Thursday 11 April 2013

“We are held back by FEAR, not limitations…” ~ Unknown

Haloes! J

“We are held back by FEAR, not limitations…” ~ Unknown

Psalm 9:9

“The LORD is a refuge for the oppressed, a stronghold in times of trouble…”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him who have been called according to his purpose…”

“Fall seven times, stand up eight.” –Chinese Proverb

“You cannot afford to live in potential for the rest of your life; at some point you have to unleash the potential and make your move…” ~ Eric Thomas

Ek dink baie keer verloor mens al ’n geveg nog voordat jy hom begin…  Ek dink sommer aan rugby as ’n voorbeeld…  As jy ’n baie moeilike teenstander moet aandurf, is dit baie keer jou “mental” ingesteldheid wat jou gaan dryfkrag gee om jou alles te gee in die wedstryd en om positief te bly as die telbord dalk teen jou tel…  Die Stormers was vir my ’n absolute voorbeeld van dit wat ek nou hier skryf in hulle wedstryd teen die Brumbies…  Vir die wat nie rugby kyk nie, net so ’n klein bietjie agtergrond…  Die Brumbies was na 4 rondtes in die Super 15 kompetisie, die enigste onoorwonne span…  Hulle het uitstekende rugby gespeel – wedstryde weg van hulle tuisveld het hulle gewen…  Ek dink dit sou vir die Stormers maklik gewees het om te verloor teen die Brumbies, indien dit hulle keuse was op daardie spesifieke Saterdag…  Maar die Stormers het uitgedraf op hulle tuisveld, en jy kon sien – hulle WOU wen…  Hulle was positief in hul spel, en hulle het as ’n SPAN gespeel ten einde aan die einde van daardie wedstryd as oorwinnaar uit die stryd te tree…  Die onoorwonne span, was toe TOG feilbaar…

Wat probeer ek vir jou sê deur hierdie?  Ek wil vir jou sê – die lewe gaan oor jou en my ingesteldheid, en oor HOE graag ons die oorwinning of deurbrake wil hê…  Hierdie anonieme aanhaling is vir my SO waar…  Ons word inderdaad teruggehou deur ons vrese, en nie deur ons limiete nie…  Vrees, weerhou jou om jou drome na te jaag, om verandering in jou lewe toe te laat, om dokter toe te gaan en die diagnose te kry, om jammer te sê, om lief te hê, of om uit jou comfortzone te beweeg…   Saam met God, is daar GEEN limiet op wat moontlik is in jou lewe nie…  Al waarop daar ’n limiet is, is jou vertroue in God, en dit wat jy glo moontlik is deur Sy krag…  Die duiwel gaan ALTYD probeer om saadjies van twyfel in jou eie vermoëns, maar ook in jou gedagtes ten opsigte van God se vermoëns in jou lewe, te saai…  God het jou geseën met potensiaal – elkeen van ons het dit as ’n geskenk ontvang…  Dis ons verantwoordelikheid om daardie potensiaal te ontgin en geleenthede wat oor ons pad kom na te jaag…  Vrees gaan partykeer oorweldigend voel – net omdat ons blootgestel gaan word aan iets wat onbekend is vir ons…  Al wat ons in daardie tye kan doen, is om aan God en Sy beloftes vas te hou…  En partykeer net ’n LEAP of FAITH te neem…  GLO dat God by jou is, en dat ENIGE iets deur Sy krag in jou lewe moontlik is…  Maak nie saak hoe jy begin het nie – dit gaan oor hoe jy klaarmaak…  In die teksverse hierbo, belowe Hy, dat ALLES op die ou end vir Sy kinders ten goede sal meewerk…  Hy SAL vir jou en my sorg!  Moenie dat VREES jou terughou van alles wat moontlik kan wees in jou lewe nie!  Gaan jou dae in met WIL, en MOED…  EN veg vir dit wat jy wil hê…  Laat die Stormers vir jou inspirasie wees vanoggend – en soos die Chinese Spreekwoord sê – al val jy 7 keer, maak dit nie saak nie...  Solank jy net 8 keer opstaan…   

Blessings!
 
anelli**

 

No comments: