Tuesday 23 April 2013

“When we hear someone say NO, it just means that it is not time yet… Each and every no, is a test of our faith… Stay strong and hold on a little longer…” ~ Karen Kostyla


Haloes! ;)

“When we hear someone say NO, it just means that it is not time yet…  Each and every no, is a test of our faith…  Stay strong and hold on a little longer…” ~ Karen Kostyla

2 Corinthians 5:7

“We live by faith, not by sight…”

Matthew 17:20

“He replied, "Because you have so little faith. I tell you the truth, if you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, 'Move from here to there' and it will move. Nothing will be impossible for you. "

“Nothing ahead of you, is stronger than the power of God behind you…”  ~ Knights-of-light.tumblr.com

“Faith is taking the first step, even when you can’t see the whole staircase…”  ~ Martin Luther King

Ek weet nie wie van julle al laat by die huis gekom het, en dan probeer om in die donker te stap tot by jou kamer ten einde nie die hele huis wakker te maak nie??  Ekt nog ALTYD gevind dat wanneer jy in die donker loop, gebeur daar 99% van die tyd iets dat jy op die ou end ‘n groter geraas sal maak as wat jy net die lig in die eerste plek sou aangesit het :)  Al ken jy die huis HOE goed, as iemand dalk net iets laat rondlê, of jy jouself dalk net misgis met die tree in die donker, kan jy dalk iets raakskop of omskop wat uiteindelik die hele huis sal wakker raas :)

Nou wat het dit dan te doen met besluitneming??  Ons loop baie keer in die “donker” en probeer ons besluite neem, sonder gebed of sonder om vir God te ken in die proses…  Dit kan veroorsaak dat die besluit so moeilik kan raak dat jy oor en oor redeneer daaroor, en later in sirkels begin dink omdat jy net nie meer perspektief daaroor het nie…  Of ons bid daaroor, maar vind nie klinkklare bevestiging van God in Sy woord oor wat jy moet doen nie…  Klink dit bekend?  Soos ons gister gesê het – oor risiko loop – sal God vir jou ‘n duidelike WOORD op die regte TYD verskaf…  Hoe weet ek wanneer die regte tyd is vir besluitneming?  Die antwoord is maklik – wanneer God jou VREDE daaroor gee in jou hart, tesame met die ander 2 dinge (woord en tyd)…  Wanneer jy dalk voel asof jy besig is om sirkels te redeneer, is dit tyd om die LIG aan te sit…  Skuif agter God se woord in, en raak stil en rustig by Hom…  Vra van jou gebedsvriende om saam met jou te bid vir RUSTIGHEID en bevestiging van wat dit is wat God wil hê jy moet doen…   God is nie ‘n God wat sal jok vir jou, of wat Homself sal weerspreek nie…  Wanneer Hy aan jou Sy woord gee, op die REGTE tyd, sal Hy vir jou vrede gee, en gewoonlik sal Hy ook sorg dat die situasie net so uitwerk dat dinge in plek val…  Wanneer jy Sy woord gekry het, op die tyd wat die dinge moet gebeur, tesame met die vrede in jou hart, moet jy net VERTROU…  Want die duiwel sal baie keer probeer om jou te laat twyfel oor jou besluit, en of jy egter die REGTE ding gedoen het…  God, SAL Hy SORG in jou lewe!   Jy moet net vertrou…  Al sien jy nie altyd die volgende baken op jou lewenspad nie, God sal lig op jou pad werp, dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Hy het jou LIEF en Hy sal sorg dat dinge in jou lewe soos ‘n legkaart in mekaar sal pas…  Hy wil en SAL jou seën wanneer jy die pad SAAM met Hom loop…  Jy is ONMENSLIK kosbaar en baie spesiaal vir God!

Blessings! 

anelli**

No comments: