boring gewees het J  Geen verrasings; geen uitdagings om jou te “challenge” om uit te styg en nog groter hoogtes te bereik nie…  Dink gou aan dinge waaroor jy spyt is in jou lewe…  Hoeveel van die dinge waarin jy gedink het, is vanweë die feit dat jy nie voluit gelewe het nie? Soos daardie "famous saying" is - Mens is meer spyt oor dit wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het... As daar dinge is wat jy WERKLIK graag wil hê – BID en WAG en RUS in wat God vir jou het…  As die dinge wat jy graag wil hê, nie in God se wil is nie – sal Hy steeds vir jou antwoord – al is die antwoord nee…  Ek het ook al gevind dat wanneer God NEE sê, het Hy gewoonlik REEDS  iets in daardie droom se plek vir jou…  Ons FAIL net om dit raak te sien, omdat ons gewoonlik so kyk na die verlore geleentheid, dat ons nie die nuwe moontlikhede wat voorkom raaksien nie…  Ek bid dat God jou oë sal oopmaak vir al die goeie dinge in jou lewe…  Vir al die geleenthede wat reeds in jou lewe is, wat jy NET moet aangryp…  En vir die geduld om in God te rus totdat Hy aan jou die antwoorde gee op die vrae van jou hart…

Blessings!

Anelli**

Monday 17 September 2012

“You never know how strong you are until being strong is the only choice you have…” ~ Unknown

Haloes! J

“You never know how strong you are until being strong is the only choice you have…”  ~ Unknown

John 16:33 
“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world…”

Psalm 23:4 
“Even though I walk through the valley of the shadow of death,   I will fear no evil, for you are with me…”

“With the new day comes new strength and new thoughts…” ~ Eleanor Roosevelt

“My attitude is that if you push me towards something that you think is a weakness, then I will turn that perceived weakness into a strength…”  ~ Michael Jordan

Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense?  Dis seker een van die MEES retoriese vrae wat bestaan…  En ek dink dis een van daardie tipe vrae, wat elkeen van ons al op een of ander stadium gevra het…  Of – hoekom EK?  Dis ook 2 vrae waarop ek jou ongelukkig nie ‘n “clear cut” antwoord kan gee nie…  Ek’t egter eendag iemand hoor vra (wat my nogals laat dink het) – hoekom NIE JY NIE? 

Daar gebeur daagliks dinge in elkeen van ons se lewens waaroor ons geen beheer het nie…   En om vrae te vra, maak ons gewoonlik net hartseer, en partykeer nog meer deurmekaar as toe voor jy begin het om alles te bevraagteken…  Ek glo vas dat elke iets wat oor jou pad kom, deel uitmaak van die groter plan wat God vir jou lewe het…  Dink gou oor die volgende…  Wanneer jy in die middel van ‘n verkeersknoop sit, en jou motor glad nie beweeg nie, glo jy dan dat die pad nie meer daar is, of dat jou eindbestemming verdwyn het nie?  Natuurlik nie!  Jy weet dat die verkeersknoop, jou net ‘n klein bietjie terughou, sodat jy jou bestemming net ‘n bietjie later sal bereik…  Hoekom is dit dan partykeer so moeilik om te glo dat God steeds by jou is, wanneer die lewe groot uitdagings na jou kant toe stuur?  Dis heel eenvoudig…  Omdat ons MENS is…  En omdat ons somtyds twyfel, moeg raak, emosioneel is of sommer net plein “oor dit” is… 

Jy kan verseker weet - God sal nooit “oor jou” wees nie…   Hy het jou so lief, dat Hy selfs weet hoeveel hare jy op jou kop het (Matteus 10:30).  Jou situasie kan help dat jy dalk op ‘n later stadium vir iemand anders ‘n blessing kan wees…  Of dat dit mense oor jou pad sal bring wat weer vir JOU 'n blessing sal wees...  Daar kan dalk dinge uit dit voortvloei waarvoor jy al jou hele lewe lank bid en hoop...  Weet net verseker dat God jou liefhet, en dat solank jy jou HOOP en VERTROUE in Hom het, SAL Hy jou nie teleurstel nie!

Blessings!

Anelli**