Friday 4 October 2013

gebedsversoeke

Hi julle!

So voor die naweek, het ek nog 2 gebedsversoeke wat ek ontvang het.  Wil vra dat julle saam met ons mede-vriende sal bid, en dat ons God sal vertrou vir 'n wonderwerk in al die genoemde situasies!

Mag julle 'n pragtige en baie geseende naweek he!

blessings :)

anel**


1.  Iemand wat vir my aangestuur het:

Ek is dringend op soek na ‘n huurhuis vir 7 persone (dit sluit vier klein kindertjies in!) wat teen die einde van die maand op die straat gaan wees. Hulle bly op die oomblik in ‘n klein tweeslaapkamer woonstel, maar moet die einde van die maand trek. Die man het ‘n jaar gelede ‘n baie ernstige ongeluk gehad en is ongeskik vir werk, hy kan nie sy een arm gebruik nie, probeer nou met los werkies ‘n inkomste kry. Die vrou bak vir ‘n ekstra inkomste. Hulle kan nie regtig meer as R4500 per maand bekostig nie. Hulle verkies om iets in die Kraaifontein area of naby te kan kry aangesien die kinders daar op skool is. Hulle het ook so pas hulle motor verloor. Bid asseblief dat die Here sal voorsien, hulle is wonderlike kinders van die Here. Hulle omstandighede plaas baie druk op die kinders, hulle is vier in een slaapkamer, die een slaap op die bank in die voorkamer.

2.  My oom - My oom is met 'n breingewas gediagnoseer.  Ons het darem bevestiging gekry dat dit nie kwaadaardig is nie...  Wil vra dat julle my oom en sy gesin, familie en vriende in julle gebede sal hou vir die behandelingstydperk, sowel as die moontlike operasie wat hy sal moet ondergaan.

3.  Iemand het ook die volgende aangestuur:  Ons begrawe vandag weer 'n jong meisie in ons dorp wat Saterdag oggend vroeg in motorongeluk oorlede is..Dis die 5de persoon in twee jaar wat ek goed ken wat sterf in ons klein dorpie.. Dis so vreeslik..!! Sy was maar 23.  Hou asseblief ook haar familie en vriende in jul gebede!

No comments: