Monday 29 April 2013

“Twenty years from now, you will be more disappointed by the things you did not do, than by the things you did...” ~ Mark Twain

Haloes! :)

“Twenty years from now, you will be more disappointed by the things you did not do, than by the things you did...” ~ Mark Twain
Proverbs 28:1
The wicked flee though no one pursues, but the righteous are as bold as a lion…

Colossians 4:5

Be wise in the way you act toward outsiders; make the most of every opportunity.

A pessimist sees the difficulty in every opportunity; an optimist sees the opportunity in every difficulty...~
Winston Churchill
 
Life is a gift, and it offers us the privilege, opportunity, and responsibility to give something back by becoming more… ~Tony Robbins

Dink jouself gou in die volgende situasie in... Jy is die wenner van ‘n eksotiese vakansie en jou bestemming kan jy self kies – seevaart, lugvaart, roadtrip... Dis die geleentheid van ‘n leeftyd! Geen mens sal dan mos kies om net ankers te gooi, en in die hawe / op die lughawe of in die parkeerarea van jou motor te bly nie? Jy sal mos kies om plekke te sien, en dinge te ervaar waaroor jy nog net gedroom het?!  Hoekom doen ons dit dan nie altyd in ons lewens nie? Geleenthede kom oor ons paaie, maar ons is te bang om dit aan te gryp. Mens is baie keer bang om onbekende paaie te bewandel, want "wat as dit nie die regte keuse is nie"? Wat sal die mense sê, is ook baie keer iets wat mens “worry”... Een iets wat ek vanoggend vir jou wil sê – iets wat my baie laat dink het die laaste tyd – is dat: “Dis JOU lewe... Hoe JY dit lewe, hang van jouself af...  ‘n Keuse is net die verkeerde keuse, as jy dit nie kan regmaak nie... En eendag as jy oud is, en op die stoep sit en terugdink oor jou lewe, moet jy nie spyt wees oor dit wat jy nie gedoen het nie... Ek het al ‘n storietjie gehoor van ‘n outjie wat in ‘n koringland vrygelaat is, en wat hy in die ry moes afstap, en die perfekte koringaar uitkies en afpluk. Die enigste “catch” is dat as hy verby ‘n ry stap, mag hy nie weer terugdraai nie... Ek dink mens sal baie tempted wees om elke keer wat jy by ‘n perfekte “koringaar” stop, te dink dat daar dalk “nog iets beters” sal wees as jy net aanhou. Dis dieselfde met geleenthede – mens dink baie keer dat daar “iets beters” wag, en dan laat gaan jy dit wat aan jou gegee is, verbygaan... Een van my gunsteling aanhalings is hierdie van Mark Twain, want hy slaan die spyker op die kop – mens is altyd meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie... Ek wil jou dus uitdaag – moenie heeltyd wag vir “iets beters” nie... Gryp aan wat jou kant toe kom, en maak die meeste van elke geleentheid... Uit die een geleentheid sal die volgende een voortvloei... Een geleentheid is gewoonlik die boublok vir die ander dinge wat moet volg... God sal ALTYD die grootste moontlike seën oor jou uitstort – vertrou Hom net daarvoor...

Partykeer gebeur daar dinge wat ons nie kan beheer nie - maar God gebruik dit om ons die mense te maak wat Hy ons bestem het om te wees... Hy bou ons karakter, en maak ons sterker mense - om Koninkrykskinders te vorm, en getuienisse te gee, ten einde Sy koninkryk te laat kom... Vir jou wat dalk vanoggend benoud voel oor keuses wat gemaak moet word, of dinge wat vandag oor jou pad gaan kom - waaroor jy geen beheer het nie - sit dit sommer nou al in God se hand... Moenie heel dag benoud of angstig wees nie, maar bid net wanneer jy so voel. God sal sorg - Hy is reeds in beheer, en Hy sal jou omvou met Sy liefde! Hy is ALTYD daar vir jou - selfs al voel dit nie vir jou so nie! Philippians 4:6-7: "Be anxious about nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; and the peace of God which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus..."

blessings!

anel**

 

No comments: