Wednesday, 1 October 2014

gebedsversoeke...

Haloes julle!
 
Bid asb saam vir die onderstaande.
 
baie blessings vir julle!
 
Anelxx
 
Anoniem 1: Bid asseblief saam my vir 'n finansiele deurbraak in my lewe, asook vir die situasies omstandighede waarin ek is (gebroke verhouding, teleurstellings deur vriende en familie, agteraf pratery, ens). Dat die Here al hierdie omstandighede waardeer ek gaan wat my so seer maak sal verander en druk waarin ek tans is sal wegvat in die naam van jesus en 'n uitkoms vir my sal bring asseblief.
 
Anoniem 2: Bid asb. dat my Boyfriend ander werk sal kry. Sy baas het hulle nog nie betaal nie en hy bly belowe, maar niks gebeur nie. Werk is skaars so ek verstaan dat Selwyn nie net wil loop nie. Dit plaas baie druk op ons verhouding en op my finansieel, want ek moet vir hom ook help as hy nie het nie.

“Do one act of kindness each day of the year and change 365 lives…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Do one act of kindness each day of the year and change 365 lives…” ~ Unknown
 
Psalm 30:6-7 
 
“When I felt secure, I said, “I will never be shaken.” LORD, when you favored me, you made my royal mountain stand firm; but when you hid your face, I was dismayed…”
 
Psalm 31:3 
 
“Since you are my rock and my fortress, for the sake of your name lead and guide me…”
 
 
“Decide which way to go…  Forwards or backwards…  The decision is entirely yours…” ~ Laura Lyseight
 
“Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around…” ~ Leo Buscaglia
 
Ek is seker elkeen van julle, het al ‘n goeie vriend / vriendin gehad wat jy verloor het…  Of dit nou was deur ‘n simpel baklei, of miskien het die vriend / vriendin getrek en het julle kontak verloor, of miskien deur ‘n misverstand, of miskien moes jy iemand aan die dood afstaan…   Ek het al gevind dat hierdie aanhaling bitter waar is – “ware vriendskap is soos goeie gesondheid…  Mens besef eers die waarde daarvan wanneer jy dit verloor het!”
 
Vriende, is klein blessings, reg uit God se hand!!  Hulle is daar om die lewe ‘n beter plek te maak,  maar daar is ook vriende wat jou so seer kan maak, dat jy sukkel om weer te kan vertrou, en mense naby jou toe te laat…  Ek dink as ‘n boom kon voel – sou dit vrek seer moes wees elke keer wat ‘n tak afgesny word…  Maar as die boom nie gesnoei word nie, sal hy nie kan groei ten einde ‘n groter en sterker boom te word nie…  Met vriendskappe en ook verhoudings is dit dieselfde…  Mens moet partykeer deur moeilike tye gaan, ten einde ‘n dieper en meer betekenisvolle vriendskap of verhouding te hê!  Moenie kosbare vriende of selfs familie! verloor omdat jy te trots is nie...
 
En ons moet daagliks onthou – ons is maar net nietige, gewone, en sondige mense…  Ons GAAN foute maak – dit is ‘n GIVEN!  Moet net nie te trots wees om te erken wanneer jy daardie fout gemaak het nie…  Sê jammer!  MY ma hulle is al 32 jaar getroud…  En iets wat hulle my geleer het, is dat mens nooit ‘n dag kwaad moet gaan slaap nie…  Ons weet nie hoeveel tyd nog aan ons gespaar gaan wees vir hierdie wereld nie…  Ons weet ook nie wat die dag van môre inhou nie…  moet daarom nie ‘n geleentheid laat verbygaan om te sê dat jy jammer is nie…  of dat jy lief is vir iemand nie!!!  Die lewe is KORT!!!  Maak seker dat die mense in jou lewe weet wat hulle vir jou beteken – maak dit ‘n lewenswyse!!  Al verg dit dat jy jouself moet bloostel om moontlik seer te kry – ten minste sal jy kan sê jy het VOLUIT gelewe…  Dat jy gewaag het!!  God wil jou seen met AWESOME vriende en baie liefde in jou lewe!!  Kom voor God met verwagting – laat Hom toe om jou te seen!  Ek het een dag die storie gehoor – God seën ons volgens ons verwagting…  As jy vir Hom ‘n koffiebeker bring as verwagting – sal Hy dit vul…  Maar ook wanneer jy vir Hom die wye oseaan as jou verwagting bring – is daar GEEN einde aan die seën wat Hy vir jou kan hê nie!!
 
Mag God jou vandag – in jou verhoudings, vriendskappe, werk, skool en elke denkbare moontlike situasie, uit jou sokkies seën!  Jy is baie spesiaal!  Onthou dit!!!  God het jou liewer as wat jy ooit sal weet - al is dit dalk op die oomblik donker rondom jou, en al voel dit of God bietjie van jou vergeet het...  Hy het nie!!  Psalm 23:4:  "Though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me..."
 
blessings!
 
anel xx

Tuesday, 30 September 2014

“No act of kindness, no matter how small is ever wasted…” ~ Aesop

Haloes! J

“No act of kindness, no matter how small is ever wasted…” ~ Aesop

Joshua 10:25 

“Joshua said to them, “Do not be afraid; do not be discouraged. Be strong and courageous. This is what the LORD will do to all the enemies you are going to fight.”

Psalm 9:9 

“The LORD is a refuge for the oppressed, a stronghold in times of trouble…”

“Don’t mix bad words with your bad mood…  You will have many opportunities to change a mood, but you will never get the opportunity to replace the words you spoke…” ~ Unknown

“Service is the pathway to real significance…” ~ Rick Warren

Two Horses  ~  Author Unknown

“Just up the road from my home is a field, with two horses in it...  From a distance, each horse looks like any other horse. But if you stop your car, or are walking by, you will notice something quite amazing.... Looking into the eyes of one horse will disclose that he is blind.  His owner has chosen not to have him put down, but has made a good home for him.

What’s even more amazing, if you stand nearby and listen, you will hear the sound of a bell.  Looking around, you will see that it comes from the smaller horse in the field. Attached to the horse's halter is a small bell.  It lets the blind friend know where the other horse is, so he can follow.  As you stand and watch these two friends, you'll see that the horse with the bell is always checking on the blind horse, and that the blind horse will listen for the bell and then slowly walk to where the other horse is, trusting that he will not be led astray.

When the horse with the bell returns to the shelter of the barn each evening, it stops occasionally and looks back, Making sure that the blind friend isn't too far behind to hear the bell. Sometimes we are the blind horse being guided by the little ringing bell of those who God places in our lives. Other times we are the guide horse, helping others to find their way.... Good friends are like that... You may not always see them, but you know they are always there..  Please listen for my bell and I'll listen for yours, and remember.. Be kinder than necessary-  everyone you meet is fighting some kind of battle.  Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly.......  FOR WE WALK BY FAITH AND NOT BY SIGHT…” ~ Forward email

Hierdie storie het vir my 2 "lesse" of betekenisse in dit...  God plaas sekere mense, op sekere tye in jou lewe, om vir jou ondersteuning te bied, en om saam met jou te loop, na jou te luister en vir jou te bid, wanneer dinge moeilik gaan en jy nie lekker meer weet watter koers om in te slaan nie...  Maar MEER nog, ek glo dat God soos hierdie perd met die klokkie aan, DAAGLIKS vir ons die pad wys om te stap.  Met 'n wêreld wat so stukkend is, is ons almal maar party dae "blind" (soos die perd wat volg) en weet ons nie altyd hoe, wat en waar ons moet doen nie...  Waardeer die mense wat God oor jou pad stuur, maar meer nog, WEES ‘n blessing vir die mense oor wie se lewenspad God JOU stuur!  Jy kan ‘n verskil maak in iemand se lewe…  Be the change you want to see in this world…

Blessings!

anelxx

 

 

“Difficult roads, often lead to beautiful destinations…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Difficult roads, often lead to beautiful destinations…” ~ Unknown
 
Psalm 62:6
 
“Truly he is my rock and my salvation;  he is my fortress, I will never be shaken…”
 
Matthew 11:28-30
 
“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest. Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. For my yoke is easy and my burden is light.”
 
“Let’s pause a minute and enjoy the view”, the guide said as the hikers stopped for breath on a nature walk at the Grand Canyon.  Everyone gasped in awe at the splendor spread below...  The huff-puff of the steep mountain trail robbed the procession of a chance to see the cathedral like monuments...  time had carved along the way...  “Were those formations there when we passed?” one of the tourists teased.  The guide nodded seriously. ‘They were.  But in our struggle to reach the top we missed the view...  Guilty as charged.  Are we in such a rush to climb the ladder of success that we never look over our shoulders?  So we reach the top...  we bump our heads on the very ceiling of achievement?  How sad to realize one day that the rush to a destination robbed  us of the joy of travelling...”  ~ June Masters Bacher (The Quiet Heart)
 
Ek gesels nou die dag met iemand wat sê: ‘Die dae gaan so vinnig...  Voor jy jou kom kry, is dit weer Vrydag...’  Die beeld wat by my opkom as ek dink hoe gejaagd die lewe geraak het, is soos ‘n hamster in sy hamster wielietjie...  Jy moet aan die hardloop bly, om die wiel aan die draai te hou.  Ons weer, moet aan die hardloop bly om al die “balle wat ons juggle” bo te hou...  Sodra ons ophou hardloop, val dit grond toe, wat gewoonlik kan lei tot katastrofiese gevolge...  Ons skeep iets af – of dit nou ons werk, ons familie en geliefdes, of baie keer God is... 
 
BALANS...   Dis wat ons nodig het om ‘n lewe van invloed en ‘n lewe wat waarde kan toevoeg te lei...  En om balans te kry, kan ons nie heeltyd aan die hardloop bly nie...  JY is die argitek van jou eie lewe...  God het aan jou ‘n wil gegee, sodat jy besluite kan neem...  Om balans te kry moet ons begin deur vir God as ons middelpunt te vestig...  Dat Hy die begin is van ons dag, en dat ons ons dag saam met Hom afsluit...   Volgende moet die “boundaries” uitgestippel word...  Die balle wat jy in die lug probeer hou, is baie keer verantwoordelikhede of verpligtinge wat jy op jouself geneem het...  Ons moet leer om NEE te sê...  Die woordjie TE pas net by TEVREDE...  Alles wat TE veel tyd vat, is dit wat jou lewe uit balans uitgooi...  Maak seker dat die dinge wat jou lewe volmaak, dinge is wat waarde vir jou, en vir die mense rondom jou toevoeg...  As dit dinge is wat jou leegtap, sny dit af!  Die lewe is klaar hard en moeilik genoeg, vir jou om nog addisionele take, onnodige dinge of dinge wat jou ongelukkig maak, op te neem... 
 
Voor jy nou van die mail vergeet en weer aan die hardloop gaan op jou hamster wiel, maak seker dat jy iewers vandag ‘n tydjie maak, om na te dink oor hierdie dinge...  Is jy tans so moeg dat jy nie meer weet hoe om verder te gaan nie?  Is jy op van al die verpligtinge, en moeg om ‘n voltydse "juggler" te wees?  Praat met God, bid vir wysheid, en dat Hy aan jou die krag sal gee om die nodige veranderinge in jou lewe te maak...  Al is dit net om partykeer nee te sê – sodat jy jou lewe kan maak – een van balans, een waar jy die “scenery” kan geniet terwyl jy “op toer is”...  Dis jou LEWE wat jy NOU LEEF...  Die lewe is nie iets wat nog oppad is in die toekoms nie...  Ons moet NOU die meeste maak daarvan...  Nie te moeg wees, dat ons op al die goeie en die mooi dinge uitmis nie...  As God jou middelpunt is, kan die ander dinge nie anders as om in plek te val, sodat jou lewe, op die ou end balans kan kry nie...
 
Mag jy 'n pragtige dag he!  Mag God strome van seen oor jou uitstort!!
 
Blessings!
 
Anel xx

Sunday, 28 September 2014

“God has a plan and purpose for you; He will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Haloes! J

“God has a plan and purpose for you; He will not fail you!” ~ Pastor John Hagee

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him who have been called according to his purpose…”

Deuteronomy 7:9 

“Know therefore that the LORD your God is God; he is the faithful God, keeping his covenant of love to a thousand generations of those who love him and keep his commandments…”

“If you want to be happy, you have to be happy on purpose… If you wake up, you can’t just wait to see what kind of day you’ll have…  You have to decide what kind of day you’ll have…” ~ Joel Osteen

“The grass isn’t greener on the other side… It’s greener where you water it…” ~ Unknown

Dit kan nie net altyd goed gaan nie - want dan sal ons nie groei nie, en ons sal ook nie weet tot wat ons alles in staat is, deur Hom wat ons krag gee nie...  Elke ledemaat aan ons liggaam, dien 'n spesifieke doel, en gebruik ons om verskillende dagtake uit te voer...  As jy wil weet hoe kosbaar 'n ledemaat is, probeer 'n hele paar take doen, sonder om een daarvan te gebruik - bv probeer met een hand klere uitkies, aantrek, koffie maak, motor bestuur ens ens...  Ek dink dat die van julle wat al arms of bene gebreek het, presies weet waarvan ek praat op die oomblik!  Jy is heeltyd afhanklik van iemand om jou te help...

Slegte dinge gebeur met goeie mense - dis 'n feit soos 'n koei...  Maar dit veroorsaak weer dat ons na God toe draai om ons te ondersteun en te dra...  Ons spandeer gewoonlik meer tyd MET God wanneer dinge verkeerd loop of wanneer die lewe ons oorweldig...  God belowe om ons nooit te los nie...  Al was ons HOE onttrou, en al het ons van Hom vergeet, of Hom uit ons lewe geskuif...  Hy is ALTYD daar vir jou, solank jy terugkeer en jou sondes bely...  Hy sal DAAR waar jy "gebrek" ly in jou lewe - soos bv om 'n taak sonder 'n ledemaat te probeer doen - SAL Hy daardie ledemaat vir jou wees...  Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy ook in die wete rustig wees - dat God jou nie 'n OOMBLIK sal verlaat nie, en dat Hy die dinge op die ou end ten goede sal laat meewerk...  Daar is ALTYD 'n rede hoekom slegte dinge gebeur - al klink dit vir jou cliche, dis die waarheid...  Die slegte dinge is daar om jou te "equip" vir die groot dinge wat God in jou lewe, of DEUR jou lewe wil doen... 

Onthou - elke dag, is daar mense wat kyk na jou...  Mense kyk hoe jy situasies hanteer, en wanneer jy deur die moeilike tye druk, en steeds bly vashou aan God, is jy vir hulle 'n voorbeeld en 'n inspirasie...  So kan jy ook God se koninkryk versprei, deurdat jou LEWE 'n LEWENDE getuienis is...  Deurdat jy vir mense sal WYS, dat MOEILIKHEID jou NIE sal onderkry nie...  Maar dat dit jou net nader aan God sal bring...  God sal getrou wees, en jy sal beloon word vir jou "vasbyt" en geloof...  Hy het jou oneindig lief!!

blessings!

Anel xx