Monday 22 April 2013

“Faith is seeing light with your heart, when all your eyes see, is darkness…” ~ Decaleco


Haloes! :)

“Faith is seeing light with your heart, when all your eyes see, is darkness…”  ~ Decaleco

Joshua 1:1-9

“After the death of Moses the servant of the Lord, the Lord said to Joshua son of Nun, Moses’ aide: “Moses my servant is dead. Now then, you and all these people, get ready to cross the Jordan River into the land I am about to give to them—to the Israelites.  I will give you every place where you set your foot, as I promised Moses.   Your territory will extend from the desert to Lebanon, and from the great river, the Euphrates—all the Hittite country—to the Mediterranean Sea in the west.   No one will be able to stand against you all the days of your life. As I was with Moses, so I will be with you; I will never leave you nor forsake you.   Be strong and courageous, because you will lead these people to inherit the land I swore to their ancestors to give them. “Be strong and very courageous. Be careful to obey all the law my servant Moses gave you; do not turn from it to the right or to the left, that you may be successful wherever you go. 8 Keep this Book of the Law always on your lips; meditate on it day and night, so that you may be careful to do everything written in it. Then you will be prosperous and successful.  Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the Lord your God will be with you wherever you go.”

“You know you made the right decision when it is not in fear, but in faith…”  ~ Marlette van Zyl

“Change requires taking a leap of faith!”   ~ Unknown

Ek het verlede week ‘n preek gekyk van Brian Houston (Hillsong kerk) oor “RISK taking”…  Ek wil ‘n paar gedagtes van sy preek, tesame met wat dit vir my beteken het, vandag met jou deel…  Risiko is nooit lekker nie, want daar is altyd die kans dat die risiko wat jy loop anders kan uitwerk as wat jy sou hoop…  Hy het egter die preek begin deur te sê – “Life is a risk…”  As ons dus geen risiko neem nie, leef ons nie – want ons sal altyd die veilige opsie kies, ten einde geen branders op die water te maak nie…  Nog ‘n waarheid wat ek uit sy preek gekry het, was dat daar risiko is wat jou kan MAAK, en risiko wat jou kan breek…  God het vir Josua gebruik, omdat Josua getrou was toe God hom geroep het…  Brian het 3 punte gegee wat ons in ag moet neem wanneer ons “Godly risks” loop in ons lewe – Eerstens:  Ons moet ons besluite neem deur dit basseer op ‘n DUIDELIKE woord van God – soos ons hierbo kan sien, die geval in Josua se lewe was…    Tweedens moet ons, ons tyd en God se tyd “aligned” kry…  Mens kan die regte risiko op die verkeerde tyd loop…  God sal sorg dat jy die regte woord, op die regte tyd kry, ten einde God se plan vir jou lewe te LEEF!  En derdens, moet ons risiko neem met “Godly courage”…  Wanneer God aan jou ‘n woord gee, tesame met die regte omstandighede, tyd en vrede daaroor in jou hart, moenie bang wees om daardie “leap of faith” te neem nie!

Soos God hierbo aan Josua belowe het dat Hy moet sterk wees, en nie bang wees nie…  Dat hy nie moet bang word nie, omdat God BELOWE om met Hom te wees, waarookal hy gaan – so kan jy VANDAG nog aan hierdie belofte vashou…  Iemand het nou die dag aan my gesê – ek kan nie glo dat mense aan so ‘n ou boek nog vashou, soos die Bybel nie…  Hoe kan dit dan vandag nog van toepassing wees??  Ek wil vir jou verseker – in die Bybel se tyd, het God gewone mense gebruik – soos ek en jy…  Mense wat ook bang was vir die onbekende, mense wat siek geword het, mense wat hartseer was, wat partykeer hul vertroue in mense geplaas het, eerder as in God…  Mense wat nie altyd van risiko gehou het nie – maar wat aan God se beloftes vasgehou het, en vir wie God die oorwinning gegee het…  God belowe VANDAG nog om getrou te wees…  Dat wanneer jy in Sy woord leef, bid vir die regte woord, en dan optree op die tyd wat Hy aan jou sal gee, jy in Sy seën sal leef…  Jesus sal vir jou wys wanneer die tyd reg is, en Hy sal aan jou die bevestiging gee wat jy nodig het, om Godly courage aan die dag te lê, en God se wil vir jou lewe te leef!  Jesus het jou SO oneindig lief!  En Hy sal ALLES ten goede laat meewerk vir JOU wat Hom liefhet…  Hy het jou immers geroep vir Sy koningkryk :)

Blessings!

Anelli**











No comments: